Sunday, 07 March 2010

Border Bullies - of te wel die wat jou besluite bevraagteken

Ons was nou onlangs met Simeon by 'n Pediatriese Neuroloog by 'n staatshospitaal. Dit was 'n verwysing deur die spraakterapeute wat graag wil weet of sy brein die boodskappe van luister en praat reg verwerk. Dit het gevoel of hulle my derms uitryg, aangesien hulle baie vrae gevra het. Hy moet 25 Maart 'n MRI breinskandering kry - onder narkose (gas) anders kan hy beweeg.
Daarna wou hulle weet waar Simeon skool gaan. Ek begin die nut insien om mens se homeschool 'n naam te gee. So kan mens weg kom met ongemaklike vrae. Iets soos "Olyfboompies Voorskoolsentrum" (Ps 128) en dis 'n privaat insteling klink beter as homeschool. My huis is mos privaat. Dit kan uitgebrei word na laerskool en hoërskool.
En daar kry ek 'n hele ding oor die sosialiseringsaspek van hs. Dokters in staatshospitale lyk my grootliks hoofstroom en wyk nie af van die staatsmodelle nie.
En kan julle glo hulle sê hulle sal hom evalueer oor 'n tydperk en dan moet daar besluite geneem word. Amper op 'n trant van hulle sal besluit en ek sal daarby moet inval. En sê ek moet die hs heroorweeg. Stel toe Eduplex voor, 'n privaatskool wat veral spesialiseer in kinders met ADD/ADHD probleme lyk my. Maandelikse skoolgeld R1650!!!! Plus adminfooi en plekbespreekfooi vir die volgende jaar. Om dit te kan doen sal ek moet gaan werk, Joshua by 'n dagmoeder los en dan praat ons nie van die stadsverkeer, my baie beperkte klerekas wat uitgebrei sal moet word, ens.
En hierdie is alles ongevraagde inligting. Ek is daar vir die evaluering van my kind se brein. Ek het nooit raad gevra oor my keuse van skoling van my kind. Ek het eintlik geen raad gevra nie. Dis 'n probleem as mens self dokters as konsultante in jou en jou gesin se gesondheid begin sien, en hulle dink nog hulle het alle mag in die hand.
Ek hoop net nie ons het ons hiermee oop gestel vir vrae van die staat af oor hs nie. Maar gelukkig kan ek net sê: "Moenie met my praat nie, praat met my regsverteenwoordiger."

Dilemma 1:
Ek wonder of ons maar hier 'n paar veranderings moet aanbring en weer anoniem moet wees nie. Sal dit ons beskerm? Maar ek voel tog ek wil opstaan vir wat ek wil doen.

Boonop wil hulle hê ek moet vra vir 'n voorskrif van Risperdal. Hulle dring amper daarop aan. Wil dit voorskryf. Medikasie wat vir volwasse psigotiese pasiente voorgeskryf word. Kinders kry net 'n baie klein dosis. Dis omdat almal Simeon as hiperaktief beleef. Dis nou hoe hy optree die oomblik as hy onder druk geplaas word en net as hy nie by die huis is nie.
Nog iets waarvoor ek glad nie gevra het nie, en nie eens in gedagte gehad het nie. Een van die groot redes waarom ons ook homeschool. By die huis is daar geen druk nie.
Hulle het geen voorstelle oor dieet en gedragsverandering gemaak nie. Niks gevra oor ons program in die dag en Simeon se aktiwiteite nie, of hoeveel tv hy kyk nie. En toe ek daaroor vra was die antwoord dat dit niks sal verander nie.
VET CHEAK!!!!
Simeon was 'n baie rustige baba wat maklik geslaap het en ook baie nie baie aktief was en steeds nie is nie. Ek het van die begin af gesê ek sal lag as iemand hom ooit diagnoseer met ADD. En nou lag ek glad nie, ek is kwaad.
Hier moet ek erken dat ek besef het dat baie geleidelik die televisie (net dvd's en videos) vir my 'n kinderoppasser geword het. Ek het dit begin misbruik om nie die aanhoudende gepraat stil te maak. En ek het ook nie baie goed gekyk na hoe Simeon eet nie. Nadat ek dit verander het het baie dinge al verbeter.

Dilemma 2:
2. Risperdal. En die ding dat elke halwe kind met ADD/ADHD gediagnoseer word.

Ek wil nie Simeon aan klasse van 28 of 36 of 42 kinders blootstel nie. Ek WIL hom nou beskerm teen die wreedheid van kinders wat hom sal spot oor sy spraak (nie weghou van ander nie). Ek wil nie dat hy gedruk word om te leer lees nie, indien hy nie wil nie. Hy wil nou net skryf en nie lees nie.

Maar ek gaan my nie steur aan boelies, maar net hul vrae en besware gebruik om my besluit beter te verwoord vir myself.

6 comments:

  1. Soos die engelse hier in NZ sal sê: "Good on you!" Maar dit is maar 'n naarheid as die sogenaamde geleerdes vir jou wil ore aansit. Staan vas, staan sterk, trek jou wapenrusting aan voordat jy volgende keer gaan - trek vir hom syne ook aan. Ek voel maar ook nog baie sterk teen daai dwelms, het al berigte gesien van wat dit aan jou brein doen, aaklig! Jy's al sterk op die regte pad met die dieet. Lees maar bietjie op die "alternatiewe"-webblaai ook nog oor sulke hulpmiddelle. En ja, selfs "gewone" kinders tree anders op buite die huis - party gedra hulle skielik soos engeltjies en ander haak 'n bietjie uit - "so what!" Selfs daarin "train" ons hulle in hoe hulle veronderstel is om op te tree. Ek praat te veel - STERKTE!

    ReplyDelete
  2. Jong ek voel nes jy oor die homeschool en ja ons kry baie ongevraagde raad was nou onglangs weer in so situasie en ek wil graag opstaan vir wat ek glo en wat ek doen!
    Hoe kan 'n skool beter met jou kind werk?
    Jy ken jou kind en hoe lank gaan dit vat voor juffrou hom so ken, nooit!
    As ek jul storie so lees weet ek jy doen die regte ding!!!!!
    Ek het so gelag oor jou Olyfboompie voorskoolsentrum dis so 'n goeie plan!Ja weet jy eintlik hoef ons aan geen mens iets te verduidelik of verdedig nie!so dalk is dit 'n goei antwoord op vra!
    Ons bly in Botswana,ek het 2 dogtertjies een word Aug 5 en ander Julie 2!Ek borsvoed nog die kleintjie!

    ReplyDelete
  3. Het net hierdie week die kinders by dr Melodie de Jager laat toets (breinprofiele, persoonlikheid en dominansie-voorkeure) sodat ons vakkeuses en beroepskeuses in gedagte kan hou. Ek sal 'n inskrywing moet maak oor sekere aspekte wat sy aangeraak het rondom die breinontwikkeling van seuns vs dogters - was vir my 'n "eye-opener".

    Stuur die boelies maan toe, geniet die seuns en doen wat jou "gut-feeling" vir jou sê reg is (want ek glo nog dat dit Vader is wat so vir ons laat weet ons is reg.)

    ReplyDelete
  4. Dankie Petra, jy't goeie raad. Ons het dit darem weer oorleef al was ek BAIE moeg daarna. Sal kyk na die websites.
    Ek sukkel baie om my kinders te "train". Hulle raak maar altyd hiperaktief EN stil tussen ander mense.

    ReplyDelete
  5. Ai! Jy het sterte nodig!Ek weet presies waarvan jy praat. So n ruk terug het ons onsself byne bankrot gemaak aan dokters en sogenaamde terapeute en "kundiges" wat glo beter geweet het wat ons autistiese kind nodig het as ons,maar eers nadat ons duur lesse geleer het,was ons bereid om te LUISTER wat die Here vir ons probeer vertel het. En net deur op Hom te vertrou en my eie vaardighede op te skerp,kan ek nou nie glo hoe Ewan vorder sonder enige "hulp" van buite nie. Maar dit is net die pad waarskynlik wat ek moet stap,ek glo dat ek besig is om opleiding te kry in n veld waar die HEre my nog sal gebruik wanneer ek eendag genoeg weet en gereed is.
    Ek gee ook nie meer om wat ander dink nie,dit vat n rukkie om daar uit te kom,maar ek se nou net trots en reguit dat ek tuisskool en en weet ek hoef nie te verduidelik of te beindruk nie want ek WEET ek is waar God my wil he!In die begin het ek ook die vraag liewer ontduik en soms is dit nog beter want sommige mense sien dit as n geleentheid om te baklei.
    My een seun het so hiperaktief in winkels en tussen mense geword tot hy omtrent 9 was. Ek het na baie frustrasie n tegniek met hom gekry wat hom gehelp het. Ek het hom voorberei dat ons winkel toe gaan en as hy nog in die winkel so geraak het het ek sommer in n rak botstil gevries en vir hom ook gese: raak gou stil,luister... Asof hy iets moet hoor, en as ek sy aandag gehad het het ek gese ons kan nie so aktief in die winkel wees nie,ons gaan goed breek. Dit het dan gehelp om sy energie te verplaas deur hom "swaar" goed te gee om in die trollie te sit(en jy kan dit later weer uithaal of hy!)Dit werk soos n bom! En wanneer ons by mense is het ek ook voor die tyd sulke idees uitgedink en nou is die groot energie baie beter!
    Sterkte,jy is op die regte pad- daar sal jy altyd wind van voor kry!

    ReplyDelete
  6. Dankie almal vir wat jul gesê het, dit help net baie om te weet ander is ook in die situasies. En om te sien wat vir hulle werk.

    ReplyDelete