Saturday, 05 September 2009

Verjaarsdag

Dit was gister my verjaarsdag en ons het 'n heerlike dag gehad. Pappa moes baie vroeg werk so ons moes maar self wakker word, so lekker langs my twee seuntjies.

Hulle gesigte toe hul die sitkamer sien! Ek het besluit om 'n verjaarsdagtradisie te begin. Ek versier die sitkamer met streamers, chinese stringe en balonne. So, toe doen ek dit vir my verjaarsdag ook. Die kinders moet darem ook die hele dag sien iemand verjaar. Dit was pret om veral vir Hufet dop te hou oor al die goed wat so hang. Veral die balonne. Ohhh!!

Die beste persent was dat my ma kon koffie drink. Ons bly nou naby aan mekaar.

EN ek het die nuwe Audrey Blignault boek by my ma gekry wat haar dogter Marie Heese opgestel het. "Uit die dagboek van 'n vrou". Dit is 'n autobiografie saamgestel uit al AB se essays oor al die jare.

So met die verjaarsdag en spraakterapie het ons nie ver gekom met onderrig die week nie.

4 comments:

  1. Ek hou van jou verjaarsdag-idee,dis baie oulik!
    Geluk met jou verjaarsdag, ek hoop daar sal nog vele wees!

    ReplyDelete
  2. Mmm, goeie visuele herinnering! Die tradisie wat ek begin het is dat die ou wat verjaar geen takies die dag hoef te doen nie (as 'n bederf) en daardie aand se ete kan kies (gewoonlik wegneem!). Die ander outjies "bless" dan so die ou op sy verjaardag deur sy takies vir hom te doen.

    ReplyDelete
  3. Petra, ek sal onthou van die ete. En ek hou baie van Linnie se verjaarsdagkoeke.

    ReplyDelete
  4. O ja, elke verjaardag het ook 'n tema-koek. Ek het al wonderre verrig met 'n baba in die een arm en 'n versiermes in die ander hand! Dis heerlik stresvol! Ons neem ook die kinders alleen en saam af by die koek om in die toekoms terug te kyk na hoe hulle gerek het. Dis ook lekker om daarna te kyk as jy die dag "af" voel - 'n "pick me up" - kyk net wat het jy al vermag!

    ReplyDelete