Showing posts with label verandering. Show all posts
Showing posts with label verandering. Show all posts

Wednesday, 20 January 2010

Verandering = vakansie???

Ek weet nie so mooi van daardie ene nie, maar ek het besluit sekere dinge hier moet verander. Toe ek begin het om te blog, was ek nuut in hierdie goed. Ek het 'n paar jaar gelede probeer maar ek en rekenaars is nie altyd maats nie. Iets gaan maar baie keer skeef. (kan jul glo ek het al weer my yahoo naam vergeet, ek weet nie hoeveel ek al het nie)
Nou is 'n blog oor net my homeschool journey te eng en ek wil meer skryf, meer oor my lewe. Ek het 'n paar ander blogs waar ek nog nie iets noemenswaardig geskryf het nie. So, nou gaan ek dit kombineer.
Ek het ook besluit dit raak te moeilik om totaal anoniem te bly. Koninkje is Simeon, nou 5 jaar en 7 maande en Hufet is Joshua, nou 1 jaar en 7 maande. Dit was nie so beplan nie maar hulle verjaar, agv 'n nood-geboorte, 1 dag uit mekaar.
My naam is Esther, maar ek hou maar by AutumnVine. Die hersblare in die hexrivier by De Doorns sal my altyd by bly. Ons moet die lote wees ingeplant op Jesus, die wingerdstok. Ek is mal oor kleure, ek wil nie net altyd groen wees nie. Nee, oranje is nou my gunsteling. As ek soos my PinkHairGirl vriendin was... wel ek dink oranje hare is dalk bietjie te erg.

Later nog meer veranderinge. Amper 'n vakansie werd. Hou net korter.