Saturday, 16 July 2011

Wasgoeddraadtent

Die wasgoeddraad is net die regte plek vir 'n tent.  Veral as die kinders altyd met die vars, gewaste, nat handdoeke of lakens wil speel.  Dus het Donderdae wasgoeddraadtentdag geword.



Ou lakens, 'n vlag, en 'n tafeldoek word die "mure" wat met knypers (hollandse woord vir wasgoedpennetjies - 'n te lang woord) aan die draad en aan mekaar vas gemaak word.  Dit oefen ook sommer daardie fynmotoriese spiertjies in die hande.



Die tonnel wat ons by Amerikaanse sendelinge gekry het, word die ingang.  Dankie past Bill.  En ons oefen sommer speel-speel daardie groot motoriese spiere en dwing die kinders om te kruip.




Nou word daar gewag vir die eintlike idee van die tentjie - piekniek en storietyd.


Mamma moes net keer of die hele huishouding se kussings, dufets en komberse word uit gedra na die tent toe.

2 comments:

  1. Hi AutumnVine!! I am so glad I could help with smores! What a surprise and treat to see someone from South Africa! I wish I could read Dutch to explore your blog...looks like you have fun! ☺

    ReplyDelete
  2. My kinders is net so lief vir tente maak! My kamer is gewoonlik die plek wat ontaard in n plek wat soos n spinnekop nes lyk!

    ReplyDelete