Showing posts with label leergeleenthede. Show all posts
Showing posts with label leergeleenthede. Show all posts

Friday, 07 January 2011

Uitstappie: Pretoria Dieretuin.

In die vakansie het ons Simeon en Joshua na die dieretuin geneem.

Dit was die eerste keer, maar die kinders was al by verskeie diereplase en ook in die Kruger Wildtuin. Dit was 'n warm dag en ons het dit rustig gevat. Die ruskansies het Simeon tyd gegee om dit wat hy gesien het te verwerk en vrae uit te dink. Ons het komplimentere kaartjies gehad (nog van die sokker) en kon so minder as die helfte van die toegangsgelde betaal, 'n groot bonus vir die somervakansie!!

Rooi-riviervarke van Wes en Sentraal Afrika.

Die glimlaggie sĂȘ alles. Getroue hond, Bernard, moes ook alles mee maak.

Ons kon daarom met die kabelkarretjie ry en dit was lekker om die kinders se gesigte dop te hou. Simeon, die versigtige, het darem ontdooi en ook bietjie na onder gekyk.

Ons het die voertye gemis, maar Simeon het sommer self die diere kos gegee. Ek wend net die kinders wil mens soms die kans gee oms die kamera gereed te kry voor hulle al die oulike goed doen. Al die staaldiere is kos gegee, maar hier kon ek ten minste 'n foto neem.

Baie dinge het verander in die jare vandat ek as kind na die dieretuin gekom het, maar die een ding wat dieselfde bly is die flaminke by die ingang. Dit voel of daar niks verander het nie, hulle staan steeds daar, soek kos en bou neste.
Ek weet hierdie is indringer plante, onkruid, "gemors", maar die blommetjies bly maar mooi. En die foto het mooi uitgekom...

Die bere wat Joshua die meeste geniet het. Wel Simeon ook, want hy "ken" al meer van hulle deru stories.

Die kinders het hulle vergaap aan die snaakse dier - nie 'n bok of 'n sebra nie. Dis 'n Okapi uit die woude van sentraal Afrika.

Daar is baie inligtingsborde, wat die besoek 'n plesier gemaak het. Ek het baie fotos daarvan geneem sodat ons dit later kan gebruik.

En my gunsteling dier - die luiperd.


Ons sal weer later hierdie jaar die dieretuin besoek en dan meer spesifiek na sekere diere gaan kyk. Ook sal ek eers Simeon daarop voorberei en inligting nalees om dit groter leerervaring te maak.

Wednesday, 11 August 2010

Piekniek in Cullinan

Op Vrouedag het ons gaan piekniek hou by Cullinan. Aangesien ons nie die dorp ken nie, het ons sommer op hierdie grasperk agter die touriste winkels beland. Maar dit was heerlik ontspanne met geen ander mense nie. Later het ons natuurlik gesien waar ons eintlik was.

Pappa se seuns. Daardie kleine ene wil nie stil staan of sit vir 'n foto nie.
Simeon is altyd baie opgewonde oor pieknieke en is die een wat alles uitgepak het. Ek het selfs as 'n verrassing appeltert en room gehad (maar dit was toe nie so 'n goeie een aangesien hulle roomys verwag het).

Simeon hou baie daarvan om fotos te neem.

Ek het hom gou geleer hou om die digitale kamera vas te hou. En die snaakste fotos kom gewoonlik uit.


En leergeleenthede is daar baie.
Ek het hierdie bome raak gesien en vir Simeon gewys. Dis 'n soort denneboom. Baie oud al. Die stam het ook binne gebrand in 'n veldbrand.

Fonteintjie in 'n ou bad.
Simeon het hom hieraan verwonder. Die hoekom vrae was weer baie. DIt lyk vir my baie oulike gebruik van ou goed.
Simeon voor die koekepanne.
Ons het rondgeloop tussen die ou myntoerusting. Daar is mooi bordjies by elke uitstalling en ons kon vir Simeon daarvan vertel.