Showing posts with label Charlotte Mason. Show all posts
Showing posts with label Charlotte Mason. Show all posts

Thursday, 19 January 2012

Picture Study / Artist Appreciation

This year I want to incorporate more of Charlotte Mason's methods into our homeschool.  We won't go full-out for a CM curriculum as we are Afrikaans speaking, but we will start the year with art and music appreciation.  January is the start of our new school year and a great time to start with new ideas.


Last week we started with reading and revision, while this week we added the artist and composer.  For the artist I chose Jan Vermeer, as we have a Time-Life Book about his life and works.  I bought three of these series at a second-hand book shop for about R50 a book.  They cover the life of an artist but also have a lot of prints from other artists.  So we will be able to use the book for more than one artist.


I first made a selection of 6 works by Vermeer, those that are on full or even double pages.  This week we will study Street in Delft.  I wanted a picture that would capture the attention of the children and has interesting detail.  That way artist appreciation starts on a positive note (and I will try my best to keep it that way).

Simeon had to look at the picture for about five minutes and had to try to see it in his minds-eye.  Afterwards I turned the book around and let his describe what he saw.  I think for a first time it went well and we will refine the process as we go on.  Next week I want him to have a good look again and then try to copy it.  That is also a good way for a person to become part of the picture. 


Afterwards I propped the book on an old artist easel, so it will stay upright and in sight, and on a little side table in the passage from the rooms to the kitchen and near our dining room / homeschool table 


I use a clip to keep the book open on the particular page.  This also stops the children from turning the pages and looking at other pictures.  The idea is that they concentrate on this one picture for a week or two.

I found this video very helpful.  It shows exactly how Picture Study can be done.


This is a copy of the picture: The Bouquet of Daisies / Margueritas by Jean-Francois Millet that I downloaded from here:



Saturday, 24 December 2011

What to do...?

So here I am, on Christmas Eve, working, reading on the computer in stead of ...?  Dad is working tonight, the children are in bed and I forgot to visit the library today.  So onto the computer to read.

And reading through some Facebook comments I realised how overwhelming / complicated homeschooling can seem.

Just look at homeschooling.  There is:

  1.  "School-at-home" - very formal curriculums that follow the government regulations
  2.  Homeschooling that is more informal but still uses curriculums to suit their needs
  3.  Eclectics that use a mixture of methods and curriculums
  4.  Classical approaches
  5.  The Principal Approach
  6.  Unschooling in varying degrees - even Christian Unschooling
  7.  .....


There is:

* Delaying academics - Better late than early; 
or
Accelerated Eduction


There are different ways to follow whatever one you choose with:

* Computer based education 
                                            or
                                                 * Book based education

* Unit studies - with curriculums or on your own
* Themed studies - using the curriculum
* Project studies

And also

  • * Lapbooking
  • * Notebooking
We use terms like:  UNSCHOOLING or DESCHOOLING (do we understand it ourselves?)


There are different methods linked to different people:

  • Charlotte Mason and Guiding Natural curiosity - with a curriculum or without
  • John Holt and unschooling
  • Jean Piaget and cognitive development
  • Rudolf Steiner and Waldorf schools / homeschooling
  • Maria Montessori and the prepared environment
  • Raymon and Dorothy Moore and "school can wait" and "better late than early"
  • and more...
You can use your television    OR   dump it and never do any screen time (even no computers)

And then we talk about formulating your homeschool philosophy, determining your children's learning styles / personalities, and your own teaching style.  


AND SO MUCH MORE

And all this can be very confusing to new homeschoolers; to those who want to homeschool but don't even know where to begin.  It's even confusing for those of use who might have studied the "subject" for some years.

And to those new comers,  sometimes the best way forward is to just relax, enjoy your children, read a bit more... before you decide.

And now that I clarified this for myself, I'm of to Google more methods, people, curriculums....

or maybe I will run away and have a short holiday before the next school year begins in 2012.

Thursday, 01 September 2011

The Country Diary of an Edwardian Lady

There I was, doing my little "I found a treasure" jig.  Luckily, this time I was alone in a second-hand book shop.  A little shop in a garage not far from my home.  I like looking at these out of the way and out of sight shops and at book tables for treasures and especially out-of-print Afrikaans children's books.

But on this day I was dancing my jig because I found "The Country Diary of an Edwardian Lady" by Edith Holden.



To me it feels as a must-have for a home-school mom that likes the Charlotte Mason method of Nature Study.  Edith Holden wrote and illustrated the diary in 1906.  It was only discovered 70 years later and published in 1977.  



Each month starts with some facts about the name of the month, important days and some mottos or ditties about that month.



She added a lot of poems, personal thoughts and observations.



And her beautiful paintings and drawings shows her observation of and love for nature and the changes that seasons bring.



Below is a photograph of the page dated Sept 22, 25 and 30, with a poem of Jean Ingelow and a painting of Fruit of Wild Guelder Rose (Viburnum opulus)  



Full page paintings


I love dried leaves and always pick them up to sketch later.  So I like looking at this page to see how Edith Holden captured them.



Poems and paintings complement each other.






Karen Andreola wrote in her book "A Charlotte Mason Companion: Personal Refelctions on the Gentle Art of Learning" about this book and also about Mother Culture.  Since that time I wanted to own my own copy.  And now I treat myself to some time alone reading and admiring this book.

Thursday, 20 January 2011

Poësie

Die maklikste van alles wat Charlotte Mason aanbeveel is vir my poësie. Ek het eers gedink dit gaan moeilik wees. Maar ek het besef ons doen dit al reeds.

Elke aand net voor slaaptyd lees ek 'n paar gediggies vir die kinders. Daar is een vir Simeon en een vir Joshua wat ons elke aand lees. "In die land van Marmelade" (Simeon) en "Katjie, katjie Nelletjie" (Joshua). En een dag uit die bloute sê Simeon sommer die gediggies self op. Eers die "Katjie" gediggie en later "In die land van..." En nou is dit 'n speletjie: Ek sê 'n paar woorde en dan sê Simeon 'n paar. Groot pret.

Ek gebruik "Kleuter-Verseboek" van D.J Opperman gedatteer 1957. Sommer vir interessantheid - Die boek het behoort aan L. Els met die datum Mei 1959. Ons het die boek gekoop in Mei 2009. 50 jaar later.

Ek gee hiermee die woorde van "In die Land van Marmelade". Dis so oulik en het baie geleentheid geskep vir gesprekke oor allerhande goed soos lande, jakkalsdrade, ens, wat ons stadskind nie ken nie.

In Die Land Van Marmelade
In die land van Marmelade,
Woon 'n seker Jan van Stade'
En hy gee so baie rade-
Hy't selfs raad teen jeremiade.

In die land van Marmelade,
Toegespan met jakkalsdrade,
Leef hul net van sjokolade,
Help-my-druppels en genade.

In die land van Marmelade,
Ly die mense baie skade-
Dis deur al die goeie rade
Van oom Jannie en sy gade!

A.D. Keet

En hierdie gediggie het aanleiding gegee tot Paddington stories. Ek moes maande lank, en ek bedoel maande lank, elke aand 'n Paddington storie vertel. Ek het maar opgemaak en bygevoeg en gedink. Meestal het Simeon ook in die stories verskyn as maat, buurman, helper ens. Dis eers met kwaai woorde wat ek dit kon stop sit, aangesien die stories begin inmeng het met slaaptyd.

Ek sal hierdie manier van poësie leer beslis aanbeveel aangesien dit maklik is. 'n Volgende blog sal vertel van die lang gedig wat Simeon so vinnig kon opsê.

Monday, 17 January 2011

Tuisonderrig "begin"

Ons het 'n week se tuisonderrig agter die blad. Wel, vir amptelike doeleindes, waar ek boek hou van wat ons doen. En die neerskryf gaan lekker wyd. Alle aktiwiteite word een of ander tyd, nie terwyl ons dit doen nie, geëvalueer om te sien of ek iets daaroor kan neerskryf.

Wanneer ek na die individuele dae kyk voel dit of die suksesse gemeng was. Maandag goed, Dinsdag, nie so suksesvol, Woensdag gemeng en die res van dieweek.... Maar die hele week het tog goed verloop.
Aangesien ons unschool met Charlotte Mason se idees gemeng, maak dit nie werklik saak nie. Maar sou die Departement ooit in stap het ons iets om te wys. Dis nou as hulle aanhou, en verby my en Pestalozzi Trust kan kom.

Teken die Psalms:
Hierdie idee het by my op gekom terwyl ek gedink het wat ons kan doen vir Bybellesse. Ons lees 'n Psalm en dan teken Simeon en ek elkeen 'n prent daaroor. Elke Psalm is egter nie so geskik daarvoor nie, en ek lees eers die Psalm om te dink wat ons daaruit kan teken

My Psalm 1... Die boom langs die waterstroom.

Simeon: Die weg met die goddelose wat ons nie moet volg nie. Die ongelukkige man is die godeelose, en selfs die son is nie tevrede met sy weg nie.

Kuns:
Ons het met klei gespeel en kleure gemeng. Die otter is vir "Die Wind in die Wilgers".
Reg onder is Simeon se eerste poging van 'n slang. Daarna het ek een gemaak (links onder) en het Simeon weer een gemaak (regs onder).


Tuesday, 27 July 2010

Brief aan die spraakterapeute

Ek het die volgende brief aan die Spraakterapeute gestuur. Ek het gevoel dat Simeon se vakansie program glad nie ouderdomsgerig was nie en het daarom nie alles gedoen nie. Hulle wou he hy moet die alfabet van A - N kan skryf en getalle 0 - 9 (ook die woorde).

Ek wil julle bedank vir die werk wat julle met Simeon doen. Ek weet dit sal werk, alhoewel dit 'n langtermyn projek is. Ek wil net graag 'n paar dinge in perspektief plaas.

Simeon gaan nie volgende jaar skool toe nie. Ek gaan hom homeschool. Dis heeltemaal wettig. Ons is lede van Pestalozzi Trust en het reeds seker gemaak van ons feite.
Ek het al baie op gelees oor homeschooling en neig na die unschooling kant. Dit beteken nie dat ons nie iets gaan doen nie, maar dat ek glo dat Simeon heeltemaal in staat is om self sy skoling te dryf, aangesien kinders wil leer. Dit beteken ook nie dat ek niks gaan voorstel of doen nie, aangesien mens lusmakers gebruik om die kind aan te moedig in 'n rigting in.
Ek wil ook nie geen program volg nie en het nadat ek opgelees het en navorsing op die internet gedoen het, besef dat die Charlotte Mason manier baie by ons huis, my persoonlikheid en Simeon sal pas.
Die program wat ons volg kan soos volg beskryf word: Lees, lees, lees en "narration" of terug vertel in eie woorde van die storie. En natuurstudies, wiskunde, musiekwaardering, kunswaardering, huiswerkies, kosmaak en baie meer.. Geskiedenis doen ons deur stories. Aardrykskunde deur na die wereldkaart en atlasse, padkaarte en straatkaarte te kyk terwyl ons lees. Ek soek nog 'n goeie bekostigbare aardbol, ons het op die oomblik 'n opblaas aardbol (of aardebol soos Simeon dit noem). Ek wil ook hierdie lente vir Simeon 'n paar groente laat plant - hy het uit sy eie laventeltakke geplant en gee dit self water. Ons het 'n avokadopeerpit in water gesit, en 'n pynappel se bokant, viooltjieblare en sal nog boontjies tussen watte laat groei. Dit was so mooi toe Simeon nog in Witrivier sy sondagskool se lensies in 'n bedding gegooi het en dit self op gekom het - hy was skoon verwonderd.
Ons het reeds "Die wind in die wilgers" (The Wind in the Willows); "Die groot gans en die klein wit eendjie" van Meindert De Jong, "The Winter Diary of a Country Rat" en "The Midsummer Notebook of a Country Rat" (deur my vertaal soos ons lees) van Peter Firmin, Diva Veronica en vele meer gelees. Ons is nou besig met "Die Stoutsterte- van Texel tot Tafelbaai" van Marianna Brandt (Geskiedenis). Ek lees ook verhale uit die Kinderenseklopedie stel wat ons het (nie baie oor die kinders self nie aangesien die reeks al 40 jaar oud is).
Ek lees 'n wye verskeidenheid boeke en soek ook dit op in die biblioteek. Ons neem wel kleuterboeke uit, maar lees eerder boeke wat goeie inhoud het met goeie woordeskat wat nie "af geskryf" is na kinders toe nie.
Ek soek nog na goeie vertalings van Shakespeare en Alice in Wonderland (wat my Ma al gekry het). Alhoewel ek eintlik die stories in engels wil lees. Simeon kla bietjie daaroor maar sy engels is nie sleg nie aangesien hy in sy kleuterskool baie engelse goed gedoen het. Hy kyk ook graag engelse dvd's. Ek glo dat as ek deurdruk ons later Shakespear, Dickons en selfs The Pelgrim's Progress in Engels sal kan lees.
Met formele wiskunde sal ons bietjie wag en maak net speletjies van getalle. Simeon tel goed tot 16 en ons werk aan die 16 - 20. Alles informeel sodat dit pret is. Vir my is dit nou belangriker dat hy die waarde van getalle ken: * is een ster en ****** is ses sterre ens.
Simeon wil graag skryf en geniet dit baie om met die letters en syfers en krulle en draaie sy eie Bybel te skryf. Ek het hom gevra en hy wil nie nou leer lees nie. Hy besef natuurlik nie deur te leer skryf, dat hy sal leer lees ook nie. Maar dit maak nie saak nie. So stadigaan sal dit gebeur. Al is dit as hy eers 9 of 10 is. Intussen leer hy goed om te memoriseer. Hy ken heelwat gedigte soos "Katjie, Katjie Nelletjie", "In die land van Marmelade" (al twee 4 reel en drie stofes lank). Hy ken ook die hele "Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan" dis 'n lang gedig, maar hy geniet dit om die vrae te antwoord.
Hy ken ook die dae van die week en weet watter dag dit is, hy weet watter dae winkels oop is en pappa werk en watter dag kerk is. Hy verstaan nog nie mooi maande nie maar gelukkig is dit iets wat hy nou sal leer.

Ek het met ons buurvrou wat 'n Graad 1 onderwyseres is, gepraat oor wat kinders moet weet wat Graad 1 toe gaan. Ek wil ook binnekort met 'n vriendin gaan praat wat Graad 1's het by D* P* Laerskool. Ek het artikels in Baba en Kleuter gekry van laasjaar oor wat kinders alles moet weet om Graad 1 toe te kan gaan.
Ek het wel uitgevind dat 'n kind in Graad 0 net sy eie naam en van hoef te skryf. Hulle hoef nie te kan lees of ander letters van die alfabet te lees nie. Hulle leer meer foneties lees en leer eers in Graad 3 die ABC aangesien hulle dit nie vroeer nodig het nie. My vriendin wie se seun in Eduplex is, het dit vir my bevestig.

Wat ek geniet van die hele proses is om te sien hoe spontaan Simeon leer. Daar is geen druk nie, en geen moete nie. Hy wil leer en hy leer. Ek is al hoe meer oortuig dat ek wil homeschool en dat ek dit gaan doen. Ek sien veral nie kans dat Simeon in die skool vir sy spraak geterg gaan word nie. En ons weet dit gaan gebeur. Ek kan en ek wil Simeon emosioneel beskerm. Hy is nou nog so 'n spontane kind wat praat met alle mense. Ek is bang dat dit in die skool gaan verdwyn omdat hy elke dag met die spraakprobleem gekonfronteer gaan word. Die onderwyseres gaan hom nie verstaan nie en die kinders ook nie. Ek kan nie toelaat dat sy skoling (education) en sy opvoeding so negatief beinvloed gaan word nie, en dat my kind binnekort dit gaan haat nie. Hoekom eers begin en sien dat dit gebeur en hom dan uit die skool haal om te homeschool. Of nog erger, om hom soos ander voorgestel het, na spesiale skole toe te stuur. Wat gaan beteken dat ek moet gaan werk (in die geval van Eduplex wat R1 650,00 per maand kos) en dus Joshua by 'n dagmoeder moet los. Daar is in E* L* 'n ander skool maar ek oorweeg dit nie eens nie.

Ek skryf al hierdie dinge sodat jy weet ons nie sonder 'n plan is nie. Simeon gaan wel nie volgende jaar skool toe nie, maar hy gaan defnitief nie agter gelaat word nie.
Ek is baie dankbaar vir wat die studente met Simeon doen. Ek het egter geweet dat hy sy kleure en vorms goed ken en dit was vir my snaaks dat hulle so verbaas was. Simeon se spraak het nie veroorsaak dat hy werklik agter geraak het nie. Sy woordeskat is ook goed aangesien hy baie belangstel in dinge en ons nooit met hom babataal gepraat het nie. Ek doen dit bietjie meer met Joshua aangesien ek net graag wil he dat hy moet woorde uiter, enige iets meer as net mamma, pappa, baba, ouma en eina. Doedoe en myne sal 'n oorwinning wees aangesien dit ander klanke is (so voel dit vir my).

Dit is vir daarom nie noodsaaklik dat Simeon leer lees en skryf hierdie jaar nie. Ander kinders hoef nie dit te leer nie en Simeon gaan gehomeschool word. Hy sal nie agter wees nie, en ons sal alles mettertyd leer. Ek voel dat dit tyd weg neem van die probleem wat aangespreek behoort te word en dit is die spraak. Dit is waaraan aandag gegee moet word.

Esther

PS. Ek raak maar baie moedeloos en hartseer as ek na my kinders luister, die familie se negatiewe kommentaar (wat hulle seker hoop positiewe gevolge sal he) en sien dat kinders nie met Simeon meer wil speel nie. Dit voel net of die oorwinnings so ver uitmekaar is en of ons nooit iets gaan bereik nie. Dit help darem dat ek ook daaroor met 'n berader kan praat. Plaas net dinge in perspektief.

Baie dankie
Esther

Ek hoop dat hierdie brief my posisie duidelik uitgespel het en dat hulle sal verstaan dat ek nie graag wil he dat Simeon gedwing word om te leer lees en skryf nie. Ek wil graag he dit moet spontaan gebeur en op 'n manier wat geen druk op Simeon plaas nie.

Sunday, 31 January 2010

Rigting vir ons homeschooling

Ek het my voorgeneem om myself 6 maande tyd te gee om rigting te soek vir die homeschooling. Dis nou nadat ek opgehou werk het en ons na Gauteng getrek het. Ons het intussen onder andere gelees, gespeel, tv programme (deur my gekies) en dvd's gekyk, en spraakterapie begin vir albei seuns.

Die inligtingsdag van Pestalozzi Trust het my baie antwoorde gegee maar ook nog meer vrae
En die beste van alles die boek uit hul biblioteek "The Charlotte Mason Companion" van Karen Andreola.

Die boek het die meeste van my vrae beantwoord. Ek het die boek baie geniet, dit twee keer deur gelees en baie aantekeninge gemaak. Wat vir my interessant is, is dat die boek vir my die antwoorde gegee het van wat ek wil doen en hoe om dit te doen, die aha oomblik vir homeschooling vir my. Vir nou. Maar op iemand anders se blog het ek gelees dat selfs nadat hulle baie boeke gelees het en onder andere die bogenoemde boek, sy steeds soek na die hoe? vir hulle homeschooling. 'n Goeie bewys dat ons almal verskillend is en dit verskillend wil doen, en dat elkeen vir hul eie huis en kinders die regte ding wil en kan doen.

Charlotte Mason se metode soos deur Karen Andreola beskryf, kan soos volg opgesom word:
Lees baie 'Living, Whole' boeke
Laat die kinders dit weergee in sy eie woorde - dws 'narrate'
Skryf werk - iets wat ons bietjie sal los vir eers aangesien ek glo in 'Better Late than Early' met my seuns
Skildery bestudering -'Picture Study' - kyk na skildery en vertel in eie woorde wat hy sien
Musiekwaardering
Griekse Mitologie - ek sal nog oor hierdie een besluit
Feëverhale - ek sal dit maar baie sif
Poësie/Gedigte/Digkuns
Shakespeare
Geskiedenis deur veral biografieë en fiksie
Natuurstudie

Ek hoop ek het alles hier reg.

Ons gaan nou hierdie metode aanpas en gebruik in 'n tipe unschool in ons huis. Unschool op 'n Charlotte Mason manier. Nie so gestruktureerd soos haar metodes destyds was nie, maar ook nie so ongestruktureerd soos unschool nie. Ek voel op die manier tuis.

Ek het ook die boek 'School can Wait' uitgeneem maar ek kon dit net nie gelees kry nie. Dit wou nie vloei nie. Dalk omdat die CM boek meer antwoorde gegee het oor 'hoe?'. Ek weet nie.

Nou lees ek 'Karen Andreola's Pocketful of Pinecones - Nature Study with the Gentle Art of Learning'. En 'For the Children's sake' van Susan Schaeffer Macaulay.

Volgende keer skryf ek oor hoe ons dit begin toepas het en wat sover 'n sukses is.