Showing posts with label herevalueer. Show all posts
Showing posts with label herevalueer. Show all posts

Thursday, 15 October 2009

Her-evalueer

Na vier keer in die hospitaal in drie weke het die homeschooling baie ontspoor. En steeds is nie gedoen wat gedoen moes word by die hospitaal nie - 'n ercp.

Intussen het ek na die biblioteek gegaan om boeke uit te neem om te kan lees. 'n Staatshospitaal laat mens deelneem aan 'n spesiale sport: "the waiting game" noem ek dit. Ek het gesoek na Irma Joubert se Tussen Stasies, 'n PG du Plessis boek wat nou op RSG voorgelees word, Annelie Botes of nog 'n paar. Nie een was beskikbaar nie. Toe gaan ek maar na die nie-fiksie. En daar loop ek tog vir 'n stoere boekleser iets wonderliks raak. 'n Splinter nuwe boek. En dit nogal oor... homeschooling natuurlik.

The ABC's of homeschooling van Vicki Caruana.

Nou is ek besig met lees, lees, lees. En ek besef ek kan sommer alles herevalueer. So, toe begin ek weer om The successfull Homeschool Family Handbook weer te lees.

Ons is ook besig om by Pestalozzi Trust te registreer (vir my is die leesbiblioteek natuurlik die grootste aantrekkingskrag).

Ook sommer 'n baie goeie plan gekry... maar later meer daaroor. Nou terug na my boeke toe en beplanning en homeschooling. Die trein moet weer op die spoor geplaas word. Al ry ons nog maar met die babatrein.