Sunday, 12 December 2010

Vakansie by Sondela

Ons het 'n heerlike wegbreek gehad by Sondela. Dit is naby Warmbad. Alhoewel dit bewolk was en soms gereen het het ons dit baie geniet.Die ingang
Ons het in die tentkamp bespreek, maar 'n heerlike verrassing het op ons gewag. Ons is bederf deur Vader God. Ons verblyf is opgegradeer na 'n pragtige chalet, Maroela nr 1 met hierdie bome voor die stoep. Die bome het 'n pagtige prentjie uitgemaak wat inmekaar gepas het. Ons was sommer naby die swembaddens maar ook privaat.


Die njalas het elke dag kom kos vra en Joshua was sommer gou by om hulle kos te gee. Hierdie ooi en haar lam het gesmul aan die ertjies. Ons het baie van ons groente so af gestaan, maar die ervaring vir die kinders was belangriker.


Die koue swembad was BAIE koud en die kinders het eerder in die die jaccuzi geswem. Joshua het geen vrees vir die water nie en ons moet hom maar baie dop hou.

"die dans van die putt-putt baan"
Enige idee van reels by die putt-putt baan moes maar laat vaar word. Ons het hulle maar laat begaan en baie gelag. Eendag sal ons wel weer probeer reels verduidelik.


Uitgevang!!! Die bal word sommer in die gaatjie gegooi.


'n Goeie ervaring vir die stadsjapies was die koeie melk. Simeon wou eers glad nie, maar nadat Joshua probeer het, het hy dit reg gekry.
Simeon wil graag 'n boer word, maar erdwurms staan hom nie aan nie - geen plantery dus nie. Na die koeimelk wou hy ook nie meer koeie he nie. Ons is terug by dit waarvan hy die eerste begin praat het - wildsboer - maar 'n latere blog daaroor.

Die ou trekkers het vir baie pret gesorg. Dis twee regte seuns die.

Pa en seun in 'n lawwe bui.

Mamma en seuns


Selfs by 'n braai is daar geleentheid vir teken.

Simeon het hom verkyk aan die warmbronne by Warmbad. Ons moes telkens terug gaan dat hy nog kon kyk. En hy het aanhou vrae vra.
So ek het maar fotos geneem sodat ons later weer daaroor kan praat.

My grootste teleurstelling was dat Papatso nou heeltemaal afgebreek is. Papatso was 'n curios winkel van my kinderdae. Ons het in my laerskool dae elke wintervakansie een dag vanaf Pretoria na Warmbad toe gegaan om daar te swem. En dan gestop by Papatso, sommer maar net. Seker maar om die lang pad korter te laat voel. Nou is dit heeltemaal weg.
Ek het besluit dat dit soms beter is om nie die ou herinneringe weer op te haal deur 'n besoek nie, maar om dit in die verlede te laat. So behou mens 'n mooi heel beeld van die verlede - 'n tikkie misterie.

2 comments:

  1. Dit lyk na n heerlike vakansie! Dit doen altyd die kinders so goed.

    ReplyDelete
  2. Ja, dankie Sonja, en hulle het dit so geniet ons oorweeg dit om weer te gaan hierdie jaar.
    Esther

    ReplyDelete