Tuesday, 25 August 2009

Identiteit

Terwyl ek nou hier so sit en lees, ens, begin ek wonder oor my blog. Ek het besluit om anoniem te bly hier aangesien ek ons identiteit wil beskerm teen die wat nie moet weet wie ons is nie. Daarom die kinders se name as Koninkje en Hufet. Ek wonder of dit nodig is, maar hou dit maar eers net so.
Koninkje en Hufet was my speelgoed toe ek klein was. Niemand onthou meer wat dit was nie, maar die name het gebly. Hufet - as jy ooit 'n opblaas speelding gedruk het en gehoor het hoe hy hufet blaas, dan sal jy weet waar dit vandaan kom.
My jonste sus het nou die dag gedroom ek noem my kinders koninkje en Hufet. Sy droom nogal vivid drome. Ek ook, maar met klein kinders die laaste 5 jaar onthou ek nie veel nie. Ek het vroeer 'n droom opskryf boek gehad, maar as kinders eers jou aandag in die oggend wil hê kan mens nie nog eers wil skryf nie.
So, toe ek die blog begin het ek gedink dis goeie name om te gebruik. Koninkje vir my eerste seun en Hufet omdat hy op een sulke snaakse huuf geluide kan maak.
Vir eers bly ons dus maar so, en kyk waarheen hsling in RSA gaan.

5 comments:

  1. Haai Autimn
    Ek het gedink ek loer net gou in en vertel hoe gaan dit. Ons het n baie besige deurmekaar naweek gehad en die krag was gister heeeeldag tot in die nag af. En as gevolg daarvan het ek vandag 3 ure gesukkel om die internet konneksie weer reg te maak.... Nou is alles darem weer reg!
    Groete
    Sonja

    ReplyDelete
  2. Hello Autimn dit is altyd goed om mens se identiteit te beskerm!! ;)

    Ek moes dit miskien meer gedoen!!

    Groete

    ReplyDelete
  3. Muriel, dankie vir jou oë wys. Moet se dit maak skryf nog nie makliker nie. Ek sit nou al 'n hele week en wonder hoe om 'n sekere saak te beskryf sonder om op ek-weet-nie-wie se tone te trap nie. Miskien lees iemand dit dalk net eendag....

    ReplyDelete
  4. Ook het ek verkies om eers anoniem te bly - dit is net so effe gemakliker. Alhoewel ek later 'n "wie is ek" blad ingewerk het. Maar, ek kuier nie oral by al die bloggers nie - en verder laat ek nie oral voetspore nie. Noem my maar 'n sluiper, dis dalk 'n verdedigingsmeganisme.

    ReplyDelete
  5. HUisvrou, sal op jou blog vra wat is voetspore laat.

    ReplyDelete