Tuesday, 15 September 2009

A4 Aantekeningboek

Baie plekke waar ek heen gaan, gaan hierdie boek saam. En sommer een van my homeschooling boeke. Dit is die voordeel van 'n doek "rugsak" vir Hufet. Wanneer ek 'n tydjie kry lees ek gou iets, of ek maak aantekeninge. Dis my onthou-boek.

Van die begin af het ek besluit om georden daarin te werk. Elke onderwerp kom op 'n nuwe bladsy. So kan ek dit later uitskeur en in 'n lĂȘer sit. Dit help ook vir geleende boeke sodat ek nie belangrike dinge sal vergeet nie. Die boeke het baie "tips" in en ek wil dit onthou. Afskrifte kan ek nie nou maak nie.

Die "hoofstukke" dek byvoorbeeld die volgende:
  • Redes vir hs
  • Bereken die kostes (ek sukkel hiermee)
  • Geskiedenis van hs - ek's mal oor geskiedenis
  • Sosialisering - ook'n lys van waar my kinders sal kan sosiaal verkeer
  • Wat verwag ek van my kinders
  • HS programme of kurrikulums
  • Idees oor hoe om te leer
  • Idees van wat om te leer
  • Better late than early
  • Verskillende "vakke" het elk 'n hoofstuk
  • Wie anders kan my kinders leer
  • Aktiwiteite in en om my dorp
  • Bybelverse 'in support of hs'
  • Quotes
  • Websites / blogs / kontakte

En een van die belangrikste:

  • Wat is my doel met hs? Wat / wie moet my kinders wees as hul groot is? Hoe wil ek graag my kinders sien op 16/25/30?

Wat lekker is vir my van die boek is, dat wanneer ek met mense oor hs oor verwante sake praat ek net daarna kan aantekeninge maak om dit sodoende vars te hou.

NS: Nog 'n belangrike inskrywing: "Asseblief, Asseblief, Help my om die boek terug te kry as dit verlore is!" met kontakbesonderhede.

1 comment:

  1. Ek het ook n paar sulke boeke al wat hier rondle en in boekrakke is, en jy kan nie dink hoeveel keer het dit al gehelp nie!

    ReplyDelete