Sunday, 24 October 2010

Ladybird, ladybird


Ladybird, ladybird
fly away home
your house is on fire
your children all gone

Iets waarvan ek heeltemaal vergeet het met die uitstappie na Cullinan was die lieweheersbesie wat op ons piekniekkombers kom sit het. En ek kon dit vang om saam met Simeon te bekyk. Hy vra toe onmiddelik na die sagte binnevlerkies wat beskerm word deur die gekleure harde doppies. En ons praat oor ander kleure lieweheersbesies wat mens nog kry. Die een wat ons gevang het was wit.

Maar die eerste ding wat ek gesien het toe ons gestop het was die molshope. Ons het daarheen geloop en die grond weg geskep om die tonnel te bekyk. Dit loop skuins af na onder en is maar sowat 5cm in deursnee.
'n goue mol

Simeon wou weet hoe ver 'n mol kan grawe in een nag. By die huis het ons gaan Google en op Wikipedia gesien hulle kan in een nag sover as 6 km grawe. Ons het heelwat inligting gekry en is besig met 'n Power Point Presentation om al hierdie inligting te gebruik. Op hierdie manier kan ons papier spaar en die omgewing bewaar. Die PPS sal ek dan op Simeon se rekenaar laai sodat hy weer en weer daarna kan kyk.
Die een foto wat ek vergeet het om te neem is die van die molshope. Indien iemand vir my 'n mooi foto het van molshope in hulle tuin - of in 'n ander tuin - sal ek dit baie waardeer.




1 comment:

  1. Esther dit is nou 'n uitstekende idee om 'n PPS te maak. CJ het toe hy 9 was so 'n aanbieding gedoen oor Knysna, nadat hy die bestudeer het en ons toe daar gaan vakansie hou het. Ek het skoon daarvan vergeet. Ek gaan dit beslis gebruik met die jonger kinders.
    Dankie vir die deel!
    Liefdegroete

    ReplyDelete