Thursday, 10 September 2009

Die MOOISTE woorde

"Mam...ma"

Vandag het my hart sommer oorgeloop - teen my wange af. En Hufet het 'n GROOT drukkie gekry. Hy het eindelik mamma gesê en dit bedoel.

Ek was in die kombuis besig om die vloere te was. Hy was op sy geliefkoosde plek in die huis - die badkamer. En daar kom hy uitgekruip en sê / roep: "Mam...ma". Ai, my hart het stil gestaan, geswel, uit my bors geklop. Sommer 'n groot mylpaal vir my pragtige seuntjie wat soos sy boetie bietjie sukkel met swak spiertonus.

Hier is Hufet 36 uur na geboorte - of altans soos ek hom die eerste keer 36 uur na geboorte gesien het.

My hart het gebreek. Psalm 23 "Al gaan ek ook deur 'n dal van doodskaduwee" het nou ander betekenis en laat my meeste kere huil.

Hy's gebore op so 34 - 35 weke (afhangende of jy my of die dokter wil glo - ek sê 34 weke).

Vandag is hy 'n woelige 14 maande oue kruipertjie wat sommer in sy ma se hart ook rond kruip.

2 comments:

  1. Ag,dis dierbaar!! En mag daar nog baie baie woordjies vinnig kom!

    ReplyDelete
  2. Sonja, hy sê darem pappa ook en het nou die dag appou (appel) gesê toe ek vir hom een gee. Maar dis mamma wat die mooiste is.

    ReplyDelete