Thursday, 24 September 2009

Herinneringe, hospitale en homeschool

Sewe jaar gelede het ek 'n miskraam gehad. En het God die besoeking aan ons onttrek. Dis iets moois wat ek op 'n ander blog gelees het en nooit op myself van toepassing gemaak het nie. Dat God die vroue besoek het en hulle het swanger geword. Hanna, Sara... en baie later natuurlik 'n baie spesiale ander besoeking van En bevrugting deur die Heilige Gees van Maria van Nasaret.
Ek glo dat God by elke bevrugting teenwoordig is om 'n gees aan die nuwe mensie te gee. Of die ouers nou in Hom glo of nie. Dit is deel van God se onderhouding van die wêreld.
Ek is nie vandag hartseer nie. Dis lank gelede verby en die hartseer vir God gegee. EN God het ons weer besoek en geseën met twee mooi seuns. Die een lyk baie soos sy pa en die ander het baie trekke van my familie. Ek onthou grepe van die dag maar detail is nie hier belangrik nie.

Ek was vanaf Saterdag in die hospitaal met pancreatitis, geelsugtigheid en galontsteking. Dis nou nadat vanaf 23:30 af 'n galaanval gehad het wat nie na 2of 3 of 6 of 9 ure oorgegaan het nie. Nou moet ek terug gaan Maandag vir 'n ERCP - blykbaar 'n kamera wat deur die keel tot by die pankreas gaan om die galsteen wat 'n blokkasie veroorsaak, te verwyder.
Het al weer geleer dat staatshospitale se groot leuse is "Als het lang duurt dan wachten we nog even". Alles vat stadig en lank. Maar dis gelukkig verniet. Sonder 'n mediese fonds moet mens maar soentoe gaan.
Die personeel is oor die algemeen baie vriendelik en behulpsaam.

So, die homeschooling het agterwee gebly. Dis hier waar dit dalk veral vir die pa makliker sou wees as die kinders in die skool was. Maar dis nie 'n opsie nie. Ons het dit deur gemaak en sal volgende week weer deur kom. Dis nou "siekte verlof" vir my en skoolvakansie vir die kinders. Of so iets.
Die groot voordeel van informele skool is dat alles 'n leer geleendheid is en as een gebruik kan word. So, miskien kan ons gesondheid en hospitale behandel as ek weer daarna voel.

2 comments:

  1. Liewe Blog Vriendin, ek het vanoggend jou blog geloer en jou 'ticker' gesien wat sê 7jaar. Ek het spesiaal vir jou en hierdie dag gebid (ek weet van daardie kamertjie hier diep binne wat mis en altyd wonder oor die klein mensie wat so baie kort deel van jou was).
    Ek is baie jammer om te hoor jy gaan deur hierdie gesondheidskrises. Ek bid vir baie, baie sterkte aan jou en jou gesin en ondersteuning van mense wat naby jou is en jul lief het.

    ReplyDelete
  2. Ek wou nou net sê, ja elke geleentheid is 'n leergeleentheid - selfs siekte! Baie sterkte met die gesondword!

    ReplyDelete