Showing posts with label tradisie. Show all posts
Showing posts with label tradisie. Show all posts

Saturday, 05 September 2009

Verjaarsdag

Dit was gister my verjaarsdag en ons het 'n heerlike dag gehad. Pappa moes baie vroeg werk so ons moes maar self wakker word, so lekker langs my twee seuntjies.

Hulle gesigte toe hul die sitkamer sien! Ek het besluit om 'n verjaarsdagtradisie te begin. Ek versier die sitkamer met streamers, chinese stringe en balonne. So, toe doen ek dit vir my verjaarsdag ook. Die kinders moet darem ook die hele dag sien iemand verjaar. Dit was pret om veral vir Hufet dop te hou oor al die goed wat so hang. Veral die balonne. Ohhh!!

Die beste persent was dat my ma kon koffie drink. Ons bly nou naby aan mekaar.

EN ek het die nuwe Audrey Blignault boek by my ma gekry wat haar dogter Marie Heese opgestel het. "Uit die dagboek van 'n vrou". Dit is 'n autobiografie saamgestel uit al AB se essays oor al die jare.

So met die verjaarsdag en spraakterapie het ons nie ver gekom met onderrig die week nie.