Ek het my voorgeneem om myself 6 maande tyd te gee om rigting te soek vir die homeschooling. Dis nou nadat ek opgehou werk het en ons na Gauteng getrek het. Ons het intussen onder andere gelees, gespeel, tv programme (deur my gekies) en dvd's gekyk, en spraakterapie begin vir albei seuns.
Die inligtingsdag van Pestalozzi Trust het my baie antwoorde gegee maar ook nog meer vraeEn die beste van alles die boek uit hul biblioteek "The Charlotte Mason Companion" van Karen Andreola.
Die boek het die meeste van my vrae beantwoord. Ek het die boek baie geniet, dit twee keer deur gelees en baie aantekeninge gemaak. Wat vir my interessant is, is dat die boek vir my die antwoorde gegee het van wat ek wil doen en hoe om dit te doen, die aha oomblik vir homeschooling vir my. Vir nou. Maar op iemand anders se blog het ek gelees dat selfs nadat hulle baie boeke gelees het en onder andere die bogenoemde boek, sy steeds soek na die hoe? vir hulle homeschooling. 'n Goeie bewys dat ons almal verskillend is en dit verskillend wil doen, en dat elkeen vir hul eie huis en kinders die regte ding wil en kan doen.
Charlotte Mason se metode soos deur Karen Andreola beskryf, kan soos volg opgesom word:
Lees baie 'Living, Whole' boeke
Laat die kinders dit weergee in sy eie woorde - dws 'narrate'
Skryf werk - iets wat ons bietjie sal los vir eers aangesien ek glo in 'Better Late than Early' met my seuns
Skildery bestudering -'Picture Study' - kyk na skildery en vertel in eie woorde wat hy sien
Musiekwaardering
Griekse Mitologie - ek sal nog oor hierdie een besluit
Feëverhale - ek sal dit maar baie sif
Poësie/Gedigte/Digkuns
Shakespeare
Geskiedenis deur veral biografieë en fiksie
Natuurstudie
Ek hoop ek het alles hier reg.
Ons gaan nou hierdie metode aanpas en gebruik in 'n tipe unschool in ons huis. Unschool op 'n Charlotte Mason manier. Nie so gestruktureerd soos haar metodes destyds was nie, maar ook nie so ongestruktureerd soos unschool nie. Ek voel op die manier tuis.
Ek het ook die boek 'School can Wait' uitgeneem maar ek kon dit net nie gelees kry nie. Dit wou nie vloei nie. Dalk omdat die CM boek meer antwoorde gegee het oor 'hoe?'. Ek weet nie.
Nou lees ek 'Karen Andreola's Pocketful of Pinecones - Nature Study with the Gentle Art of Learning'. En 'For the Children's sake' van Susan Schaeffer Macaulay.
Volgende keer skryf ek oor hoe ons dit begin toepas het en wat sover 'n sukses is.