Saturday, 22 August 2009

Sukkel Struikel Opstaan

Dit gaan nog maar rof. Ek sukkel om aan die gang te kom. Struikel met die DVD's kyk. En staan maar weer op om verder te gaan. Dit klink maar vir my bekend van ander hs'lers maar ek sou graag bietjie meer van hulle begin wou weet. Dalk net hoe dit gegaan het.

3 comments:

  1. Unshool het baie kante en vorms. Party gesinne sal vir jou se hulle kinders kyk heeldag TV en speel op die rekenaar, ander sal baie lees of buite rondwandel of wat ook al. Daar is nie reels in hierdie ding nie,jy moet maar besluit wat vir jou gesin werk en die Here SAL jou lei as jy Hom vir antwoorde vra,het ek uitgevind nadat ek eers lekker op my eie aangesukkel het. Ons lees elke dag erens graag- ek het n handvol boeke van verskillende onderwerpe en stories wat ek vir hulle lees en hulle lees bietjie vir my om te oefen- want hulle het so besluit!Ons teken graag en doen ons eie drama tonele(dis n nuwe vars uitgedinkte een!)

    ReplyDelete
  2. Sonja, ek hou van die drama tonele. Ek kan onthou van ons goed wat ons gedoen het as kinders. Ek sal dit onthou maar wag dat die kinders dit dalk self begin doen.

    ReplyDelete
  3. Lees en lees en nogmaals lees. Dit is hoe ons dit ondervind. Verder speel ons allerhande lekker speletjies - Memory Game, Rummy, Brainy Blocks, Klei, boomklim en springtou spring. Saam met pa ontdek die seuns 'n plaas vol nuwe dinge.
    Ja, dikwels is daar nog maar vrae. Vir elkeen van ons is dit maar 'n "nuwe" pad. Resultate is daar, maar vrae nog meer.

    ReplyDelete