Sunday, 13 September 2009

Redes vir tuisonderrig

Toe dit blyk dat ons gaan trek omdat my man werk gekry het in Pretoria, het ek besef ek sal kan homeschool en nie weer werk nie. Ek het vir my 'n A4 boek gaan koop en weer my hs boeke begin lees. Maar eers het ek 'n lys van redes gemaak oor hoekom ek wil hs. My redes strek nou al oor amper 4 A4 bladsye en soms wonder ek steeds waarom. Dit voel of ek 'n grote soek. Ek hoop dat as ek dit hier oor skryf ek dalk DIE een sal vind, maar ek dink tog dit is 'n mengsel van baie, en 'n paar wat ek nie eens van weet nie.

Hier is van die redes waarom ek wil homeschool / tuisonderrig gee. Nie in volgorde nie, dit kan ek dalk later bespreek.

Is dit nie genoeg rede nie...?

  1. Vandat ek daarvan gehoor het, het dit net reg geklink. Om self my kinders te leer. Om my hart en hand op hul lewe te hou.

  2. Daar is nie gapings tussen dissipline / opvoeding / skoling / huis / sosiale verkeer nie.

  3. Dit gee die gesin vryheid om te beweeg - vakansie te hou buite seisoen (goedkoper) en om sendinguitreike te reel en mee te doen.

  4. Om saam met Pappa te kan reis vir sendingaktiwiteite.

  5. Kinders word stadiger groot aangesien hulle nie gedruk word deur skool / onderwysers en ander kinders nie. Kan dus langer kind bly - nogal baie belangrik vir my.

  6. Individuele aandag.

  7. Die kinders se vaardighede en mate van kennis word nie getoets en gemeet teen ander kinders s'n nie. En as hulle sukkel word hulle nie as sleg / stadig / dom afgemaak nie.

  8. Ek hoef nie my kind te meet teen ander kinders nie, en ander se verwagtings nie. Het dit lank gelede met Koninkje al geleer.

  9. Ek wil graag dat my kinders hulle eie oordeel leer vertrou en hulle eie bevoegdhede. En dit meet teen God se Woord nie teen ander ouderdomsgenote nie.

  10. Die kinders hoef nie te "spot" en op te swot net dit wat in die aksamen gevra sal word nie, maar hulle kan van 'n onderwerp wat hulle graag wil weet. Dit is dan wat belangrik is.

  11. Daar is nie halfuur of 40 min periodes nie wat 'n interessante onderwerp afbreek tot more of oormore of erger volgende week nie. 'n Kind kan leer / lees / werk tot hy klaar is met 'n onderwerp wat hom baie interesseer.

  12. Ek wil nie he dat my kinders hulle teen die top leerders meet en dan nie goed genoeg voel nie, of op 'n stadium dink "what's the use" nie.
  13. Waarheen gaan uitkomsgebaseer? En ons skole? Uitkomsgebaseer kan baie beter in die huis gedoen word want dit is waar die werklike lewe is.
  14. Kinders leer baie beter deur goeie, lewendige boeke as deur boring handboeke.

En die belangrikste:

Deut 6:6 en 7 "En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan."

En ook wanneer hulle leer en skool toe gaan en speel met maats. Dit kan nie gedoen word in die skool nie.

Dis maar 'n paar.

9 comments:

  1. Ek stem vir al jou redes! Dit is mos en bly mos ons kinders wat vir ons gegee is om groot te maak!Hulle is ons verantwoordelikheid.

    ReplyDelete
  2. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete
  3. Hi Esthertjie, is dit regtig jy? Ek lees jy skryf Koninkie maar ek sê vir myself dis mos Simeon.
    Jou kindertjies is pragtig!
    Ek kan nie glo dat ek op so manier by jou uitkom nie, en ek is so bly jou tuisskool, ek is so trots op jou.
    Laat weet hoe dit gaan asb.
    liefde Merinda

    ReplyDelete
  4. Hallo Autumn! Jy het huiswerk by my gekry!!!!

    ReplyDelete
  5. Merinda
    Ja, ek het jou gesien en toe maar gehoop jy kontak op 'n stadium. Jy is darem steeds inspirasie vir my om te begin. Dit gaan goed met ons almal. Soos jy kan sien word Simeon en Joshua yslik groot. Jy kan my kontak op my email, click net op my profile, dan kan ons meer skryf. Wil graag van julle ook hoor. Ons rekenaar is gesteel met al ons email adresse, so baie kontakte verloor.

    ReplyDelete
  6. 'n Pragtige blog, ek kan sien jy geniet dit! Hou so aan ek ondersteun jou.

    ReplyDelete
  7. Soveel gesinne, soveel redes. Maar uiteindelik kom ons almal by dieselfde gedagte: Die beste vir my kinders.

    Terugskouend is ek bitter spyt dat ek nie doerie jare geluister het, en gedoen het wat God my ge"urge" het om te doen nie. Maar Hy laat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet. En daaraan klou ek vas.

    ReplyDelete
  8. Huisvrou, ja dis net aan God wat ons kan klou as ons so 'n opdrag kry. Dis te moeilik om te verduidelik. OF aan mense te klou.

    ReplyDelete
  9. Some reasons I hadn't even thought of! But good ones! I love the fact that with homeschooling children learn to be self motivated and to work independantly of the teacher too. Though we guide them, they are on a road of self discovery.

    ReplyDelete