Ons het 'n week se tuisonderrig agter die blad. Wel, vir amptelike doeleindes, waar ek boek hou van wat ons doen. En die neerskryf gaan lekker wyd. Alle aktiwiteite word een of ander tyd, nie terwyl ons dit doen nie, geƫvalueer om te sien of ek iets daaroor kan neerskryf.
Wanneer ek na die individuele dae kyk voel dit of die suksesse gemeng was. Maandag goed, Dinsdag, nie so suksesvol, Woensdag gemeng en die res van dieweek.... Maar die hele week het tog goed verloop.
Teken die Psalms:
Hierdie idee het by my op gekom terwyl ek gedink het wat ons kan doen vir Bybellesse. Ons lees 'n Psalm en dan teken Simeon en ek elkeen 'n prent daaroor. Elke Psalm is egter nie so geskik daarvoor nie, en ek lees eers die Psalm om te dink wat ons daaruit kan teken
Simeon: Die weg met die goddelose wat ons nie moet volg nie. Die ongelukkige man is die godeelose, en selfs die son is nie tevrede met sy weg nie.
Ons het met klei gespeel en kleure gemeng. Die otter is vir "Die Wind in die Wilgers".
Reg onder is Simeon se eerste poging van 'n slang. Daarna het ek een gemaak (links onder) en het Simeon weer een gemaak (regs onder).
Dit is wonderlik om elkedag jou kinders se vordering so saam met hulle te deel.
ReplyDelete