Friday, 18 September 2009

Walvisse

Ons het gister 'n baie interessante dag gehad oor Walvisse. Het begin met 'n storie oor walvisse wat deur Pick-a-Pay uitgegee is, Whale - An Animal at Risk Book. Ek het so 'n klein bietjie verander aan die storie aangesien dit nie christelik is nie. Die spirit whales het ek gesê is engele wat as walvisse gekom het. Dit het ook tot 'n interessante bespreking gelei oor God se hulp aan ons deur middel van engele.

Daarna het ons 'n video gekyk, "Wanderers of the Deep , the mysteries of whales". Die video volg 'n 'humpback whale' van die geboorte van haar kalf in die suide van die oseaan by Argentinië tot by die die somer 'feeding grounds' by Alaska. En die lees van ons natuurboek waarin daar baie oor walvisse geskryf is.

Vandag is 'n besige dag met LLL en 'n verjaarsdag van 'n vriendin maar volgende week sal ons verder gaan met walvisse en sommer dalk ander seediere aangesien Koninkje more 'n verjaarsdagpartytjie het met die tema: onder die see. Ons moet nog klere kry/maak want die verjaarsdagmaatjie se opdrag was dat almal soos iets onder die see moet aantrek.

2 comments:

  1. Pos tog vir ons foto's van Koninkje in sy 'onder-die-see'-klere!

    ReplyDelete
  2. Slegte nuus, ons was nie by die partytjie nie. Sal blog daaroor.

    ReplyDelete