Friday, 30 July 2010

Simeon se spraakterapie.

Ek het Woensdag 'n afspraak gehad met Simeon se spraakterapie span. Professor van der Merwe my alles verduidelik. Dit was baie insiggewend en uiteindelik verstaan ek wat hulle gaan doen.

Simeon se probleem word spraak apraksie genoem. Die "a" beteken "kan nie" en die "praksie" is afgelei van "praxis" wat beteken "om te beplan".


Dit wil sê Simeon kan nie sy spraak, of te wel die klanke goed beplan nie. Daar is 'n probleem tussen die brein en die mond. Maar die ore weet baie goed dat dit nie reg is nie. Sekere kinders hou dan op praat, maar Simeon praat ten spyte daarvan. Ons ore van ons koppe af.
En dit beteken dat hy dus sukkel om sekere klanke konstant reg uit te spreek. Dit maak wel vir my sin aangesien Simeon nie as baba baie gebabbel het nie. Hy het dus nie deur die oefeninge, as baba, gegaan nie. En dit is eintlik net ek wat hom goed verstaan en daarna Johan. Dit frustreer ander mense om na hom te luister, want hulle kan hom nie volg nie.

Die probleem is 'n misterie in die veld van spraakterapie, en hulle weet nie presies wat die oorsaak daarvan is nie. Die probleem wys ook nie op 'n breinscan nie, daarom dat ons niks kon sien daarop nie.

Vir 'n hele paar sessies het die professor gemoeid met Simeon, die sessies by gewoon en selfs dit op band opgeneem. Hulle kon so na die tyd mooi luister om te bepaal watter klanke hoe uitgespreek word. Wat veral opvallend is met apraksie is dat klanke nie konstant verkeerd uitgespreek word nie, maar een keer reg en baie kere verkeerd, die een keer so en anderkeer anders.
Die program wat die professor opgestel het, en al van die 1980's gebruik, behels dat Simeon nie-woorde moet oefen. Vir my beteken dit dat hulle hom leer babbel sodat hy reg kan leer klanke maak. Hulle gebruik nie woorde nie, omdat die kind dan spesifieke woorde reg kan sê, maar dit nie in ander woorde kan gebruik nie.

So, as julle nog altyd gewonder het waarom kinders babbel, dis om daardie klanke reg te leer uitspreek. En hy luister die hele tyd, korrigeer homself en bly babbel tot die woorde reg uit kom.
En hier kom die belangrikheid daarvan in, dat Simeon nie skool toe moet gaan nie. Daar sal hulle die hele tyd hom wil dwing om reg te praat, woorde reg uit te spreek. En die praktyk het Professor van der Merwe al geleer dat sulke kinders dan nooit reg leer praat nie. Sy het spesifiek kinders gevolg in 'n kleuterskool wat voorheen by die Universiteit was en dit sien/hoor gebeur.
Ons mag daarom glad nie Simeon meer korrigeer nie, en ook nie woorde oefen nie. Ek kan ook nie help met 'n tuisprogram nie, omdat dit baie spesifiek is. Sy het die program aan my gewys en verduidelik. Die program gaan van vlak 1 tot 5, maklik tot moeilik in elke groep klanke wat Simeon moet aanleer. Hulle begin met die maklike klanke (vir Simeon) en gaan dan aan met al hoe moeiliker klanke. Die program word dus vir elke kind oor geskryf om spesifiek die kind se behoeftes aan te spreek.
Wat wel bemoedigend is, is dat dit gebeur dat die kind skielik ander klanke spontaan self reg uitspreek en dat spraakontwikkeling sommer dan baie vinnig verbeter, alhoewel ander klanke steeds geoefen sal moet word voordat dit reg kom. Daarom dat Simeon sommer in die vakansie sy eie naam kom sê: Si-mie-on.
Dit sal dalk selfs nodig wees dat ons die hele program weer van voor af moet doen wanneer Simeon 'n nuwe taal, selfs Engels, aanleer. Sodat hy weer klanke kan leer.
Ek is baie dankbaar dat God ons na die Universiteit van Pretoria gelei het. Dit is goed om te weet dat ons by die persoon uit gekom het wat spesialiseer in hierdie spraakprobleem. Spraakapraksie kom nie baie voor nie, en baie spraakterapeute kom nooit in hul hele loopbaan daarmee in aanraking nie.

5 comments:

  1. Ek het nou net jou storie gelees, en vir die eerste keer voel ek of daar iemand is wat verstaan waardeer ek gaan. My seun het ook 'n spraak probleem en klink of dit dieselfde tipe probleem as jou seun het. Ons vat hom volgend week vir sy gehoor toetse. Dan begin ons met spraakterapie. Hy het ook nooit gebabbel toe hy klein was en sukkel net so om woorde reg uit te spreek. Ek kan hom ook nie skool toe stuur nie en gaan van volgende jaar af homeschool. Hy het 'n hartopperasie gehad toe hy klein was. Ek sal graag met jou in verbinding wil tree, ek is nog nie heeltemal so seker wat se stappe ek moet volg om te registreer met die homeschooling nie. Ek het per toeval op jou blog afgekom en dit voel soos 'n bestuuring!! Sal jy omgee as ek met jou in aanraking kom? Of as jy dalk net vir my jou email adress kan stuur dan kan ek jou email. Ek is so dankbaar dat ek op jou blog afgekom het.

    ReplyDelete
  2. Beste CJ, dankie, ek is so bly ek kon jou help. Dit is maar moeilik as mens nie weet wat om te doen nie. Jy kan gerus my epos by elourens101@gmail.com dan kan ek ook vir jou meer detail gee.

    ReplyDelete
  3. Hi, ekskuus dat ek so lanklaas hier kom kuier het. Ek is so bly dat jy die "professionele" mense nou ook het wat jou tuisondderrig idee ondersteun.
    Sommer uit nuuskierigheid, kopie klein Joshua dan nou nie Simeon se "verkeerd" praat nie, of kan hy nie omdat die uitsprake nie konstant is nie?
    'Dit frustreer ander mense om na hom te luister, want hulle kan hom nie volg nie.' Dit klink omtrent soos om met party mense hier te probeer praat, die Kiwi-Engels is soms net nie Engels nie!!! Toe ek die stukkie lees het ek geglimlag, my man het al talle male gefrustreerd by die huis gekom en gevra, "Kan die mense nie net engels praat nie?!"
    Alle voorspoed met hierdie lewensondervinding!

    ReplyDelete
  4. Petra, ja, dis so lekker as ek vir mense kan se: "Die Professor het so gese".
    Joshua praat nog nie baie nie maar my broer het my nou die dag daarop gewys dat Simeon nie 'n goeie voorbeeld is nie en ek het dit toe eers besef. Ek eis soms maar wat daar eintlik gebeur, maar dis dan ook net weer vertroue op God dat alles reg sal uit werk. Joshua het dieselfde spraakprobleem as Simeon en dit word seker nou nog meer vererger.
    Ek "vertaal" maar alles wat gese word, ek is so gewoond daaraan. Ek herhaal dan alles en sodoende hoor Joshua hopelik wel hoe dit moet klink. Die ergste is as Simeon weer Joshua se spraak herhaal (met sy eie uitspraak daaraan).
    Ai, vra daai Kiwis net partykeer om daai warm aartappels uit hul mond uit te haal, mens praat nie met kos in die mond nie. Of het ek nou die verkeerde engels beet.

    ReplyDelete
  5. Hallo
    Ek het ook nou per toeval hierdie blog raakgeloop, maar glo nie in toeval nie. Ek het die Here vertrou vir 'n antwoord en hier is dit nou.
    My Charnay kind is vanjaar 9jr oud en ek het hierdie jaar met home school begin agv haar "probleem". Ek is net nie tevrede met die antwoorde wat ek kry by my professionele mense nie. Sy was vir die eerste 6 mnde van die jaar elke 2de week vir 'n half uur by 'n spraakterapeut en daarna vir 'n uur by 'n arbeidsterapeut. Vordering is deur albei gese wel daar maar kon my nooit die graad van vordering gee nie, ook nie hoe lank nog aangehou moet word nie. Medies het opgeraak en ek hierdie 3de kwartaal van 'n remedierende vroutjie gebruik gemaak wat die tuisprogram van die arbeidsterapeut vir my met Charnay gedoen het. Ook sy het gese daar is vordering. Desember is egter 'n lang vakansie en als wat geleer is voel vir my is ongedaan...
    Ek het jou e-pos adres afgeskryf en gaan jou kontak om meer persoonlik met jou te praat.
    Ek het altyd geweet daar moet 'n ander manier wees. Ek het al disleksie "gegoogle" en toe op die blog afgekom net om my leerproses te probeer verander om aan te pas by Charnay. Uit wat jy egter geskryf het, kan ek agterkom om aanslag was heeltemal verkeerd en sal defnitief hersien moet word.
    Die Here is so getrou...Dankie!!!
    francois_anina@vodamail.co.za

    ReplyDelete