Thursday, 03 December 2009

Praktiese raad wat ons by die werkswinkel gekry het gaan my nou baie help. Een van die onderwerpe wat behandel sou word is kurrikulums. Ek was nogal bang dat ons sou toe gegooi word met verskillende opsies wat baie belowend lyk. Die teendeel was dat dat geen kurrikulum eens genoem is nie. Die volgende voorstelle is gemaak.



Lees baie vir jou kinders. Selfs al kan hulle reeds lees hou kinders steeds daarvan. Ek moet bieg dat ek steeds daarvan hou dat my ma stories vir my kinders lees. Ek kan ure na haar stem luister en dit neem my na baaaiiieee jare gelede...op die plot... om die tafel in die kombuis, of in ons kamer...stories...van der Hulst...



Lees dus 'n minimum van 1 uur per dag vir jou kinders.


  • 70% daarvan stories, kortverhale, gedigte, liedjies - dit stimuleer verbeelding, en dit help weer met skeppende denke, wat weer probleemoplossings aanhelp. Dit word gebruik in die wetenskap, sakewereld, intrepreneurskap.

  • 30% Biografieë -d.w.s lewensverhale van mense, Reisverhale, Natuur ens. Hier is 'n atlas en aardbol van ontskatbare waarde aangesien dit geskiedenis en aardrykskunde is.

Onthou:



  • Jy besluit wat jy vir hom wil lees. Later kan hy bepaal, maar hierdie uur is 'joune'. Mens lees natuurlik altyd wat die kinders in belangstel.

  • Die kind moet nie gedwing word om stil te sit nie. Hulle kan teken, speel, bollemakiesie slaan, solank hulle nie steur en lawaai nie. Kinders neem baie meer so in.

  • Daarna moet hy dit terug vertel - dis nie 'n begripstoets nie, maar informele gesprek

  • 'n Kind se ouditiewe persepsie ontwikkel so, sy woordeskat, wat denke aanhelp.

  • Kinders leer wat is belangrik en wat is sekondêr.

  • Leer artikuleer en formuleer

  • Leer om logiese volgorde te handhaaf


No comments:

Post a Comment