Showing posts with label Cullinan. Show all posts
Showing posts with label Cullinan. Show all posts

Saturday, 20 November 2010

Die molshoop


Ons het uiteindelik 'n foto gekry van 'n molshoop. Eitlik moet ek sê ons het 'n molshoop gekry. Op 'n skuins wal. En ek is weer oorval met vrae. Soms wens ek ek het net meer geweet, en kon ook x-straal oë gehad het. Dit sou die antwoorde soveel makliker gemaak het.

Sunday, 24 October 2010

Ladybird, ladybird


Ladybird, ladybird
fly away home
your house is on fire
your children all gone

Iets waarvan ek heeltemaal vergeet het met die uitstappie na Cullinan was die lieweheersbesie wat op ons piekniekkombers kom sit het. En ek kon dit vang om saam met Simeon te bekyk. Hy vra toe onmiddelik na die sagte binnevlerkies wat beskerm word deur die gekleure harde doppies. En ons praat oor ander kleure lieweheersbesies wat mens nog kry. Die een wat ons gevang het was wit.

Maar die eerste ding wat ek gesien het toe ons gestop het was die molshope. Ons het daarheen geloop en die grond weg geskep om die tonnel te bekyk. Dit loop skuins af na onder en is maar sowat 5cm in deursnee.
'n goue mol

Simeon wou weet hoe ver 'n mol kan grawe in een nag. By die huis het ons gaan Google en op Wikipedia gesien hulle kan in een nag sover as 6 km grawe. Ons het heelwat inligting gekry en is besig met 'n Power Point Presentation om al hierdie inligting te gebruik. Op hierdie manier kan ons papier spaar en die omgewing bewaar. Die PPS sal ek dan op Simeon se rekenaar laai sodat hy weer en weer daarna kan kyk.
Die een foto wat ek vergeet het om te neem is die van die molshope. Indien iemand vir my 'n mooi foto het van molshope in hulle tuin - of in 'n ander tuin - sal ek dit baie waardeer.




Wednesday, 11 August 2010

Piekniek in Cullinan

Op Vrouedag het ons gaan piekniek hou by Cullinan. Aangesien ons nie die dorp ken nie, het ons sommer op hierdie grasperk agter die touriste winkels beland. Maar dit was heerlik ontspanne met geen ander mense nie. Later het ons natuurlik gesien waar ons eintlik was.

Pappa se seuns. Daardie kleine ene wil nie stil staan of sit vir 'n foto nie.
Simeon is altyd baie opgewonde oor pieknieke en is die een wat alles uitgepak het. Ek het selfs as 'n verrassing appeltert en room gehad (maar dit was toe nie so 'n goeie een aangesien hulle roomys verwag het).

Simeon hou baie daarvan om fotos te neem.

Ek het hom gou geleer hou om die digitale kamera vas te hou. En die snaakste fotos kom gewoonlik uit.


En leergeleenthede is daar baie.
Ek het hierdie bome raak gesien en vir Simeon gewys. Dis 'n soort denneboom. Baie oud al. Die stam het ook binne gebrand in 'n veldbrand.

Fonteintjie in 'n ou bad.
Simeon het hom hieraan verwonder. Die hoekom vrae was weer baie. DIt lyk vir my baie oulike gebruik van ou goed.
Simeon voor die koekepanne.
Ons het rondgeloop tussen die ou myntoerusting. Daar is mooi bordjies by elke uitstalling en ons kon vir Simeon daarvan vertel.