Showing posts with label opstaan. Show all posts
Showing posts with label opstaan. Show all posts

Monday, 24 August 2009

In die stof gebyt - Hufet sny tand en die Jasmyne blom

Vandag het ek al weer geval, totaal in die stof gebyt. Niks wou vandag reg loop nie. Huffet het nie goed geslaap nie. O ja, hy het die naweek twee keer op ons bed opgegooi. So twee keer bed skoon maak. Toe sien ek Sondag hy sny sy eerste kiestand. Koninkje het nooit enige probleme gehad selfs met kiestande nie en ek het nie eens geweet wanneer hulle uit kom nie. Maar nou sit ons met doeke ens.
Gewoonlik slaap Hufet so 3 ure aan mekaar en kan ek en Koninkje iets doen. Maar nie vandag nie.

Maar ek het besluit ek sal weer op staan. More is nog 'n dag. Die Jasmyn het begin blom. Die dae word warmer - en die aande. Moet net nie na manlief kyk as hy slaap nie - jy sal nie glo dit word warmer nie.

So, aangesien dit lyk of die hs groep nie Woensdag by ons huis by mekaar sal kom nie, kan ek maar relax en Koninkje laat bome teken ens. Hy sal baie teleurgesteld wees aangesien hy net praat van hoe die maats by hom gaan speel. Maar daai praat is nog 'n ander saak vir 'n ander keer se bloggerol.