Wednesday, 02 December 2009

Tuisonderrig werkswinkel

Saterdag het ons die werkswinkel van Pestalozzi Trust bygewoon. Dit was baie insiggewend en ek sal so iets aanraai aan almal wat dit kan doen. Veral in die begin om jou te help om besluite te neem. Dit was veral vir my man 'n goeie ding aangesien hy nog nie so oortuig is van home schooling nie. Hier is Leendert van Oostrum besig om ons 'n paar skokkende dinge oor 'n skoolhandboek te vertel.
Wat vir my van belang was is dat
  • Ons kinders 16 loopbaan veranderings gaan maak (nie werksveranderings nie)
  • Inligting teen 'n spoed verouder
  • Ons kinders moet weet waar om geldige, betroubare, relevante inligting te bekom

Daar is 'n verskil tussen opleiding en opvoeding.

Opleiding is waar mens van buite af kyk. Soek 'n leemte in die mark, ondersoek dit, skryf opleidingsmateriaal /kurrikulum, lei opleiers op, leer dit aan studente.

Opvoeding is die teenoorgestelde. Mens kyk nie na die omgewing maar na die student. In ons geval na jou eie kind. Kyk na sy talente, gawes, persoonlikheid, potensiaal. Dan ontwikkel mens die kind maksimaal. So 'n persoon kan homself help in 'n veranderende wereld.

Die persoon wat so opgevoed is, lei homself op. Hy kan sy eie beroep skep.

Leendert het daarna gesê dat as jy nie opvoeding en opleiding aan jou kind kan gee nie, gee hom dan die opvoeding en los die opleiding vir hom.

So tussendeur het Koninkje die kamera beet gekry en 'n paar fotos geneem - nee, eintlik baie, maar net 'n paar is bruikbaar.

Die werkswinkel deur die oë van 'n tuisskool kind.

Die ete

Boetie Huffet
'n Interessante vorm...

...en wat dit eintlik was

My klein voetjies van hier bo af







Daar is ook gepraat oor die wetlike aspekte van tuisonderrig/home schooling. Oor die Grondwet, die skole wet, beleid, prosedures en praktyk.
Een ding het sterk uit gekom. Ons het regte, ons kinders het regte. En ons moet dit self beskerm. Net jyself kan dit beskerm, deur dit uit te oefen. Indien nie, verloor mens die reg.
Niks kom in werking as mens dit nie self in werking stel nie.
Ons het die reg op tuisonderrig. Ons moet dit self uit oefen.
Oor dit wat ek prakties vir ons geleer het sal ek volgende keer skryf.

5 comments:

  1. As jy nou mooi kyk,op die boonste foto, agter die man met die bont strepies hemp, net agter (of is dit nou voor) hom, sit ek!!

    As ek nou geweet het jy is ook daar, dan sou ek seker meer opgelet het, maar ek het Donderdagmiddag laat vanaf NZ teruggekom en was definitief nie Saterdag my beste self nie!

    Darem wonderlik hoe hierdie werkswinkels 'n mens net weer laat besef dat jy die regte keuse gemaak het, dat jy op koers is...

    Wel, jy het my nou nie ge"kiek" nie, maar my man se bolyf is sigbaar.
    Groetnis

    ReplyDelete
  2. Dankie, sou graag jou wou ontmoet het. Ons was/is die gesin met die twee klein seuntjies wat so groot plek agter ingeneem het. Met die een wat nou net begin loop het, en heeltyd wou.

    Ja dit het baie gehelp om my op koers te kry. My man is net nog nie heeltemaal daar nie. Wil nog die kinders na 'n CVO skool toe stuur. Moeilike situasie.
    Hoop dit word gou uit geklaar.

    ReplyDelete
  3. Thanks for stopping by my blog! Was lovely to read over yours-my afrikaans is definitely improving between all the afrikaans home schoolers I'm meeting!
    I'm looking forward to getting to know you!
    When I return from our holiday and we've settled in again I will start sharing what I have learnt about Charlotte Mason, please stop by again so we can compare notes! Till then, have a wonderful Christmas!
    Blessings, Nikki Olivier

    ReplyDelete
  4. Esther,ek is so bly jy was daar!Ek bly te ver om dit by te woon, maar Leendert was eenkeer lank terug toe ons net begin het in Lydenburg en wat hy te se gehad het het my nooit weer laat terugkyk nie, ek wens ek kon meer van sy goed bywoon. Jy moet gerus nog meer vertel!

    ReplyDelete
  5. My beste raad wat eerste in my kop opspring aan jou man is om 'n bietjie in die geskiedenis te gaan lees wie almal getuisonderrig is. Van Amerika se beste (en heel moontlik eerlikste) presidente tot uitvinders (soos Albert Einstein! en nog vele meer). Nie dat ons kinders nou presidente gaan word of genies is nie, maar dit wys jou net dat jy nie 'n skool opleiding nodig het om opgevoed te wees en 'n verskil in die lewe te maak nie.

    ReplyDelete