Friday, 30 July 2010

Middagete!

Vanmiddag, terwyl ek Joshua in die bed sit, hoor ek Simeon dringend roep. Ek ignoreer maar eers omdat ek wil seker maak Joshua slaap. En toe ek in die kombuis kom, staan Simeon voor die stoof. Hy het besluit om sop te maak. Groentesop, as ek dit so mag noem.



Die "Groente"sop

Ek is nie seker wat alles daar in is nie, maar twee van die bestandele is 'n 'bietjie' koffie en suiker. Daarom dat ek wonder of mens dit groentesop mag noem.

En daarna moes ek dit eet. Maar langtand daaraan geproe, met baie geveinsde entoesiasme. Gelukkig het die kok self gese hy proe nie lekker die smaak daarvan nie. Overgezetzijnde: dit smaak nie lekker nie.

1 comment: