Ons het gister 'n baie interessante dag gehad oor Walvisse. Het begin met 'n storie oor walvisse wat deur Pick-a-Pay uitgegee is, Whale - An Animal at Risk Book. Ek het so 'n klein bietjie verander aan die storie aangesien dit nie christelik is nie. Die spirit whales het ek gesê is engele wat as walvisse gekom het. Dit het ook tot 'n interessante bespreking gelei oor God se hulp aan ons deur middel van engele.
Daarna het ons 'n video gekyk, "Wanderers of the Deep , the mysteries of whales". Die video volg 'n 'humpback whale' van die geboorte van haar kalf in die suide van die oseaan by Argentinië tot by die die somer 'feeding grounds' by Alaska. En die lees van ons natuurboek waarin daar baie oor walvisse geskryf is.
Vandag is 'n besige dag met LLL en 'n verjaarsdag van 'n vriendin maar volgende week sal ons verder gaan met walvisse en sommer dalk ander seediere aangesien Koninkje more 'n verjaarsdagpartytjie het met die tema: onder die see. Ons moet nog klere kry/maak want die verjaarsdagmaatjie se opdrag was dat almal soos iets onder die see moet aantrek.
"sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug" Ps 144:12
Showing posts with label verjaarsdag. Show all posts
Showing posts with label verjaarsdag. Show all posts
Friday, 18 September 2009
Saturday, 05 September 2009
Verjaarsdag
Dit was gister my verjaarsdag en ons het 'n heerlike dag gehad. Pappa moes baie vroeg werk so ons moes maar self wakker word, so lekker langs my twee seuntjies.
Hulle gesigte toe hul die sitkamer sien! Ek het besluit om 'n verjaarsdagtradisie te begin. Ek versier die sitkamer met streamers, chinese stringe en balonne. So, toe doen ek dit vir my verjaarsdag ook. Die kinders moet darem ook die hele dag sien iemand verjaar. Dit was pret om veral vir Hufet dop te hou oor al die goed wat so hang. Veral die balonne. Ohhh!!
Die beste persent was dat my ma kon koffie drink. Ons bly nou naby aan mekaar.
EN ek het die nuwe Audrey Blignault boek by my ma gekry wat haar dogter Marie Heese opgestel het. "Uit die dagboek van 'n vrou". Dit is 'n autobiografie saamgestel uit al AB se essays oor al die jare.
So met die verjaarsdag en spraakterapie het ons nie ver gekom met onderrig die week nie.

Labels:
gesinstradisie,
tradisie,
verjaarsdag,
verjaarsdagtradisie
Subscribe to:
Posts (Atom)