Tuesday, 25 August 2009

Vordering met bome en uile

Vandag het ons toe die bome geteken. En 'n natuurtafel gemaak. Buite in 'n oop kas want ons het nie 'n tafel binne die huis nie. Sal more probeer om 'n foto te neem. Koninkje het ook 'n video van Noddy gekyk - nogal 'n oue - en daarna mooi prente geteken van Noddy, sy huis, kar en toe sommer ook van 'n kasteel met grag uit Robin Hood. Ons het later weer die video gekyk, ek dink dis so 30 minute lank en het 7 stories. Altwee het ook buite gespeel in die sandput en geswaai.
Na Hufet gaan slaap het, het ek 'n boekie oor uile gelees maar Koninkje het nie belang gestel nie, maar ek het aangehou lees. En skielik besluit om die wit Arctic owl en 'n bruin uil op papier te teken. So kon hy sien die wit uit is wit in die sneeu en is dus moeilik sigbaar. Hy het ook begin uile teken. En het vannaand sommer sy pa ook daarvan vertel.
Hulle het vanmiddag Beautiful People gekyk. Ek kon nie die verteller van die DVD aan die gang kry maar die musiek en beelde het tog gehelp. Dan kyk hulle anders na die DVD.
Vandag voel ek ns het iets gedoen.
O ja, en ons het die dae van die week met gekleurde vorms op die muur vas gesit. Het dit al laasweek gemaak.

1 comment:

  1. Dit klink lekker bedrywig en vol opwinding. My spannetjie is nou baie besig met teken en drama tonele.

    ReplyDelete