Wednesday, 25 November 2009

Teken, teken, teken

Die laaste 2 weke wil Koninkje net teken. Bladsye en bladsye vol. Ons het nou al seker meer as 'n riem papier opgebruik (gelukkig is dit alles gebruikte papiere). Ek het gesien dit help ook baie om saam met hom te teken en hom dan te inspireer om ook sekere dinge te teken.
Koninkje wil ook baie graag leer skryf, maar glad nie lees nie. Hy skry
f 'smjj' en dink dat hy ons almal se name skryf - of soms dink hy dis sy eie naam. Hy het eers mooi die drie medeklinkers van sy naam reg gehad en dan een van die klinkers voor en een aan die einde geskryf. Maar na boetie se geboorte wou hy die ander name ook weet. Hy neem dus die eerste letter van elkeen van se naam om sy eie naam nou te skryf.

Die m staan vir mamma en nie my naam nie. Hier langsaan is 'n foto van ons oefeninge om die m te bemeester. 'n Speletjie van padda spronge en 'n springkaan. Links my twee sketse en regs syne.
Daarna het hy self die padda by 'n dammetjie en 'n boom met vrugte aan geteken.






En 'n bobbejaan met 'n piesang. Die bobbejaan hou 'n bord op sy skoot en 'n mes en vurk is regop. Ek hoop net nie die piesang vind die hele etery te onaangenaam nie. Miskien glimlag hy want hy weet net nog nie....






Ek vind dit ook 'n goeie medium om sy aandag af te trek. Sodra hy iets wil doen wat ek nie graag wil hê nie, haal ek die papier en kryte uit en teken iets. Hy val byna altyd dadelik in om ook te teken.

Of as emosies hom wil oorweldig dan vra ek dat hy dit teken. Dit werk ook baie goed, veral as hy vir my kwaad is. Soos hy sê: Ek hou nie nou baie van jou nie. Dan sê ek maar "dis ok, maar ek is steeds lief vir jou."

Dit het baie vir ons gehelp toe ek vir hom begin sê dat ek altyd lief is vir hom, maar ek hou dalk net nie altyd van wat hy doen nie. Of of 'n gegewe moment hou ek nie baie van hom nie. Dit is nou as hy baie ongehoorsaam was of laatmiddag wanner hy klierig / sagerynig (nederlands vir moeilik) word.

Ek wil graag hê hy moet eendag verstaan dat ons altyd vir die wat naby ons is lief het, maar dat daar soms tye is wat ons voel ons hou nie van hulle nie. So skei ek twee emosies / gevoelens.

Hier het hy vir my geteken hoe ongelukkig ek hom gemaak het omdat hy nie iets mag gedoen het nie. "Jy maak my nou baie ongelukkig"





Ek het een keer begin om landerye met groente en vrugte op te teken. En 'n mooi voëlverskrikker. Hy het dadelik saam begin teken en sommer leiding oor geneem.
Sy voëlverskrikker was net baie lelik na aanleiding van 'n storie wat ons regtig baie lank gelede gelees het. Hy moes iets onthou het daarvan, en dat die ding lelik moet wees, anders skrik die voëls nie daarvoor nie. Na die tyd het ek altwee op gehang, maar gou agter gekom dat hy na myne verwys as die mooie en syne die lelike. Dus het myne maar stilletjies verdwyn.

Die boer het tamaties, aarbeie, kool, boontjies en nog meer. En die m'e bo is voëls wat verby vlieg. Daar is selfs besproeiing.







Laasweek Sondagoggend het sleg begin met heelwat emosies - weet nie waarvandaan dit kom nie. Maar so 'n klein lyfie kan darem baie opbou. Ek het tyd aan ander dinge bestee, maar niks wou reg kom nie. Gemoedere het hoog geloop. Ek het die potlode gegryp en 'n groot hart geteken soos 'n vulkaan wat baie liefde soos lawa uit spoeg. So in sy belangstellingslyn. Gou-gou was alles vergete en die getekende papiere het weer meer geword.

Hierdie week gaan ons 'n tydperk van verf in. Maar nou eers nog tekeninge:

Die storie van Spongebob Square pants op tv by ons "vakansie hou plek" het baie tekeninge en gesprekke tot gevolg gehad.
Soos wat van as ons onder die see sou leef. My antwoord, dan het ons kiewe in ons wange gehad. Ek verduidelik dan van hoe visse asem haal en hoe ons, walvisse en dolfyne asem haal. Iewers sal dit alles inslag vind.
Dis 'n kar op 'n ronde boogbrug (ook 'n huisie se dak). Alles onder die see. Links van die huis is 'n seester.








Een van Koninkje se verhaaltekeninge. Dit het die Opvoedkundige Sielkundige baie bekommerd gehad. Die feit dat Koninkje so vreeslik 'krabbel' en niks duidelik teken nie. Ek het daaroor gewonder totdat ek later eendag op die mat langs hom gelê het. Hy sal iets moois begin teken. Dan sal ek dink hy is klaar, maar nee, nou kan hy begin storie vertel. En aan die eindelyk die tekening baie erger as die een hier.
Soms red ek maar 'n tekening. Hierdie een is 'n trekker.
En vir die wat gewonder het oor die lang stilte:
Ons was met vakansie.
My lugtyd was klaar.
Die gremlins het twee oulike blogs op geslobber.
Die muse het ontbreek.
Te veel stories in my kop en nie op rekenaar.
En ons het geteken.

2 comments:

  1. Heerlik om weer hier by jou te lees!!
    Hoop jul het lekker vakansie gehou.
    Danika (6jr) kom loer hier by my op die rekenaar, sien die tekeninge en vra: 'Wie teken so mooi?'
    Dit is te wonderlik dat Koninkje so teken en teken.
    Gesels met ons, is lekker om te deel in ander tuisskool mamma's se lewe.

    ReplyDelete
  2. Dit is wonderlik dat hy so lief is vir teken! Ek raak sommer opgewonde oor enige passie wat my kinders ontwikkel, dit het altyd groot moontlikhede in my oe!

    ReplyDelete