Saturday, 22 August 2009

Gister - Vrydag - se hs

Bome

Ons het gaan stap en ek wou Koninkie die winterbome gaan wys. Die doel daarvan is om winter te wys en dan oor 'n rukkie die lente. Hierdie seisoene is so duidelik so 'n goeie tyd om kinders van die verloop van tyd te leer.
Hier was gelukkig 'n boom by 'n ander eenheid. Maar daarna moes ek maar meer die aftog blaas aangesien die lente klaar in die lug is. Oorkant ons kompleks is daar 'n boom met pragtige bloeisels. En die ander bome het almal botsels aan - nuwe blare wat gaan kom. En Koninkie is baie oplettend. Hy sien dit raak.
Wat te oulik was is dat ek vir hom 'n boekie gegee het om in te teken sodat hy kan leer van joernale en dagboeke. Hy het sommer self begin teken in die boekie - bome en toe later bietjie afgadwaal - hy het 'n moltrein geteken.
Ek het toe maar weens 'n gebrek aan genoeg dinge - behalwe kaal bome - om na te kyk, vir hom verskillende sade gewys wat op die grond lê. Dit het goed gegaan. Die stappie het egter vir hom te lank geword en ek het 'n plan beraam - hy kon op die stootwaentjie se trappie staan. Huffet het hom bietjie geskop maar verder het dit goed gewerk.

Maar tuis het ek gestruikel met hs - en geval. Huffet moes gaan slaap en Koninkie het sommer drie DVD's gekyk. EK was net moeg - te veel nagte op Internet probeer om 'n blogg oop te maak. So ek was bietjie GP (grompie-brompie).
Ek wou nog dat Koninkie 'n winterboom op 'n plakkaat teken sodat ons dit kan ophang. En ook die sade weer bekyk en iewers, dalk op die boom, plak.
Miskien sal ons dit nog vandag doen - of laat oorstaan tot Maandag.

4 comments:

  1. Dit klink soos n interessante oggend!JY het klaar die regte idee oor unschool-hou net aan!Die kreatiwiteit word al meer hoe langer jy daarmee besig is en hoe meer jy daar in spring!

    ReplyDelete
  2. Dit was my eerste probeerslag. Dit het gewerk. Ons sal Maandag weer gaan stap en dan die bome teken. Dankie vir jou aanmoediging

    ReplyDelete
  3. Puik. Kyk net hoe spontaan het hy ingeval en sy bome geteken. Nou is dit lekker om boombas te gebruik, blare te pluk, sade te kry en alles op die boomprentjies te plak.
    Geniet jou kinders - hulle is nog jonk genoeg om net bloot te leef, moenie hulle met papierwerk en letters, penne en potlode toegooi nie. Daar lê 'n leeftyd daarvoor voor.

    ReplyDelete
  4. Dankie, ek sal dit onthou. Ek wil nie met skryf en goed begin nie en is nie haastig nie. Al sien ek ander doen dit. Dis hoekom ek versigtig is vir ander wat baie streng glo in "school-at-home"

    ReplyDelete