Wednesday, 28 July 2010

Die beste nuus vir tuisskolers!!!

Ek het vanmiddag 'n afspraak gehad met Simeon se spraakterapie span. Aangesien hy by die Universiteit van Pretoria se Spraakterapie departement is, het hy studente, dosente en professors in sy span. Dit was baie insiggewend en uiteindelik verstaan ek wat hulle gaan doen. Ek sal later daaroor 'n blog pos aangesien ek dit nog skryf.

Die beste nuus wat ek net moet deel:

Die professor wat betrokke is met Simeon se program is bly dat hy nie in 'n kleuterskool is nie. En sy ondersteun heelhartig my besluit om hom volgende jaar nie skool toe te stuur nie, maar te tuisskool.

So, ons het professorale / professorele ondersteuning vir ons program. ;-) Ek weet daar bestaan nie sulke woorde nie, maar ek het heerlik gelag op pad huis toe, terwyl ek gewonder het wat mens dit sal noem.

2 comments:

  1. Dit is wonderlik dat die Here vir ons sulke geleerde mense daar gestel het om op na te volg...sterkte.

    ReplyDelete
  2. Mag jou professorale / -ele /nele ondersteuning jou met vleuels laat opstyg... :)
    Jip Ester, dit bly Wonderlik, dag vir dag, tree vir tree.

    ReplyDelete