Laasweek Woensdag was ons by 'n ondersteuningsgroep. Dit is naby Hartebeespoortdam op 'n plot gehou. Ver ry. Ons het baie lekker gekuier. Gesels oor baie dinge - wyd. Wat lekker is van die groep is dat ons dieselfde dink oor sekere aspekte van kinders groot maak, soos attachment parenting, borsvoeding, child-led weaning, unschooling, ens. Dit maak dit maklik.
Koninkje het dit ook baie geniet om met die maats te speel. Die kinders is almal Engels maar omdat Simeon vir 1.5 jaar lank in 'n kleuterskool was, kan hy redelik goed Engels praat en verstaan. Hufet het maar so om my voete gespeel. Maar die ander klein kindertjies moet oppas, hy is mal oor half geëete piesangs en yoghurt. Ek moet heeltyd wakker kyk.
Maar...
Ek sit nou al 'n week en broei oor 'n ding wat ek moet skryf. Hoe om dit te skryf... want dis nogal sensitief. So ek sal maar eers daaroor dink. Elke keer wat ek wil skryf wil dit net nie werk nie.
Van die ouers se sienings is nie dieselfde as myne (ons gesin s'n) nie. Dit het eintlik eers aan die lig gekom met laasweek se byeenkoms. Daar het van die ma's begin gesels oor buddisme en die een wil 'n buddistiese kamp gaan besoek vir twee weke.
Wat dit moeilik eers vir my gemaak het, is dat ons so lekker kan gesels en dinge deel. As dit net van my af gehang het sou dit nie baie saak gemaak het nie. Ek kan my lig laat skyn tussen die mense en ons kan oor ander dinge praat.
Maar ek moet dink aan my kinders. My ouers het uit hul vaderland getrek omdat die familie omstandighede nie positief was vir die grootmaak van christenkinders nie. Hulle wou ons nie blootstel aan die negatiewe van ateïsme nie. My kinders is nog klein en baie beïnvloedbaar op 5 en 1 jaar. Hulle het ook albei duidelike "callings" op hulle lewe. 'n Taak waarvoor hulle gebore is, geroep word. Ek moet hulle in die eise van hulle weg groot maak (Spreuke).
Hoe meer ek hier skryf hoe duideliker word dit tog vir my. Ons het 'n taak wat ons moet doen.
God se opdrag aan my word duideliker. Ek voel nou dat God sê ek moet rustig wees, Hy sal vir my na 'n groep lei. So dit is wat ek daaroor doen.
Dankie, die skryf hiervan het helderheid gebring. Dit is wat ek vir myself wil bereik met die blog. As ek later ander kan help, is dit goed.
Ek voel ook baie baie sterk oor attachment parenting en alles wat daarmee gepaard gaan,dit werk!Ons is nie baie sosiaal nie en is meestal net by ons huis en a.g.v. ons huidige omstandighede kom my kinders ook baie min met ander kinders in aanraking op die oomblik. Die kere wat ek daaroor gebid het omdat dit my gepla het, het die Here weer duidelik vir my gewys dat Hy my kinders leer en dat hulle vrede groot sal wees. As Hy se dat Hy hulle sal leer, dan sal Hy hulle leer! Dit beteken dat Hy hulle ook die sosiale aanraking sal gee wat nodig is en selfs die blootstelling wat HY dink nodig is! Elke gesin word uniek deur die Here gebruik,nie een twee gesinne is dieselfde nie en daar is dus nie een resep wat vir elke gesin net so gaan werk nie. Maar vir my het dit so gewerk tot nou toe. En alhoewel my kinders van kleins af baie min ander kinders gesien het, het hulle n ongelooflike vermoe om met ENIGE EIMAND te praat, te kuier en te speel. Hulle is gemaklik met enige ouderdom kinders en groot mense van enige ouderdom. Hulle is ook van klein af toegelaat om vir hulle self te dink en n mening te he oor dinge en ons het vir hulle gewys dat hulle menig oor dinge vir ons saak maak. Met die gevolg dat hulle hulle mening vir enige een sal gee in n gesprek met groot selfvertroue. My oudste(toe so 9) het eendag n jong lat benader en vir hom begin preek oor sy rook gewoonte,die het baie vies weggeloop maar hy het hom gevolg en vir hom gevra of hy gebed nodig het om oorwinning daaroor te kry. Ek het nooit n ondersteuningsgroep gehad tot nou toe nie,ek het al gewens ek het, maar die Here het waarlik die gate opgevul in elke opsig! Ons is nou heel gelukkig op ons eie en dit hou ons lewe eenvoudig en ons vergelyk ons ook nie met ander nie want ons het nie n ander nie,wat ons met groot kalmte deur unschooling stuur!Die Here het vir my gewys dat HY my kinders nou afsonder vir n rede- Hy soek hulle gefokus op Hom en op n baie presiese leefwyse wat om Hom draai. Ek dink aan n olimpiese atleet wat ure alleen "train" om bo uit te kom, en aan al die karakters in die Bybel wat deur God afgesonder is vir n groot taak wat voorle! Die Here se koms is nader as wat ons dink! Ons hoofdoel moet wees om gereed te wees!Ek voel ook soos jy oor my blog, dis waar ek vir myself preek en dis baie lekker om met mense soos jy te praat wat dieselfde dink!
ReplyDeleteDankie Sonja, baie bemoedigend. Ek sal maar nog die pad moet stap wat God bedoel het. Ek weet ons kinders het 'n spesifieke roeping op hulle lewens. Ons het dit ook so van God gevra dat Hy dit vir ons wys.
ReplyDeleteNou raak die moeilike deel om dit te skep in ons kinders, natuurlik met God en met Hom in beheer.
Ek het 'n groot behoefte aan sosiale kontak. Ek is 'n mense-mens en kan nie net alleen sit nie. Ook nie net in my gesin nie. Ek dink net dat die regte ondersteuningsgroep sal help. Dan kry ek kontak, kuier met mense wat vriende word, praat oor homeschool/unschool. En die kinders kan sosiaal verkeer.
My kinders is verskil presies 4 jaar en 1 dag in ouderdom (nie eens halfpad so beplan nie). Wel die 1 dag. Koninkje het maats nodig, hy was in 'n kleuterskool, hy vra daarna. Hufet is nog ok op 14 mnde.
Nou kan ek darem met jou "ondersteuningsgroep". Dis net dat ek die groep saam met 'n vriendin begin het - eintlik het sy dit gedryf. En nou het ons saam met 'n ander groep saam gesmelt. Sy is 'n chriten en 'n pragtige mens. Ons is al so 5 jaar vriende deur trek en oorsee wees en egskeiding. Ek sou graag saam met haar bly. Maar ek weet God weet die beste. Ek sal dit aan Hom oorlaat om my die pad te wys. En as ek iewers uitvind van 'n groep sal ek eers vra.
Dankie vir die geselsie
Lekker slaap.
Ek hoop en bid saam met jou dat die Here vir jou sal wys wat om te doen en mag Hy en ek glo Hy sal in jou behoeftes voorsien!Intussen hoop ek dat ons gesels en kuier hier vir jou n bietjie sal help!
ReplyDelete