Saturday, 08 February 2014

Natuurstudie - 'n Wandeling in ons woonbuurt

Vanoggend terwyl ek terug kyk na al die posts wat ek al gedoen het, vind ek 'n paar wat nog nie klaar was nie.  Hierdie natuur uitstappie voel soos 'n ander lewe en tyd, in Pretoria meer as twee jaar gelede.  Ek kan nie meer die foto's opspoor om 'n datum hieraan te koppel nie.

Ons het sommer net om die blok gestap, nogal 'n groot blok.  Ek het eers gaan stap vroegoggend en die miernes gevind, en sommer besluit dit sal 'n goeie natuur uitstappie wees.  Ons het al voorheen 'n miernes teen 'n lamppaal bekyk en kon ook die twee met mekaar vergelyk.

Joshua kyk na die luggat van die miernes

Die aansporing vir die wandeling was 'n suigstokkie by die kafee op die hoek, wat natuurlik toe nou 'n baie blou gesig, hande en vingers tot gevolg gehad het. Maar ons aanvaar dit so, "hoe anders sal ons ooit sien dat dit ons seuntjie is".

Die nes van bo gesien



Die apie binne 'n erf moes eers gegroet word en ook 'n vryfie kry.  Ons kon ook oor veiligheid praat.

  • Moenie sommer jou hand deur 'n heining steek nie.
  • Kyk uit vir honde.
  • Moenie honde net benader en vryf sonder dat die eienaar by is en toestemming gee nie.
  • En, nee, hierdie apie is vriendelik.



Ons natuur / kuns tafel.

'n Veer, mooi klip en nessie om bestudeer te word

No comments:

Post a Comment