Wednesday, 02 September 2009

Spraakterapie vir Koninkje en Hufet

Ons het vandag Koninkje na die spraakterapeut toe geneem. Hulle het hom eers geëvalueer. Die vierde keer. Die eerste twee keer was die hospitaal. Daarna het hy 'n opvoedkundige sielkundige gesien. Dit het baie goed gegaan. Hy moet defnitief vir spraakterapie gaan en behoort binne die volgende twee weke te begin. Sjoe, dis al 'n lang pad wat ons stap tot hier. Nie gehelp deur 'n trekkery nie.

Wat baie positief was, is dat die spraakterapeut sê dat sy woordeskat baie goed is en hy is intelligent. Hy toets met sekere dinge tot op 7 jaar vlak. Dit laat my beter voel. Die opvoedkundige sielkundige het sommer gesê dat hy op 3.7 jaar toets terwyl hy daardie tyd 4.9 jaar oud was.

Dis die een baie groot rede waarom ek hom wil homeschool. Koninkje raak hiperaktief in situasies wat hy nie kan hanteer nie. En alle vreemde situasies het daarin geval terwyl hy by die kleuterskool was. Hy het baie beter opgetree vandag, wat beteken dat daar vordering is.
Ek is juis bang dat die onderwysers gaan aandring op ritelin as hy in die skool so sou optree.

En my kind is nie hiperaktief nie. Hy was 'n baie rustige baba, wat baie goed geslaap het. Hy kon maklik 'n slapie oorslaan, maar hy het baie goed geslaap en baie gereeld. Hy lyk nogal na 'n Denneboompie persoonlikheid. 'n Bom kan hom partymaal nie beweeg nie. Ek ken dit maar te goed in myself.

Hy moet op 9 Oktober vir 'n gehoortoets gaan en sal ook arbeidsterapie moet doen.

Ons het terselfdertyd ook maar gereel dat Hufet die universiteit se baba spraakkliniek kan bywoon. Hy word op 'n waglys geplaas en kan dalk eers volgende jaar 'n plek kry. Hy het ook spraakuitdagings. Hy is nou 14 maande en klank nog baie min. Na Koninkje weet ek dit is nie normaal nie. Hufet is op 34 weke gebore en het gesukkel om homself op 5.5 maande op sy arms op te lig. Hy loop steeds nie. Koninkje het op 16 maande begin loop. Gelukkig het die spraakterapeut aanbeveel dat ons dit doen.

Ek moet sê dat Hufet baie vordering gemaak het nadat ons in 'n huis ingetrek het wat trappe het. Hy klim dit baie gereeld op en wil nie hê mens moet hom op dra nie.

2 comments:

  1. Jy moet ook nie te angstig raak oor die kleintjies se ontwikkeling nie. My een kind het ook baie min gepraat, maar ai, toe hy eers daar lostrek kon ons hom nie stilkry nie! ELKE kind is uniek, selfs boeties. Jy's reg oor skool - uit wat ek al gelees het is skool GLAD nie vir seuns ontwerp nie, dis hoekom meisies so goed doen daarin, hulle "make up" pas goed by stilsit aan. Selfs in die tuisonderrig sal my meisiekind stiller sit en my een seun altyd kriewelrig wees terwyl hy studeer. Ja, ritelin is uit. Ek het al 'n bietjie daaroor gelees. Die uitwerking daarvan op die brein is dieselfde (en erger) as wanneer jy kokaine gebruik! Probeer eerder Omega aanvullings.

    ReplyDelete
  2. Petra, jong Koninke het laat gepraat en groot spraak probleme wat ons nou op 5 jaar moet oplos. Dit beinvloed ook sy "skoling" en sosialisering. Maar nog darem nie te erg nie. Sal blog oor die spraakterapie.

    ReplyDelete