Thursday, 27 January 2011

Tuisonderrig vir Joshua

Joshua in die Pretoria Dieretuin.

Joshua is nou net oor 2½ jaar oud. Hy geniet die lewe voluit en ondersoek ALLES. Hy is ook meer avontuurlustig en dapperder as Simeon. Niks is meer veilig nie en niks is "heilig" nie. Hy het gistermiddag my tafel verwoes terwyl ek met my suster gepraat het. En vandag die suikerpot met 'n hele bottel baba olie opgevul!!
Hy's gelukkig ook baie liefdevol en sal graag by my kom sit wanneer ek stories lees, vir 'n baie kort rukkie.

Joshua was so geïntreseerd in die sirkus, en het natuurlik die narre baie geniet.

Vir my is dit nie so belangrik om Joshua nou formeel te leer of 'n program te volg nie. Alles wat hy doen en alles waarin hy belangstel is leergeleenthede. Ek praat baie met hom oor wat hy doen, wat dit is, wat ons daarmee doen. En buitendien kry mens nie baie samewerking as jy iets met hom wil doen nie, die luistervaardighede moet nog baie ontwikkel.

Met die stokkies en balletjies stel.

Wanneer hy met iets speel sal ek probeer om soms saam te speel. Alleenspel is baie belangrik, hulle leer so hulle self besig hou. En om self te probeer, self te skep. Met hierdie speelgoed (in die foto hierbo) speel ek wel saam aangesien die balletjies klein is en tog so maklik in die mond gesit word.

Die wat weet sê mos dat alles wat deur 'n toiletrolletjie kan gaan kan in 'n keelgat ook af.

Dit gesê, het ek wel die Before Five in a row boek. Ek het al twee boeke in Afrikaans opgespoor in die Waverley Biblioteek. Joshua luister egter nog nie na stories nie. Ek sien wel dat gereedheid besig is om te ontwikkel. (As iemand egter die hele lys van Afrikaanse boeke het sal ek dit waardeer as julle dit kan e-mail.)

Joshua, dis alles geel.

Een ding waarop ek wel baie konsentreer is kleure. Ek het nooit met Simeon agter gekom dat ek hom kleure en vorms leer nie. Ons het dit so in die speel gedoen en hy het dit baie gou geleer.
Met Joshua het ek net meer opgelet, soos dat ek nou voel hy is gereed daarvoor, en dat ek dit wel doen. Net soos met Simeon, maar ek's meer bewus daarvan.
Alle kleure is nou nog groen (toen). So, as ons sukkel met ander wys ek sommer 'n paar groenes sodat hy "reg" kan wees.

Estienne, Joshua en Jolinda

Baie tyd word spandeer aan spraakterapie. Joshua het baie van sy terapeute gehou, maar omdat hulle 4de jaar was, moet hy hierdie jaar nuwe terapeute kry. Beide het goed geslaag, Estienne het haar Graad gecum.

Net nadat die spraakterapie laasjaar opgehou het, het Joshua weggetrek en begin praat. Hy het in 'n baie klein tydjie 'n baie groot woordeskat opgebou en sê alles agter ons aan.

Joshua is baie nuuskierig, hier ondersoek hy die reenwater dreinpyp op die stoep van die vakansie huis. En groot was sy verbasing toe ek van anderkant die stoepmuurtjie deur die pyp met hom praat. Dit was die hele week een van gunsteling aktiwititeite.

Joshua voer die bokkies
Nadat Joshua gesien het hoe ek die bokkies voer het hy dit met volle oorgawe gedoen. Hy't selfs sy hand in hulle bekke gesteek en was glad nie bang nie.

Simeon laat Joshua (en hond) hurte-hurte perdjies speel.

Een van die baie belangrike dinge in die kinders se lewens is dat ek graag wil hê hulle moet maats wees en vriende bly. Dis een van die voordele van tuisonderrig wat my baie aantrek. Met die vier jaar ouderdomsverskil is dit vir my 'n prioritiet.

Met Joshua se geboorte was hy blou en het hy ook opgehou asemhaal. Hy was 'n week in ICU waar hy geleer moes word om self asem te haal. Ek is baie bly dat hy geen breinskade opgedoen het nie en weet ons is ook baie bevoorreg.

EK hoop op baie jare se heerlike informele en "meer formele" leergeleenthede en tuisonderrig.

No comments:

Post a Comment