Friday, 07 January 2011

Uitstappie: Pretoria Dieretuin.

In die vakansie het ons Simeon en Joshua na die dieretuin geneem.

Dit was die eerste keer, maar die kinders was al by verskeie diereplase en ook in die Kruger Wildtuin. Dit was 'n warm dag en ons het dit rustig gevat. Die ruskansies het Simeon tyd gegee om dit wat hy gesien het te verwerk en vrae uit te dink. Ons het komplimentere kaartjies gehad (nog van die sokker) en kon so minder as die helfte van die toegangsgelde betaal, 'n groot bonus vir die somervakansie!!

Rooi-riviervarke van Wes en Sentraal Afrika.

Die glimlaggie sĂȘ alles. Getroue hond, Bernard, moes ook alles mee maak.

Ons kon daarom met die kabelkarretjie ry en dit was lekker om die kinders se gesigte dop te hou. Simeon, die versigtige, het darem ontdooi en ook bietjie na onder gekyk.

Ons het die voertye gemis, maar Simeon het sommer self die diere kos gegee. Ek wend net die kinders wil mens soms die kans gee oms die kamera gereed te kry voor hulle al die oulike goed doen. Al die staaldiere is kos gegee, maar hier kon ek ten minste 'n foto neem.

Baie dinge het verander in die jare vandat ek as kind na die dieretuin gekom het, maar die een ding wat dieselfde bly is die flaminke by die ingang. Dit voel of daar niks verander het nie, hulle staan steeds daar, soek kos en bou neste.
Ek weet hierdie is indringer plante, onkruid, "gemors", maar die blommetjies bly maar mooi. En die foto het mooi uitgekom...

Die bere wat Joshua die meeste geniet het. Wel Simeon ook, want hy "ken" al meer van hulle deru stories.

Die kinders het hulle vergaap aan die snaakse dier - nie 'n bok of 'n sebra nie. Dis 'n Okapi uit die woude van sentraal Afrika.

Daar is baie inligtingsborde, wat die besoek 'n plesier gemaak het. Ek het baie fotos daarvan geneem sodat ons dit later kan gebruik.

En my gunsteling dier - die luiperd.


Ons sal weer later hierdie jaar die dieretuin besoek en dan meer spesifiek na sekere diere gaan kyk. Ook sal ek eers Simeon daarop voorberei en inligting nalees om dit groter leerervaring te maak.

3 comments:

  1. Hi there!

    Wow, the Pretoria Zoo certainly looks better than the Tygerberg Zoo here in the Cape. I think I visited it as a child...unless there is another Zoo in the Gauteng area?

    Regards,
    Georgia

    ReplyDelete
  2. Actually, lots of areas are very unkept and there are a lot of problem plants. But I think as a child you don't notice. We just couldn't find the monkeys and baboons.
    There is a Johannesburg Zoo also.

    ReplyDelete
  3. My teleurstelling in die dieretuin was groot.

    Ek dink as kind het alles groter, meer, wyer gelyk. As grootmens sien jy mos maar dinge uit 'n ander hoek.

    En dan, die feit dat mens in die Wildtuin vakansie hou. Dit maak my hartseer om die diere in hokke te moet sien.

    Maar dit bly 'n ervaring duisend.

    ReplyDelete