Friday, 28 January 2011

Net een oomblik

by Eidie
{A Friday ritual inspired by other blogs. A single photo from this past week, or.... no words.... just a moment captured in time. If you feel inspired to share.... leave a link in the comments with your moment.}

Thursday, 27 January 2011

Tuisonderrig vir Joshua

Joshua in die Pretoria Dieretuin.

Joshua is nou net oor 2½ jaar oud. Hy geniet die lewe voluit en ondersoek ALLES. Hy is ook meer avontuurlustig en dapperder as Simeon. Niks is meer veilig nie en niks is "heilig" nie. Hy het gistermiddag my tafel verwoes terwyl ek met my suster gepraat het. En vandag die suikerpot met 'n hele bottel baba olie opgevul!!
Hy's gelukkig ook baie liefdevol en sal graag by my kom sit wanneer ek stories lees, vir 'n baie kort rukkie.

Joshua was so geïntreseerd in die sirkus, en het natuurlik die narre baie geniet.

Vir my is dit nie so belangrik om Joshua nou formeel te leer of 'n program te volg nie. Alles wat hy doen en alles waarin hy belangstel is leergeleenthede. Ek praat baie met hom oor wat hy doen, wat dit is, wat ons daarmee doen. En buitendien kry mens nie baie samewerking as jy iets met hom wil doen nie, die luistervaardighede moet nog baie ontwikkel.

Met die stokkies en balletjies stel.

Wanneer hy met iets speel sal ek probeer om soms saam te speel. Alleenspel is baie belangrik, hulle leer so hulle self besig hou. En om self te probeer, self te skep. Met hierdie speelgoed (in die foto hierbo) speel ek wel saam aangesien die balletjies klein is en tog so maklik in die mond gesit word.

Die wat weet sê mos dat alles wat deur 'n toiletrolletjie kan gaan kan in 'n keelgat ook af.

Dit gesê, het ek wel die Before Five in a row boek. Ek het al twee boeke in Afrikaans opgespoor in die Waverley Biblioteek. Joshua luister egter nog nie na stories nie. Ek sien wel dat gereedheid besig is om te ontwikkel. (As iemand egter die hele lys van Afrikaanse boeke het sal ek dit waardeer as julle dit kan e-mail.)

Joshua, dis alles geel.

Een ding waarop ek wel baie konsentreer is kleure. Ek het nooit met Simeon agter gekom dat ek hom kleure en vorms leer nie. Ons het dit so in die speel gedoen en hy het dit baie gou geleer.
Met Joshua het ek net meer opgelet, soos dat ek nou voel hy is gereed daarvoor, en dat ek dit wel doen. Net soos met Simeon, maar ek's meer bewus daarvan.
Alle kleure is nou nog groen (toen). So, as ons sukkel met ander wys ek sommer 'n paar groenes sodat hy "reg" kan wees.

Estienne, Joshua en Jolinda

Baie tyd word spandeer aan spraakterapie. Joshua het baie van sy terapeute gehou, maar omdat hulle 4de jaar was, moet hy hierdie jaar nuwe terapeute kry. Beide het goed geslaag, Estienne het haar Graad gecum.

Net nadat die spraakterapie laasjaar opgehou het, het Joshua weggetrek en begin praat. Hy het in 'n baie klein tydjie 'n baie groot woordeskat opgebou en sê alles agter ons aan.

Joshua is baie nuuskierig, hier ondersoek hy die reenwater dreinpyp op die stoep van die vakansie huis. En groot was sy verbasing toe ek van anderkant die stoepmuurtjie deur die pyp met hom praat. Dit was die hele week een van gunsteling aktiwititeite.

Joshua voer die bokkies
Nadat Joshua gesien het hoe ek die bokkies voer het hy dit met volle oorgawe gedoen. Hy't selfs sy hand in hulle bekke gesteek en was glad nie bang nie.

Simeon laat Joshua (en hond) hurte-hurte perdjies speel.

Een van die baie belangrike dinge in die kinders se lewens is dat ek graag wil hê hulle moet maats wees en vriende bly. Dis een van die voordele van tuisonderrig wat my baie aantrek. Met die vier jaar ouderdomsverskil is dit vir my 'n prioritiet.

Met Joshua se geboorte was hy blou en het hy ook opgehou asemhaal. Hy was 'n week in ICU waar hy geleer moes word om self asem te haal. Ek is baie bly dat hy geen breinskade opgedoen het nie en weet ons is ook baie bevoorreg.

EK hoop op baie jare se heerlike informele en "meer formele" leergeleenthede en tuisonderrig.

Friday, 21 January 2011

Net een oomblik


{A Friday ritual inspired by other blogs. A single photo from this past week, or.... no words.... just a moment captured in time. If you feel inspired to share.... leave a link in the comments with your moment.}

Thursday, 20 January 2011

Poësie

Die maklikste van alles wat Charlotte Mason aanbeveel is vir my poësie. Ek het eers gedink dit gaan moeilik wees. Maar ek het besef ons doen dit al reeds.

Elke aand net voor slaaptyd lees ek 'n paar gediggies vir die kinders. Daar is een vir Simeon en een vir Joshua wat ons elke aand lees. "In die land van Marmelade" (Simeon) en "Katjie, katjie Nelletjie" (Joshua). En een dag uit die bloute sê Simeon sommer die gediggies self op. Eers die "Katjie" gediggie en later "In die land van..." En nou is dit 'n speletjie: Ek sê 'n paar woorde en dan sê Simeon 'n paar. Groot pret.

Ek gebruik "Kleuter-Verseboek" van D.J Opperman gedatteer 1957. Sommer vir interessantheid - Die boek het behoort aan L. Els met die datum Mei 1959. Ons het die boek gekoop in Mei 2009. 50 jaar later.

Ek gee hiermee die woorde van "In die Land van Marmelade". Dis so oulik en het baie geleentheid geskep vir gesprekke oor allerhande goed soos lande, jakkalsdrade, ens, wat ons stadskind nie ken nie.

In Die Land Van Marmelade
In die land van Marmelade,
Woon 'n seker Jan van Stade'
En hy gee so baie rade-
Hy't selfs raad teen jeremiade.

In die land van Marmelade,
Toegespan met jakkalsdrade,
Leef hul net van sjokolade,
Help-my-druppels en genade.

In die land van Marmelade,
Ly die mense baie skade-
Dis deur al die goeie rade
Van oom Jannie en sy gade!

A.D. Keet

En hierdie gediggie het aanleiding gegee tot Paddington stories. Ek moes maande lank, en ek bedoel maande lank, elke aand 'n Paddington storie vertel. Ek het maar opgemaak en bygevoeg en gedink. Meestal het Simeon ook in die stories verskyn as maat, buurman, helper ens. Dis eers met kwaai woorde wat ek dit kon stop sit, aangesien die stories begin inmeng het met slaaptyd.

Ek sal hierdie manier van poësie leer beslis aanbeveel aangesien dit maklik is. 'n Volgende blog sal vertel van die lang gedig wat Simeon so vinnig kon opsê.

Monday, 17 January 2011

Boekvoorlesing

DIE WIND IN DIE WILGERS - Kenneth Grahame

'n Afrikaanse vertaling deur Andre P Brink van 1974.
MySpace Comments

Ons het laasweek hierdie boek klaar voorgelees. Simeon was gaande daaroor, en wou net he ek moes tydig en ontydig die boek lees.

Ek sou graag op 'n manier 'n lapbook daaroor maak maar het nog nie voorbeelde daarvan op internet gesien nie. Die boek het 'n kaart voorin en lyntekeninge. Ek het besluit om 'n paar fotostate te maak en dan dit te gebruik. Ek kan die boek werklik aanbeveel vir kinders vanaf 5 jaar. Die taalgebruik is baie mooi en dis 'n lus om te lees.

Daar is twee of drie tonele wat ek uit gelaat het of bietjie gesensor het. Ek sal dit dalk oor twee of drie jaar weer lees en dan daaroor praat.

1. Mol se besoek aan die Wilde Woud het baie lang beskrywings wat maar saai word, so ek het dit oor geslaan.
2. Rot en Mol se soektog na Vettetjie die ottertjie. Ek het hier die deel oor Pan gesensor. Ek sal as Simeon heelwat meer geestelike volwassenheid bereik met hom praat oor afgode en gode. Nou beperk ons dit en hou dit so min as moontlik.

Tuisonderrig "begin"

Ons het 'n week se tuisonderrig agter die blad. Wel, vir amptelike doeleindes, waar ek boek hou van wat ons doen. En die neerskryf gaan lekker wyd. Alle aktiwiteite word een of ander tyd, nie terwyl ons dit doen nie, geëvalueer om te sien of ek iets daaroor kan neerskryf.

Wanneer ek na die individuele dae kyk voel dit of die suksesse gemeng was. Maandag goed, Dinsdag, nie so suksesvol, Woensdag gemeng en die res van dieweek.... Maar die hele week het tog goed verloop.
Aangesien ons unschool met Charlotte Mason se idees gemeng, maak dit nie werklik saak nie. Maar sou die Departement ooit in stap het ons iets om te wys. Dis nou as hulle aanhou, en verby my en Pestalozzi Trust kan kom.

Teken die Psalms:
Hierdie idee het by my op gekom terwyl ek gedink het wat ons kan doen vir Bybellesse. Ons lees 'n Psalm en dan teken Simeon en ek elkeen 'n prent daaroor. Elke Psalm is egter nie so geskik daarvoor nie, en ek lees eers die Psalm om te dink wat ons daaruit kan teken

My Psalm 1... Die boom langs die waterstroom.

Simeon: Die weg met die goddelose wat ons nie moet volg nie. Die ongelukkige man is die godeelose, en selfs die son is nie tevrede met sy weg nie.

Kuns:
Ons het met klei gespeel en kleure gemeng. Die otter is vir "Die Wind in die Wilgers".
Reg onder is Simeon se eerste poging van 'n slang. Daarna het ek een gemaak (links onder) en het Simeon weer een gemaak (regs onder).


Friday, 14 January 2011

Net een oomblik

{A Friday ritual inspired by other blogs. A single photo from this past week.... no words.... just a moment captured in time. If you feel inspired to share.... leave a link in the comments with your moment.}

Tuesday, 11 January 2011

Uithou, aanhou, moedhou, kophou

Don’t Quit

When things go wrong, as they sometimes will,

When the road you’re trudging seems all up hill,

When the funds are low, and the debts are high,

And you want to smile, but you have to sigh,

When care is pressing you down a bit,

Rest if you must, but don’t you quit.

Life is queer with its twists and turns,

As everyone of us sometimes learn,

And many a failure turns about,

When he might have won had he stuck it out.

Don’t give up though the pace seems slow,

You may succeed with another blow.

Ofter the goal is nearer than,

It seems to a faint and faltering man,

Often the struggler has given up,

When he might have captured the victor’s cup,

And he learned too late when the night slipped down,

How close he was to the golden crown.

Success is failure turned inside out,

The silver tint of the clouds of doubt,

And you never can tell how close you are,

It may be near when it seems so far,

So stick to the fight when you’re hardest hit,

It’s when things seem worse,

That you must not quit.

-Author Unknown-

Die skrywer hiervan is onbekend, maar vandag, toe niks wou uitwerk nie, het dit my bemoedig. Ek het kop onderstebo by my tafel kom sit, en die kaartjie met hierdie woorde gelees....


More sal ek weer aangaan. Weer begin. Weer... weer... weer...


Friday, 07 January 2011

Net een oomblik



Uitstappie: Pretoria Dieretuin.

In die vakansie het ons Simeon en Joshua na die dieretuin geneem.

Dit was die eerste keer, maar die kinders was al by verskeie diereplase en ook in die Kruger Wildtuin. Dit was 'n warm dag en ons het dit rustig gevat. Die ruskansies het Simeon tyd gegee om dit wat hy gesien het te verwerk en vrae uit te dink. Ons het komplimentere kaartjies gehad (nog van die sokker) en kon so minder as die helfte van die toegangsgelde betaal, 'n groot bonus vir die somervakansie!!

Rooi-riviervarke van Wes en Sentraal Afrika.

Die glimlaggie sê alles. Getroue hond, Bernard, moes ook alles mee maak.

Ons kon daarom met die kabelkarretjie ry en dit was lekker om die kinders se gesigte dop te hou. Simeon, die versigtige, het darem ontdooi en ook bietjie na onder gekyk.

Ons het die voertye gemis, maar Simeon het sommer self die diere kos gegee. Ek wend net die kinders wil mens soms die kans gee oms die kamera gereed te kry voor hulle al die oulike goed doen. Al die staaldiere is kos gegee, maar hier kon ek ten minste 'n foto neem.

Baie dinge het verander in die jare vandat ek as kind na die dieretuin gekom het, maar die een ding wat dieselfde bly is die flaminke by die ingang. Dit voel of daar niks verander het nie, hulle staan steeds daar, soek kos en bou neste.
Ek weet hierdie is indringer plante, onkruid, "gemors", maar die blommetjies bly maar mooi. En die foto het mooi uitgekom...

Die bere wat Joshua die meeste geniet het. Wel Simeon ook, want hy "ken" al meer van hulle deru stories.

Die kinders het hulle vergaap aan die snaakse dier - nie 'n bok of 'n sebra nie. Dis 'n Okapi uit die woude van sentraal Afrika.

Daar is baie inligtingsborde, wat die besoek 'n plesier gemaak het. Ek het baie fotos daarvan geneem sodat ons dit later kan gebruik.

En my gunsteling dier - die luiperd.


Ons sal weer later hierdie jaar die dieretuin besoek en dan meer spesifiek na sekere diere gaan kyk. Ook sal ek eers Simeon daarop voorberei en inligting nalees om dit groter leerervaring te maak.

Sunday, 02 January 2011

Net een oomblik

Vrydag 31 Desember 2010

Net een oomblik

Vrydag 24 Desember 2010