Monday, 18 July 2011

Ons 67 minute vir Mandela dag

Eers het ek nie regtig geweet wat ons as TO gesin met klein kindertjies kan doen nie.  Gister het ons saam met my ma langs die natuurreservaat oorkant haar huis gaan stap.  Daar het papiere, bier en koeldrankbottels, plastieksakke, glas, en nog meer langs die straat gelê en dit het sleg gelyk.   My ma het opgemerk dat as al die inwoners net die straatgedeelte reg voor hulle huise sou skoon hou, dit soveel beter sou lyk.  Ek weet sy doen dit gereeld voor hulle kompleks.


(die berg natuurreservaat - nou omhein)


Ons het begin om van die vullis net op hopies te gooi en later in 'n plastieksak, wat daar gelê het, te gooi om.  Dit was nie baie moeite nie en die kinders het gedink dis nogal pret.


Net daar het ek gedink dis 'n goeie projekkie vir die kinders om mee te begin.  Ons doen iets vir die gemeenskap, dis min, maar die kinders kan daaruit leer.


So, gister het vir 30 minute getel. ;-)  



Vanoggend het ons toe die ander 37 minute (plus) gespandeer om van die vuilgoed langs "ons" straat op te tel.  Simeon het nie meer gedink dis pret nie, maar ek het tog 'n verandering opgemerk toe ons oor besoedeling begin praat.



Die deel wat hom werklik geraak het, was toe ons begin praat het oor wat gebeur met die goed wat in die straat lê.  Eers spoel dit in die straat af met die eerste reënbui.  En daarna in die spruit.  Hy erken dit lyk nie mooi nie.  "Maar waar gaan dit heen?" was sy volgende vraag.  Na die Krokodilrivier, die Limpopo, daar verby Xai-Xai, waar ons laasmaand was en dan in die see, was my antwoord.


Waar die walvisse en dolfyne dink dis jellievisse en dit dan insluk.  Dit verstrengel in hulle ingewande en hulle gaan dood.  (inligting te danke aan die ou Beeld artikel wat ek vanoggned gelees het).




Dit het hom skielik baie geinspireer en hy het baie meer vuilgoed begin optel.  En ek is bly hy het begin insien waarom ons dit moet doen.  Ons kon egter nie alles optel nie, dit was net te veel.  Naby ons huis is 'n kafee en roadhouse, en baie mense gooi hulle papiere, servette, sigaretpakkies ens daar neer.



Vir ons is dit hopelik net die begin.  Die beplanning is om dalk een keer per maand 67 minute af te staan aan die gemeenskap om ons.

Idees wat al vannaand in my kop draai:

  • besoek 'n blanke plakkerskamp
  • besoek aan 'n ouetehuis
  • vind uit van 'n gemeenskapsprojek om die spruit skoon te maak... 

2 comments:

  1. Wow, Esther dit is 'n uitstekende idee en uitreik!
    Laat my dink aan die vers wat se: Getrou in die klein goedjies en dan kan jy vertrou word met die groot goed.
    Lekker week vir julle!

    ReplyDelete
  2. Wow look at me reading and understanding a whole post in Afrikaans. Not quite ready to comment in Afrikaans yet. But wait till you hear me speak, I am so much better.
    Well done on your 67 minutes.

    ReplyDelete