Showing posts with label boeke. Show all posts
Showing posts with label boeke. Show all posts

Thursday, 01 September 2011

The Country Diary of an Edwardian Lady

There I was, doing my little "I found a treasure" jig.  Luckily, this time I was alone in a second-hand book shop.  A little shop in a garage not far from my home.  I like looking at these out of the way and out of sight shops and at book tables for treasures and especially out-of-print Afrikaans children's books.

But on this day I was dancing my jig because I found "The Country Diary of an Edwardian Lady" by Edith Holden.



To me it feels as a must-have for a home-school mom that likes the Charlotte Mason method of Nature Study.  Edith Holden wrote and illustrated the diary in 1906.  It was only discovered 70 years later and published in 1977.  



Each month starts with some facts about the name of the month, important days and some mottos or ditties about that month.



She added a lot of poems, personal thoughts and observations.



And her beautiful paintings and drawings shows her observation of and love for nature and the changes that seasons bring.



Below is a photograph of the page dated Sept 22, 25 and 30, with a poem of Jean Ingelow and a painting of Fruit of Wild Guelder Rose (Viburnum opulus)  



Full page paintings


I love dried leaves and always pick them up to sketch later.  So I like looking at this page to see how Edith Holden captured them.



Poems and paintings complement each other.






Karen Andreola wrote in her book "A Charlotte Mason Companion: Personal Refelctions on the Gentle Art of Learning" about this book and also about Mother Culture.  Since that time I wanted to own my own copy.  And now I treat myself to some time alone reading and admiring this book.

Monday, 17 January 2011

Boekvoorlesing

DIE WIND IN DIE WILGERS - Kenneth Grahame

'n Afrikaanse vertaling deur Andre P Brink van 1974.
MySpace Comments

Ons het laasweek hierdie boek klaar voorgelees. Simeon was gaande daaroor, en wou net he ek moes tydig en ontydig die boek lees.

Ek sou graag op 'n manier 'n lapbook daaroor maak maar het nog nie voorbeelde daarvan op internet gesien nie. Die boek het 'n kaart voorin en lyntekeninge. Ek het besluit om 'n paar fotostate te maak en dan dit te gebruik. Ek kan die boek werklik aanbeveel vir kinders vanaf 5 jaar. Die taalgebruik is baie mooi en dis 'n lus om te lees.

Daar is twee of drie tonele wat ek uit gelaat het of bietjie gesensor het. Ek sal dit dalk oor twee of drie jaar weer lees en dan daaroor praat.

1. Mol se besoek aan die Wilde Woud het baie lang beskrywings wat maar saai word, so ek het dit oor geslaan.
2. Rot en Mol se soektog na Vettetjie die ottertjie. Ek het hier die deel oor Pan gesensor. Ek sal as Simeon heelwat meer geestelike volwassenheid bereik met hom praat oor afgode en gode. Nou beperk ons dit en hou dit so min as moontlik.

Thursday, 15 October 2009

Her-evalueer

Na vier keer in die hospitaal in drie weke het die homeschooling baie ontspoor. En steeds is nie gedoen wat gedoen moes word by die hospitaal nie - 'n ercp.

Intussen het ek na die biblioteek gegaan om boeke uit te neem om te kan lees. 'n Staatshospitaal laat mens deelneem aan 'n spesiale sport: "the waiting game" noem ek dit. Ek het gesoek na Irma Joubert se Tussen Stasies, 'n PG du Plessis boek wat nou op RSG voorgelees word, Annelie Botes of nog 'n paar. Nie een was beskikbaar nie. Toe gaan ek maar na die nie-fiksie. En daar loop ek tog vir 'n stoere boekleser iets wonderliks raak. 'n Splinter nuwe boek. En dit nogal oor... homeschooling natuurlik.

The ABC's of homeschooling van Vicki Caruana.

Nou is ek besig met lees, lees, lees. En ek besef ek kan sommer alles herevalueer. So, toe begin ek weer om The successfull Homeschool Family Handbook weer te lees.

Ons is ook besig om by Pestalozzi Trust te registreer (vir my is die leesbiblioteek natuurlik die grootste aantrekkingskrag).

Ook sommer 'n baie goeie plan gekry... maar later meer daaroor. Nou terug na my boeke toe en beplanning en homeschooling. Die trein moet weer op die spoor geplaas word. Al ry ons nog maar met die babatrein.