Wednesday, 11 August 2010

Piekniek in Cullinan

Op Vrouedag het ons gaan piekniek hou by Cullinan. Aangesien ons nie die dorp ken nie, het ons sommer op hierdie grasperk agter die touriste winkels beland. Maar dit was heerlik ontspanne met geen ander mense nie. Later het ons natuurlik gesien waar ons eintlik was.

Pappa se seuns. Daardie kleine ene wil nie stil staan of sit vir 'n foto nie.
Simeon is altyd baie opgewonde oor pieknieke en is die een wat alles uitgepak het. Ek het selfs as 'n verrassing appeltert en room gehad (maar dit was toe nie so 'n goeie een aangesien hulle roomys verwag het).

Simeon hou baie daarvan om fotos te neem.

Ek het hom gou geleer hou om die digitale kamera vas te hou. En die snaakste fotos kom gewoonlik uit.


En leergeleenthede is daar baie.
Ek het hierdie bome raak gesien en vir Simeon gewys. Dis 'n soort denneboom. Baie oud al. Die stam het ook binne gebrand in 'n veldbrand.

Fonteintjie in 'n ou bad.
Simeon het hom hieraan verwonder. Die hoekom vrae was weer baie. DIt lyk vir my baie oulike gebruik van ou goed.
Simeon voor die koekepanne.
Ons het rondgeloop tussen die ou myntoerusting. Daar is mooi bordjies by elke uitstalling en ons kon vir Simeon daarvan vertel.

1 comment:

  1. Ai dit lyk te heerlik.... Cullinan is altyd 'n lekker ontspannings plekkie vir ons ook as die gewoel in die stad te erg raak.

    ReplyDelete