Monday, 07 September 2009

Wat 'n einde vir 'n dag!

Die dag het woes geeindig. Hufet was moeilik in die bed toe gaan proses. Later het ek hom maar bo-op my laat lê. Die gevolg: hy het opgegooi. Gelukkig net bo-op my en nie op die bed nie (HOE kan jy so sê sal 'n nie-ouer vra? Maklik. Ek bad eerder self as om die hele bed van voor af op te maak. En gelukkig het ek nog dagklere aangehad.)
So, nadat ek gebad het en Hufet in die bad gesit is, kon ek ons klere en sy apiekombersie gou in die wasmasjien gooi. Vinnige siklus want Hufet slaap nie sonder daardie sagte kombersie se hoeke in sy hande nie. 'n Oorblyfsel van 6 maande se dagsorg. Daarna kombersie in die tuimeldroeer en e-posse lees met Hufet op my skoot.
Nou slaap hy gelukkig.
Die oorsaak van die probleem? Vermoedelik 'n te vol magie, te gou gaan slaap na ete, of 'n intoleransie vir yoghurt waarmee hy sy maaltyd wou afsluit omdat boeta so maak. Die laaste opsie sal ek maar eers toets deur tyd.

Unschool vir vandag

Ek en Koninkje het met kleure gespeel. Een probleem wat hy het is dat hy nog sy tekeninge net in een kleur doen. Monochroom. En dan word die hele prent bekrap. Die opvoedkundige sielkundige het daarmee 'n probleem gehad, maar ek nie baie nie. Ek het hom eenkeer mooi dop gehou toe hy by my sit en teken. Hy teken 'n baie mooi prent van huis en boom en nog goed. Maar dan word dit 'n storie wat hy verder vertel en hy begin krap die hele papier vol. Nie omdat hy nie van die prent hou nie, maar dit het vir hom alles betekenis, dis dan die storie wat verder gebeur. Aksie op papier.
Ek probeer hom nou partymaal stop. En ook aanmoedig om kleure te gebruik. Net baie versigtig sodat hy dit nie as kritiek ervaar en ophou teken nie.

Vandag het ek toe 'n karton opgevou vir 'n lapbook. En ons het die woord "kleure" geskryf en ingekleur. Daarna het ek dit uitgeknip en hulp gegee met die plak. More sal ons verder gaan. En as ek die kamera vind sal ons fotos plaas.

4 comments:

  1. Ek stem heeltemal met jou saam,daar is niks fout met sy tekeninge nie,ek kan dit sommer hoor!n Ma is die beste kundige van haar kind en moenie dat enige iemand jou anders vertel nie!Niemand ken jou kinders beter as JY nie. Ek sal nie eers karring om hom kleur te laaat gebruik nie, hy sal wanneer hy gereed is,daar is n rede vir alles wat hulle doen. As jy hom wil aanmoedig om kleur te gebruik, doen jy dit! Hy sal dit by jou optel as n inspirasie! Ek hou so van alles wat julle doen! Dit klink sommer lekker en jy is n baie goeie mamma!

    ReplyDelete
  2. Dankie Sonja, ook eens goed om het van een anderen te hooren - of so iets sê die hollanders. En kan jy glo my eie kinderkunstekeninge verbeter. Niemand sal kan glo dat ek wel kan teken nie as hulle dit sien nie. PS: ek het uiteindelik my eie Above Rubies gekry!! Groot verjaarsdagpersent - twee koeverte vol. Nou soek ek nog 7 mammas om dit mee te deel, ek het reeds twee ge i.d.

    ReplyDelete
  3. Gaan kyk gerus by Christo se blog wat skryf hy nou oor inentings,jy sal dit baie interessant vind! http://naturalmedicinetalk.blogspot.com

    ReplyDelete
  4. Ja, lees na oor inentings; relax oor die kleure-storie en los joghurt (spaar my kinders baie slym probleme), al 'koei' wat hulle soms inkry is kaas en hulle is baie gesond.

    ReplyDelete