Monday, 24 August 2009

Lapbooking

Dis nou tyd om te gaan slaap. Ek geniet dit nog baie om te surf en te kyk wat daar op die internet is.

Lapbooks - is dit skootboeke? Ek het reeds daarvan gehoor. Ek hou van die idee en oorweeg dit sterk om dit met Koninkje te doen. Dalk een oor kleure met die reenboog ens. En een oor bome - die onderwerp waarmee ons besig is. Dalk eerder seisoene want dis waaroor dit gaan. Die oorgang van winter na lente en die tysverloop (my eintlike doel wat ek wil oordra).

So, nou gaan ek slaap, na ek 'n e-mail geskryf het. En dink oor die lapbook.

5 comments:

  1. Ek het ook van die lapbooks gehoor maar is ook nie seker wat dit is nie,ek kan gerus uitvind.Dit klink interessant.
    Hoe is die boeke wat jy gelees het? Ek het nog nie daardie twee gelees nie.Lees gerus Charlotte Mason se boeke as jy dit kan kry en ek het ook Monty Roberts se boeke gelees-dit gaan nie noodwendig oor homeschool nie maar n manier van dink en doen wat wonderlik is-hy werk met perde, en met kinders.

    ReplyDelete
  2. Sonja, ek het van lapbooking gelees op Footprint en ander websites. Gisteraand het ek weer op HomeschoolSA daarvan gelees. Dit was ek daarvan gesien het is maar eintlik net ’n skootboek wat ‘n kind maak oor ’n spesifieke onderwerk vir homself. Die boek kan dan ook vir ander gewys word – grootouers wat dalk wonder oor die hs van kleinkinders en selfs later as bewys van wat geleer is. Ek dink dit pas goed in by unschool. Mens kan net sterk die klem plaas daarop dat die kind dit vir homself doen.
    (Ek erwys maar na kinders as manlik omdat myne albei seuns is.)
    Op HomschoolSA is daar ’n link na ’n Amerikaanse website wat baie goed daaroor het. Shirley’s Preschool Activities het ook gratis aflaai skootboeke. By Footprints kan mens ook koop wat by hulle boeke pas. Ek wil graag die een koop van Vlieg Arend Vlieg Hoog. Ons het die boek en Simeon sal daarvan hou. Ek kan dan dieselfde toepas op ander boeke. Selfs bibboeke. Ek hoop dit help jou alles.

    ReplyDelete
  3. Dit is baie oulik.Dankie vir die inligting ek sal ook bietjie daar gaan loer.

    ReplyDelete
  4. Goeie more!
    Lapbooking is einde verlede jaar deur 'n vriendin aan my bekend gestel. Ek verkies informele skool en met 7 kinders (vier 6jr en onder) is eenheidstudies prakties uitvoerbaar. Lapbooking pas presies in by hierdie doelwit. 'n Lapbook is maar net die 'karton'-blaaie waarop alles wat ons leer van 'n tema, op 'n kreatiewe manier voorgestel word. Nogal baie soos scrapbooking. Ek hou daarvan om met die kleintjies verskillende mediums van leer te gebruik - verf, teken, inkleur, plak, klei (hier neem ek foto's) en dan word dit alles op die kartonblaaie geplak.
    Wanneer ek op 'n tema besluit 'google' ek die tama met lapbooking en preschool of elementary (vir my 9 -12 jariges) bv. "eagle lapbook preschool" en daar is so baie websites met uitstekende aktiwiteite, wat jou kan inspireer. Jy sal vinnig agterkom watter websites het die maklik uitvoerbare aktiwiteite. 'n Uitstekende website is: http://www.squidoo.com/lapbooking met die wat en hoe van lapbooking en 'n paar blogs met voorbeelde. Voorbeelde van lapbooks is die beste manier om te sien wat dit behels.
    Vir my is nog 'n positiewe punt van lapbooks dat dit jou net die papier, gom, inkleurpotlode en verf kos en niks meer.
    Vir my preschoolers kombineer ek klanke, die oefen van letters, syferbegrip, teenoorgesteldes en rymwoorde ook.
    Hoop jy geniet dit!
    liefdegroete

    ReplyDelete
  5. Dankie Linnie
    Ek het al iets geweet maar ekstra raad is so lekker om te kry. Ek het ook jou kinders se lapbooks gesien op CJ se website. Ek dink ons sal hierdie week probeer om een te maak oor die primere en sekondere kleure. Sal foto plaas as ons klaar is

    ReplyDelete