Friday, 27 November 2009

Speel-speel uitspeel

Koninkje is lief daarvoor om uit te speel wat hy ook al sien. Dit het baie vroeg begin, en hou steeds aan. Ek hoor hom nou in die sitkamer speel. Die groot kenmerk van die spel is dat hy in 'n hoë stemmetjie praat.

Hier speel hy Cars-Cars. Lightning McQueen moet die pad wat hy gebreek het weer reg maak. Maar dit vat te lank om dit te teer. Hy gebruik dus al sy perdekrag om die pad vinnig klaar te maak. Ongelukkig is die pad vol hobbels.
Tannie Liezl het vir sy verjaarsdag 'n stelletjie werksvoertuie gegee, padrollers, stootskrapers ens. Een daarvan word Bessie was McQueen moet trek.











Al die 'inwoners' van Radiator Springs is baie ongelukkig daaroor.

















En later vergader hulle by Flo se garage.














En nadat die Bloubulle!!! gewen!!! het en ek vir die eerste keer in jare die wedstryd gekyk het
het Koninkje sommer rugby-rugby ook gespeel. Kyk die 'blou bulle' en 'cheetas'. Ons is nie groot sportkykers nie, dus weet hy nie daar is eintlik net twee pale nie. Maar hy het die vorms reg. En dit na net 'n kort rukkie se wedstryd kyk.





My uno jenga is daarmee heen, maar vandat dit ontdek is het dit al 'n baie goeie doel gedien. Paaie, mense, tolhekke, vliegtuie, karretjies, rugbypale, huise, ens.... So, eendag sal ek maar weer 'n stel gaan koop. O, ek het van die verkeerslig vergeet. Uit sy eie het Koninkje groen, geel en rooi blokkies bo-op mekaar gestapel en vertel dis die verkeerslig van Radiator Springs. (te sien net agter die pers pale. Hier dien dit egter die doel van die groot ligte.)

Wow, ek besef my kind het heelwat gesien wat ek nie eens aan hom uitgewys het nie. Die wonders van 'n kind se waarnemingsvermoë. Dit is iets wat ek die meeste geniet van homeschool. Dat mens soveel meer die wêreld deur jou kinders se oë kan sien en ontdek.

3 comments:

  1. Ai, soms wens ek so ons blog vriende kan ons kinders bymekaar kry. My David(3jr) en Andrew(4 1/2jr) sal darem lekker saam met Koninkje in Radiator Springs speel!
    Hulle is gereeld in die 'Cars-verbeeldings wêreld'.

    ReplyDelete
  2. Goed om weer van jou te hoor! Ja, die kinders sien baie keer meer as ons raak, dis lekker om 'n slag weer ons oë (eintlik alle sintuie) oop te maak en saam met hulle waar te neem.

    ReplyDelete
  3. Dit is nou lekker speel! So wonderlik is homeschool dat hulle hierdie vryheid het om te ontdek en te leer!

    ReplyDelete