Huis - Tuis - Skool - so by my kool. Hoe noem mens dit. Tuisonderrig. So 'n fancy woord. So, wat kan ek dit noem. Ek wil maar net gorrel oor my eie pad in hierdie opwindende taak wat ek aanpak.
Ek het jare gelede hiervan gehoor en toe het dit eers nie vir my sin gemaak nie. Hoe kan 'n ouer sy/haar kinders beter leer as 'n opgeleide onderwyser. Maar later het ek daaroor gedink. Ek kan nie onthou wat ek alles daaroor gehoor/gelees het nie maar sit het begin sin maak.
Wie IS die beste onderwyser/leerkrag/onderrigter vir eie kind. Die ouers. Dis hulle wat die kind eerste leer. En skielik los mens jou kind by iemand anders. Nee, dit maak nie sin nie.
En nou het ek kinders. En ek wil betrokke wees in hulle lewens. Ek wil insae hĂȘ in wat hulle leer, wie hulle ken, wat hulle doen, wie dit doen.
Ek wil net my gedagtes vir myself orden, en dalk eendag sien iemand anders dit en hulle kan daarmee vereenselwig. Of dalk nie.
Hierdie is my keuses, saam met my man.
EN bowenal gelei deur God. Wat my op hierdie pad geplaas het. Wat my die ouer gemaak het van my twee wonderlike, pragtige seuns.