Sunday, 31 January 2010

Rigting vir ons homeschooling

Ek het my voorgeneem om myself 6 maande tyd te gee om rigting te soek vir die homeschooling. Dis nou nadat ek opgehou werk het en ons na Gauteng getrek het. Ons het intussen onder andere gelees, gespeel, tv programme (deur my gekies) en dvd's gekyk, en spraakterapie begin vir albei seuns.

Die inligtingsdag van Pestalozzi Trust het my baie antwoorde gegee maar ook nog meer vrae
En die beste van alles die boek uit hul biblioteek "The Charlotte Mason Companion" van Karen Andreola.

Die boek het die meeste van my vrae beantwoord. Ek het die boek baie geniet, dit twee keer deur gelees en baie aantekeninge gemaak. Wat vir my interessant is, is dat die boek vir my die antwoorde gegee het van wat ek wil doen en hoe om dit te doen, die aha oomblik vir homeschooling vir my. Vir nou. Maar op iemand anders se blog het ek gelees dat selfs nadat hulle baie boeke gelees het en onder andere die bogenoemde boek, sy steeds soek na die hoe? vir hulle homeschooling. 'n Goeie bewys dat ons almal verskillend is en dit verskillend wil doen, en dat elkeen vir hul eie huis en kinders die regte ding wil en kan doen.

Charlotte Mason se metode soos deur Karen Andreola beskryf, kan soos volg opgesom word:
Lees baie 'Living, Whole' boeke
Laat die kinders dit weergee in sy eie woorde - dws 'narrate'
Skryf werk - iets wat ons bietjie sal los vir eers aangesien ek glo in 'Better Late than Early' met my seuns
Skildery bestudering -'Picture Study' - kyk na skildery en vertel in eie woorde wat hy sien
Musiekwaardering
Griekse Mitologie - ek sal nog oor hierdie een besluit
Feëverhale - ek sal dit maar baie sif
Poësie/Gedigte/Digkuns
Shakespeare
Geskiedenis deur veral biografieë en fiksie
Natuurstudie

Ek hoop ek het alles hier reg.

Ons gaan nou hierdie metode aanpas en gebruik in 'n tipe unschool in ons huis. Unschool op 'n Charlotte Mason manier. Nie so gestruktureerd soos haar metodes destyds was nie, maar ook nie so ongestruktureerd soos unschool nie. Ek voel op die manier tuis.

Ek het ook die boek 'School can Wait' uitgeneem maar ek kon dit net nie gelees kry nie. Dit wou nie vloei nie. Dalk omdat die CM boek meer antwoorde gegee het oor 'hoe?'. Ek weet nie.

Nou lees ek 'Karen Andreola's Pocketful of Pinecones - Nature Study with the Gentle Art of Learning'. En 'For the Children's sake' van Susan Schaeffer Macaulay.

Volgende keer skryf ek oor hoe ons dit begin toepas het en wat sover 'n sukses is.

6 comments:

  1. Die CM metode is wonderlik! Ek het baie van haar geleer wat n mens kan toepas al is jy so unschool as kan kom.Die groot ding is om niks af te dwing nie,want dan verdwyn die passie vir leer wat n mens nie wil he moet gebeur nie. Glo my,jy gaan op hierdie vreemde pad wat ons is,altyd vir jouself bly vra of dit wat jy doen goed genoeg is,of dit reg is en en en! Selfs diegene wat skool by die huis wonder voortdurend al erken hulle dit nie. Ek het my rus gevind in die Here, wat my verseker het dat HY die enigste een is wat vir ons kinders n toekoms kan gee. Want selfs geleerde mense sukkel vandag om werk te kry! Ek konsentreer om Bybelse waardes aan my kinders oor te dra,algemene kennis en ons ontwikkel hulle passies en talente, dit hou ons al heeldag besig!Ek sal met tye doelbewus ophou lees hoe doen ander dit,omdat dit my soms net te veel gee om aan te kou en dan laat ek myself toe om tot verhaal te kom en my eie pad te vind. Dit is goed om te lees,maar volg ook jou eie instink,hierdie pad is eintlik so doodnatuurlik en maklik dat dit voel of dit nie kan wees nie!Skool is onnatuurlik! Homeschooling is natuurlik en hoe dit van die begin af moes gewees het,en dit hoef nie heeldag vir ons n raaisel te wees nie,laat die kinders jou ook lei,se ek!

    ReplyDelete
  2. So waar!!
    So vind elkeen van ons sy voete in sy eie omgewing. Self moet ek kort-kort weer leer om te ontspan. Dinge rustiger te vat.

    Maar ek wou eintlik net vertel van die boekie wat ons nou vanoggend begin lees het - kyk of jy jou hand daarop kan lê, my jongstes (7 en 5) geniet dit geweldig: Appie en Oppie deur PJ Edwards (uitgegee 1976 deur Perskor). Ek dink as ons dit klaar het, gaan ons 'n lapbook maak oor apies!!!
    Groetnis

    ReplyDelete
  3. Dankie Sonja vir die aanmoediging. Ek is nou op die hs stadium van "hoe". En dit het ek by CM gekry. Nou is ons besig met die praktiese daarvan. Ek het besef ek het 'n toleransie van hoeveel ek kan lees voor ek "vol" raak. Dan moet ek eers dit verwerk. Vir nou gaan ons eers toepas voor ek weer sal lees.

    ReplyDelete
  4. Huisvrou, ek sal kyk of ek dit vind. Ons bib het gelukkig baie ou boeke wat ek wil lees. Nou lees ons "Die wind in die wilgers". Jy gee my 'n idee vir 'n lapbook. Het nog nie een gemaak nie, maar ons kan dalk oor diere, riviere en vriende...of so iets.

    ReplyDelete
  5. Ek het ook al Pocketfull of Pinecones gelees - 'n lekker inspirasie boek! En dis waar, elke huis is uniek en so ook elke kind in daai huis; dit maak tuisonderrig uitdagend maar ook lekker. Sterkte met voete vind, hulle skuif ook maar weer in die jare soos die ouderdomme verander en jy slimmer raak!

    ReplyDelete
  6. Dankie Petra, dis maar waarop ek staatmaak. Dat niks dieselfde bly nie. Ek het mos gelees dat die wat ongestruktureerd begin later meer gestruktureerd raak en die wat baie gestruktureerd is later losser word.
    Ons sal sien waarheen dit alles gaan aangesien ek op ander blogs baie idees kry vir later jare.

    ReplyDelete