Saturday, 10 July 2010

Oranje Boven!!

Dis hier waar my sentimente is. En ons hoop van die beste vir more aand.
"Oranje Boven"
"Hup Holland"
Maar nie die bekende hollandse "ole, ole, ole, ole...." sal mos nie werk teen die einste Spanjaarde nie.

Ek kyk nou maar na die wedstryd tussen Uruguay en Duitsland. Ek het nie gedink ek sal die Wêreldbeker Sokker so geniet nie. Het nie eens die openingswedstryd gesien nie. 'n Kuier saam met 'n vriendin en gesin na een jaar se weg-wees was baie belangriker.
En toe kyk ek na 'n Holland vs ?? kan nie onthou nie. En ek begin sien waaroor sokker gaan. Dis 'n baie taktiese spel en dit help om 'n goeie span te hê om te ondersteun. Die lae tellings verstaan ek, die tekens van die skeidsregter ook al amper, maar ek verstaan nog nie mooi die "corners" nie. Maar dit sal kom.
Miskien kies ek nog 'n plaaslike span om voor te skreeu...dalk.
En ek sien ook waarom die mense kla oor die vuvuzelas. Kyk bietjie vorige wêreldbeker wedstryde en HOOR die ondersteuning van die toeskouers.
Simeon kla oor die sokker. Sê hy hou nie daarvan nie en hy kyk eerder die rugby. Hy weet natuurlik nie eintlik waarvan hy praat nie aangesien ons nou nie uitstaan as 'n sport gesin nie. Maar die sokker maak inbreuk op die paar tv programme wat hy wel mag kyk, soms. Thabang Thabong, en die een program wat daarop volg (as ek dit goedkeur) en Handy Manny.

So weereens - Oranje Boven en mag dit hierdie keer julle beurt wees!

1 comment:

  1. Ek het sowaar nie een wedstryd gekyk nie (ons TV is nie gekoppel aan 'n antenna nie), maar het ook so 'n stille hoop dat die Hollanders hul beurt kry! Seker maar iets van lojaliteit aan my stamvaders (ek is 'n nooi Van Heerden)!
    Heerlike geseende week vir julle!
    Liefdegroete
    Linnie

    ReplyDelete