Showing posts with label Spraakterapie. Show all posts
Showing posts with label Spraakterapie. Show all posts

Monday, 27 February 2012

Introducing Esther

1. Our homeschool family...

I'm Esther and live in Gauteng (for now) with my husband, Johan and two sons Simeon (7) and Joshua (3).


One of the most difficult questions about homeschooling for me is "How long have you been homeschooling?"  I really do not know when we started as I wanted to homeschool before Simeon was born.  I stayed at home with him, but never saw that as homeschooling.  Just raising my little son.  I had to work for 18 months, Simeon went to school, and Joshua, when he came along went to day care.  At 5 years of age (for Simeon) I could stay at home again.  Did I start then?  Or when he legally had to be schooled?  Or, as we believe in Better late than Early, do we need to start counting from a date in the future?


We live in Gauteng because our children need specialised speech therapy, but would like to move back to the beautiful Lowveld town of White River, or move on to other "greener" (hopefully non-city) pastures.

2. We homeschool because ...

Is there ever a single reason why we homeschool or do anything at all.  Mostly I would say that we homeschool because we feel God leading us on this road for our children.  I shared our homeschool journey here.  We also do this because our children should not be forced to pronounce words correctly.  So we have a "professional" recommendation not to place them in school (the best news any homeschool family could get).

I like the idea that my two sons learn to become best friends, and not just two boys who happen to live in the same house.  Being 4 years apart in age, they will be 4 years apart in school, they will not share experiences, friends, worlds, and many more.  Will they be friends?

And today I feel that we homeschool because I want to share those special developmental progress my children make, such as the first real picture Joshua drew last week - of his Little Tigger.


3. Five Favourites! The things I most like to ...
  1. see...  a mountain river; creating mist as it tumbles over the edge...
  2. hear ... that first time to be called "Mamma"; a heavy Highveld thunder and  lightning storm...
  3. smell ...  the early morning crisp air; the moist smell of de-composting leaves on a forest floor; the salty sea; a newborn baby...
  4. taste ...  fresh fruit; freshly baked bread; my mom's cheese cake...
  5. touch ...  my child's soft hair; a cat curling around my legs; that little body of one of my sons sitting on my lap, listening to a story...

4. This year I hope to ... 
  • wake up for my children and not to be awakened by them.  I joined the Hello Morning Challege for that and it's going ...well... well.  So far, for this week.  Going to bed early is one of the biggest challenges as night-time is Me-time.
  • to make time to develop my drawing skills and to make some portraits (for myself).
  • to try and get a little bit more structure in our homeschooling, and to get over the resistance for formal learning.
  • To post more often on my blogs.


Wednesday, 28 July 2010

Die beste nuus vir tuisskolers!!!

Ek het vanmiddag 'n afspraak gehad met Simeon se spraakterapie span. Aangesien hy by die Universiteit van Pretoria se Spraakterapie departement is, het hy studente, dosente en professors in sy span. Dit was baie insiggewend en uiteindelik verstaan ek wat hulle gaan doen. Ek sal later daaroor 'n blog pos aangesien ek dit nog skryf.

Die beste nuus wat ek net moet deel:

Die professor wat betrokke is met Simeon se program is bly dat hy nie in 'n kleuterskool is nie. En sy ondersteun heelhartig my besluit om hom volgende jaar nie skool toe te stuur nie, maar te tuisskool.

So, ons het professorale / professorele ondersteuning vir ons program. ;-) Ek weet daar bestaan nie sulke woorde nie, maar ek het heerlik gelag op pad huis toe, terwyl ek gewonder het wat mens dit sal noem.

Tuesday, 27 July 2010

Brief aan die spraakterapeute

Ek het die volgende brief aan die Spraakterapeute gestuur. Ek het gevoel dat Simeon se vakansie program glad nie ouderdomsgerig was nie en het daarom nie alles gedoen nie. Hulle wou he hy moet die alfabet van A - N kan skryf en getalle 0 - 9 (ook die woorde).

Ek wil julle bedank vir die werk wat julle met Simeon doen. Ek weet dit sal werk, alhoewel dit 'n langtermyn projek is. Ek wil net graag 'n paar dinge in perspektief plaas.

Simeon gaan nie volgende jaar skool toe nie. Ek gaan hom homeschool. Dis heeltemaal wettig. Ons is lede van Pestalozzi Trust en het reeds seker gemaak van ons feite.
Ek het al baie op gelees oor homeschooling en neig na die unschooling kant. Dit beteken nie dat ons nie iets gaan doen nie, maar dat ek glo dat Simeon heeltemaal in staat is om self sy skoling te dryf, aangesien kinders wil leer. Dit beteken ook nie dat ek niks gaan voorstel of doen nie, aangesien mens lusmakers gebruik om die kind aan te moedig in 'n rigting in.
Ek wil ook nie geen program volg nie en het nadat ek opgelees het en navorsing op die internet gedoen het, besef dat die Charlotte Mason manier baie by ons huis, my persoonlikheid en Simeon sal pas.
Die program wat ons volg kan soos volg beskryf word: Lees, lees, lees en "narration" of terug vertel in eie woorde van die storie. En natuurstudies, wiskunde, musiekwaardering, kunswaardering, huiswerkies, kosmaak en baie meer.. Geskiedenis doen ons deur stories. Aardrykskunde deur na die wereldkaart en atlasse, padkaarte en straatkaarte te kyk terwyl ons lees. Ek soek nog 'n goeie bekostigbare aardbol, ons het op die oomblik 'n opblaas aardbol (of aardebol soos Simeon dit noem). Ek wil ook hierdie lente vir Simeon 'n paar groente laat plant - hy het uit sy eie laventeltakke geplant en gee dit self water. Ons het 'n avokadopeerpit in water gesit, en 'n pynappel se bokant, viooltjieblare en sal nog boontjies tussen watte laat groei. Dit was so mooi toe Simeon nog in Witrivier sy sondagskool se lensies in 'n bedding gegooi het en dit self op gekom het - hy was skoon verwonderd.
Ons het reeds "Die wind in die wilgers" (The Wind in the Willows); "Die groot gans en die klein wit eendjie" van Meindert De Jong, "The Winter Diary of a Country Rat" en "The Midsummer Notebook of a Country Rat" (deur my vertaal soos ons lees) van Peter Firmin, Diva Veronica en vele meer gelees. Ons is nou besig met "Die Stoutsterte- van Texel tot Tafelbaai" van Marianna Brandt (Geskiedenis). Ek lees ook verhale uit die Kinderenseklopedie stel wat ons het (nie baie oor die kinders self nie aangesien die reeks al 40 jaar oud is).
Ek lees 'n wye verskeidenheid boeke en soek ook dit op in die biblioteek. Ons neem wel kleuterboeke uit, maar lees eerder boeke wat goeie inhoud het met goeie woordeskat wat nie "af geskryf" is na kinders toe nie.
Ek soek nog na goeie vertalings van Shakespeare en Alice in Wonderland (wat my Ma al gekry het). Alhoewel ek eintlik die stories in engels wil lees. Simeon kla bietjie daaroor maar sy engels is nie sleg nie aangesien hy in sy kleuterskool baie engelse goed gedoen het. Hy kyk ook graag engelse dvd's. Ek glo dat as ek deurdruk ons later Shakespear, Dickons en selfs The Pelgrim's Progress in Engels sal kan lees.
Met formele wiskunde sal ons bietjie wag en maak net speletjies van getalle. Simeon tel goed tot 16 en ons werk aan die 16 - 20. Alles informeel sodat dit pret is. Vir my is dit nou belangriker dat hy die waarde van getalle ken: * is een ster en ****** is ses sterre ens.
Simeon wil graag skryf en geniet dit baie om met die letters en syfers en krulle en draaie sy eie Bybel te skryf. Ek het hom gevra en hy wil nie nou leer lees nie. Hy besef natuurlik nie deur te leer skryf, dat hy sal leer lees ook nie. Maar dit maak nie saak nie. So stadigaan sal dit gebeur. Al is dit as hy eers 9 of 10 is. Intussen leer hy goed om te memoriseer. Hy ken heelwat gedigte soos "Katjie, Katjie Nelletjie", "In die land van Marmelade" (al twee 4 reel en drie stofes lank). Hy ken ook die hele "Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan" dis 'n lang gedig, maar hy geniet dit om die vrae te antwoord.
Hy ken ook die dae van die week en weet watter dag dit is, hy weet watter dae winkels oop is en pappa werk en watter dag kerk is. Hy verstaan nog nie mooi maande nie maar gelukkig is dit iets wat hy nou sal leer.

Ek het met ons buurvrou wat 'n Graad 1 onderwyseres is, gepraat oor wat kinders moet weet wat Graad 1 toe gaan. Ek wil ook binnekort met 'n vriendin gaan praat wat Graad 1's het by D* P* Laerskool. Ek het artikels in Baba en Kleuter gekry van laasjaar oor wat kinders alles moet weet om Graad 1 toe te kan gaan.
Ek het wel uitgevind dat 'n kind in Graad 0 net sy eie naam en van hoef te skryf. Hulle hoef nie te kan lees of ander letters van die alfabet te lees nie. Hulle leer meer foneties lees en leer eers in Graad 3 die ABC aangesien hulle dit nie vroeer nodig het nie. My vriendin wie se seun in Eduplex is, het dit vir my bevestig.

Wat ek geniet van die hele proses is om te sien hoe spontaan Simeon leer. Daar is geen druk nie, en geen moete nie. Hy wil leer en hy leer. Ek is al hoe meer oortuig dat ek wil homeschool en dat ek dit gaan doen. Ek sien veral nie kans dat Simeon in die skool vir sy spraak geterg gaan word nie. En ons weet dit gaan gebeur. Ek kan en ek wil Simeon emosioneel beskerm. Hy is nou nog so 'n spontane kind wat praat met alle mense. Ek is bang dat dit in die skool gaan verdwyn omdat hy elke dag met die spraakprobleem gekonfronteer gaan word. Die onderwyseres gaan hom nie verstaan nie en die kinders ook nie. Ek kan nie toelaat dat sy skoling (education) en sy opvoeding so negatief beinvloed gaan word nie, en dat my kind binnekort dit gaan haat nie. Hoekom eers begin en sien dat dit gebeur en hom dan uit die skool haal om te homeschool. Of nog erger, om hom soos ander voorgestel het, na spesiale skole toe te stuur. Wat gaan beteken dat ek moet gaan werk (in die geval van Eduplex wat R1 650,00 per maand kos) en dus Joshua by 'n dagmoeder moet los. Daar is in E* L* 'n ander skool maar ek oorweeg dit nie eens nie.

Ek skryf al hierdie dinge sodat jy weet ons nie sonder 'n plan is nie. Simeon gaan wel nie volgende jaar skool toe nie, maar hy gaan defnitief nie agter gelaat word nie.
Ek is baie dankbaar vir wat die studente met Simeon doen. Ek het egter geweet dat hy sy kleure en vorms goed ken en dit was vir my snaaks dat hulle so verbaas was. Simeon se spraak het nie veroorsaak dat hy werklik agter geraak het nie. Sy woordeskat is ook goed aangesien hy baie belangstel in dinge en ons nooit met hom babataal gepraat het nie. Ek doen dit bietjie meer met Joshua aangesien ek net graag wil he dat hy moet woorde uiter, enige iets meer as net mamma, pappa, baba, ouma en eina. Doedoe en myne sal 'n oorwinning wees aangesien dit ander klanke is (so voel dit vir my).

Dit is vir daarom nie noodsaaklik dat Simeon leer lees en skryf hierdie jaar nie. Ander kinders hoef nie dit te leer nie en Simeon gaan gehomeschool word. Hy sal nie agter wees nie, en ons sal alles mettertyd leer. Ek voel dat dit tyd weg neem van die probleem wat aangespreek behoort te word en dit is die spraak. Dit is waaraan aandag gegee moet word.

Esther

PS. Ek raak maar baie moedeloos en hartseer as ek na my kinders luister, die familie se negatiewe kommentaar (wat hulle seker hoop positiewe gevolge sal he) en sien dat kinders nie met Simeon meer wil speel nie. Dit voel net of die oorwinnings so ver uitmekaar is en of ons nooit iets gaan bereik nie. Dit help darem dat ek ook daaroor met 'n berader kan praat. Plaas net dinge in perspektief.

Baie dankie
Esther

Ek hoop dat hierdie brief my posisie duidelik uitgespel het en dat hulle sal verstaan dat ek nie graag wil he dat Simeon gedwing word om te leer lees en skryf nie. Ek wil graag he dit moet spontaan gebeur en op 'n manier wat geen druk op Simeon plaas nie.

Wednesday, 02 September 2009

Spraakterapie vir Koninkje en Hufet

Ons het vandag Koninkje na die spraakterapeut toe geneem. Hulle het hom eers geëvalueer. Die vierde keer. Die eerste twee keer was die hospitaal. Daarna het hy 'n opvoedkundige sielkundige gesien. Dit het baie goed gegaan. Hy moet defnitief vir spraakterapie gaan en behoort binne die volgende twee weke te begin. Sjoe, dis al 'n lang pad wat ons stap tot hier. Nie gehelp deur 'n trekkery nie.

Wat baie positief was, is dat die spraakterapeut sê dat sy woordeskat baie goed is en hy is intelligent. Hy toets met sekere dinge tot op 7 jaar vlak. Dit laat my beter voel. Die opvoedkundige sielkundige het sommer gesê dat hy op 3.7 jaar toets terwyl hy daardie tyd 4.9 jaar oud was.

Dis die een baie groot rede waarom ek hom wil homeschool. Koninkje raak hiperaktief in situasies wat hy nie kan hanteer nie. En alle vreemde situasies het daarin geval terwyl hy by die kleuterskool was. Hy het baie beter opgetree vandag, wat beteken dat daar vordering is.
Ek is juis bang dat die onderwysers gaan aandring op ritelin as hy in die skool so sou optree.

En my kind is nie hiperaktief nie. Hy was 'n baie rustige baba, wat baie goed geslaap het. Hy kon maklik 'n slapie oorslaan, maar hy het baie goed geslaap en baie gereeld. Hy lyk nogal na 'n Denneboompie persoonlikheid. 'n Bom kan hom partymaal nie beweeg nie. Ek ken dit maar te goed in myself.

Hy moet op 9 Oktober vir 'n gehoortoets gaan en sal ook arbeidsterapie moet doen.

Ons het terselfdertyd ook maar gereel dat Hufet die universiteit se baba spraakkliniek kan bywoon. Hy word op 'n waglys geplaas en kan dalk eers volgende jaar 'n plek kry. Hy het ook spraakuitdagings. Hy is nou 14 maande en klank nog baie min. Na Koninkje weet ek dit is nie normaal nie. Hufet is op 34 weke gebore en het gesukkel om homself op 5.5 maande op sy arms op te lig. Hy loop steeds nie. Koninkje het op 16 maande begin loop. Gelukkig het die spraakterapeut aanbeveel dat ons dit doen.

Ek moet sê dat Hufet baie vordering gemaak het nadat ons in 'n huis ingetrek het wat trappe het. Hy klim dit baie gereeld op en wil nie hê mens moet hom op dra nie.