Tuesday, 02 March 2010

Daai "wonderlike ding" genaamd VIRUS

So, na 'n hele paar weke se sukkel en die verlies van baie data en 'n klompie fotos is ek weer terug. Ai, nou soek ek maar wat ek verloor het. En oor dit wat altyd weg is, huil ek nie meer lang trane nie. Een van die dae kom Jesus weer en is al hierdie dinge nie meer van belang nie. Dan word alles op aarde vernietig en bly ons in heerlikheid by die enige God en Vader. En gelukkig is die blog in cyber space en is dis nie verlore nie.

Dinge wat eers so belangrik lyk is later nie meer so erg nie. Ons het 'n paar jaar gelede Simeon se fotos verloor van hy so 10 dae oud was tot op 3 maande. Eers was dit baie erg, en steeds sou ek dit graag wil terug hĂȘ. Maar na 'n paar jaar is dit nie meer so belangrik nie. Ons het steeds mooi fotos en baie meer as mense jare gelede gehad het. En ook maar goed daar is geen fotos van Jesus se tyd op aarde. Anders het mense daarvan ook heilige aanbiddingsmiddele gemaak.
Nou kan elke mens Jesus sien soos Hy is.

Ek is net bly om weer van elkeen te lees. Ek het dit die meeste gemis. Die vriende wat ek gemaak het deur blogging.

2 comments:

  1. Ester,
    Nogal gewonder waar jy is, dit was so stil...
    Hierdie gogga-manjofters in die kuberruim is genoeg om 'n mens gek te maak. Ek het in die laaste 2 weke die snaaksste eposse ontvang - en een gaan kliek - Foutjie!!! Alle geval, daarna het ek 'n paar ekstra virus-programme afgelaai vir (nog) beskerming (voel al of die kuberruim Suid-Afrikaans is - tralies en tronke)

    Bly om te sien jy is terug, ek ervaar ook nogal dat die "net"-vriende deel van 'n mens raak.

    Groetnis
    Marelize

    ReplyDelete
  2. Dankie, Huisvrou. En dis net lekker om mens se gedagtes te verwoord en te sien wat ander daaroor dink, kyk watter voorstelle hul het.

    ReplyDelete