Sunday, 06 September 2009

Ou week / nuwe week

Sondag: Ek is baie bly dis 'n nuwe week wat begin. Dis elke keer 'n nuwe begin. En ons kan weer probeer met die homeschooling.

Die ou week:
Wat baie frustrerend is, is al die negatiewe insette wat ek die week gekry het oor hs. Dit maak dit soms so moeilik om by mens se besluit te bly. Al weet ek dis die pad waarop God my lei, is dit nie altyd maklik om dit vir ander mense te verduidelik nie. Veral as hulle nie verstaan hoe God met mens praat nie.
Met vrae soos: Sal jy dit kan doen? Jy? En: Sal jy dit kan volhou? Weet jy wat jy aanpak? Watter kurrikulum gaan jy volg? Unschool - dis mos malligheid, jy doen dan niks?
Of van een persoon: ons is nie opgelei nie. Jy moet 'n pakket koop en dit volg. Jou kind gaan agter wees.

En ek het maar net gedink: ek het niks vir jou gesê oor wat ek gaan doen nie, net genoem dat speel baie belangrik is op my kinders se ouderdom. Ek gaan nie niks doen nie. Ek het 'n plan alhoewel dit nog soms ongevorm is, en "in the making" sal ons dinge doen.

Dan is ek so bly ek het niks genoem oor "Better late than early". Ek druk nie om te lees nie en Koninkje vra nie. Hy wil skryf maar sy hand is nog so onvas en hy trek die letter oor en oor tot dit 6 dubbel lyk.

Ook oor die ou week is dat ons nie by my idee vir die week uit gekom het nie, en dis 'n lapbook oor kleur. Koninkje ken sy kleure maar ek wil graag primêre, sekondêre en tersiêre kleure vaslê.

Nuwe week:
Ons kan kyk na die lapbook en ek sal nog 'n paar idees kry. Ek wil ook meer dink aan Bybelstories en www.LapbookLessons.com het 'n paar oulike idees. Hulle maak 'n alfabet met Bybelwoorde en dan word elke woord 'n hele storie. Ek sal dit net by die Afrikaans moet aanpas.

'n nuwe week dus, en 'n nuwe begin!

8 comments:

  1. Liewe Mede-tuisskool Mamma
    Vasbyt, ek onthou al die vrae en onsekerheid (net om jou moed te gee - vandat mense sien hoe gebalanseerd en bevoegd my kinders is, nie deur my bevoegdheid maar omdat die Here hul leer, word ek nooit meer een van hierdie vrae gevra nie - nie eers deur vreemdelinge nie).
    Onthou ons veg teen die bose geeste in die lug. Nerens is 'n neutrale gebied nie, ons is of besig om veld te wen of veld te verloor. Dit wat jy nou doen, die self verantwoordelikheid neem vir jou kinders se opvoeding, is om 'n reuse gebied, waar die vyand met gemak kinders se brein mislei, terug te eien vir die Koning van die Heelal. Satan hou nie van wat jy doen nie en die maklikste is om jou deur vriende, vreemdelinge, selfs familie, wat onkundig is, aan te val. Gaan net elke keer terug na die Here, Hy is jou Leidsman, die Een wat jou die opdrag gegee het. Jy doen wat Hy beplan vir jou kinders, om hul gereed te maak om Sy roeping op hul lewe te vervul, vir Sy Glorie. Hy sal jou NIE in die steek laat nie!
    Moenie so hart wees op jouself nie. "Better late than early" is die regte aanslag. Beide my oudste seuns het eers op 8jr begin belangstel in lees en skryf en nou op 15jr het CJ sy eie webtuiste - geen agterstand daar. Wees rustig, komende van 'n ma wat al 10jaar die pad van tuisskool stap.
    Baie geluk met jou verjaardag Saterdag. Mag jy die allesoorheersende vrede, oorvloedige seën en leiding van die Here in hierdie jaar tasbaar ervaar.
    Baie sterkte met jou nuwe week.
    Liefdegroete, Linnie

    ReplyDelete
  2. dankie Linnie, jy bemoediging help my.

    ReplyDelete
  3. Linnie, gou my kleinman in die bed gesit. So nou kan ek verder skryf. Ek dink met die unschool is ek maar meer onseker aangesien daar nie 'n program is om te volg nie. Maar gelukkig het ek nou al ondersteuning en dit help. En gelukkig is Koninkje nou 5 jaar en het ons nog tyd om alles te ontwikkel en te groei daarin.

    ReplyDelete
  4. Ja, jy het meer as genoeg tyd om nog presies uit te vind wat en waar. Leer speel-speel met jou temas en lapbooking - dit maak Koninkje se 'skool' lekker! Op 5jaar is dit meer as genoeg en wanneer jy gevra word wat van gr.3 wat 3jaar verder lê, dan weet jy God sal voorsien.

    ReplyDelete
  5. Nou gaan ek ook sommer vir Linnie op jou blog dankie sê! Want dikwels is die aanslag vinnig en hard - wanneer jy op jou swakste is.

    ReplyDelete
  6. Stem saam met Linnie, God sal voorsien. Onthou jy stap die smal pad, dis nie noodwendig makliker nie, maar die vrugte wat jy gaan pluk soveel beter en die erkenning aan die einde is paaie van goud. Doen net alles tot Sy eer en jou ore sal eendag hoor "well done, good and faithful servant"!

    ReplyDelete
  7. Dankie Petra, dis die vrugte waarna ek werk, wat net baie ver weg is, maar dan moet ek Hebr 12 onthou van die manne en vroue wat geglo en gehoop het. ssjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjjmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmm (Koninkje wou ook skryf)

    ReplyDelete
  8. Ai, ons is nou by die laaste 3 jaar van tuisskool.Vir 2oo9 kies ek toe 'n "Christelike" bekende program Wat 'n ramp!Dis die staatskool woord vir woord.Na 10 jaar besef ek net weer ons moet wakker bly en bid, bid, bid vir regte leiding. 2010 gaan ons nou graad 10 deur 'n werlkike Christelike program aanpak. Ek het net weer besef na 10 jaar se tuisskool kan mens jou nog misgis en ons het Vader elke dag in al jou besluite nodig.Vir die nuwe mammas, byt vas dis 'n ongelooflike pad om met jou kinders te stap en verruil die 10 jaar vir niks!

    ReplyDelete