Showing posts with label lapbook. Show all posts
Showing posts with label lapbook. Show all posts

Saturday, 24 December 2011

What to do...?

So here I am, on Christmas Eve, working, reading on the computer in stead of ...?  Dad is working tonight, the children are in bed and I forgot to visit the library today.  So onto the computer to read.

And reading through some Facebook comments I realised how overwhelming / complicated homeschooling can seem.

Just look at homeschooling.  There is:

  1.  "School-at-home" - very formal curriculums that follow the government regulations
  2.  Homeschooling that is more informal but still uses curriculums to suit their needs
  3.  Eclectics that use a mixture of methods and curriculums
  4.  Classical approaches
  5.  The Principal Approach
  6.  Unschooling in varying degrees - even Christian Unschooling
  7.  .....


There is:

* Delaying academics - Better late than early; 
or
Accelerated Eduction


There are different ways to follow whatever one you choose with:

* Computer based education 
                                            or
                                                 * Book based education

* Unit studies - with curriculums or on your own
* Themed studies - using the curriculum
* Project studies

And also

  • * Lapbooking
  • * Notebooking
We use terms like:  UNSCHOOLING or DESCHOOLING (do we understand it ourselves?)


There are different methods linked to different people:

  • Charlotte Mason and Guiding Natural curiosity - with a curriculum or without
  • John Holt and unschooling
  • Jean Piaget and cognitive development
  • Rudolf Steiner and Waldorf schools / homeschooling
  • Maria Montessori and the prepared environment
  • Raymon and Dorothy Moore and "school can wait" and "better late than early"
  • and more...
You can use your television    OR   dump it and never do any screen time (even no computers)

And then we talk about formulating your homeschool philosophy, determining your children's learning styles / personalities, and your own teaching style.  


AND SO MUCH MORE

And all this can be very confusing to new homeschoolers; to those who want to homeschool but don't even know where to begin.  It's even confusing for those of use who might have studied the "subject" for some years.

And to those new comers,  sometimes the best way forward is to just relax, enjoy your children, read a bit more... before you decide.

And now that I clarified this for myself, I'm of to Google more methods, people, curriculums....

or maybe I will run away and have a short holiday before the next school year begins in 2012.

Thursday, 10 February 2011

Ons eerste Lapbook!!

‘n Tyd gelede het ek twee plakkeralbums gekoop “Open your Shop – Toy Shop” en “- Pet Shop”.  Die idee was om dit vir ‘n goeie doel te gebruik en nie net die plakkers te plak en die res te mors nie.  Ek wou graag ‘n goeie leerervaring met hulle skep.


Nadat ons ‘n paar troeteldierwinkels besoek het om Simeon se hamsters te verkoop het ek die idee gekry om ‘n lapbook met die “Pet Shop” album te skep – die doel waarvoor dit tog gemaak is, is “open your shop”.  Op hierdie wyse kon ons ‘n praktiese ervaring – besoeke aan die troeteldierwinkels – omskep in verdere leergeleenthede – skep ‘n eie troeteldierwinkel.

Ek wou al vir ‘n hele tydjie ‘n lapbook maak saam met Simeon, maar ek het nie mooi geweet hoe nie.  Ek wou so graag ‘n lapbook sien, maar waar?  Die internet het dit net “nie vir my gedoen nie”.   En so leer ek iets oor myself, ek is ‘n visuele leerder, wat ook my tassin wil gebruik (tactile learner).   Ek wou ‘n lapbook sien en daaraan vat, dit oop maak, dit ervaar, dit omdraai… en miskien ook nog ruik en proe?  ;-)  In November 2010 het ons die Homeschool Expo in Johannesburg bygewoon en daar het ek die geleentheid gekry om dit te doen.  Lapbooks het ‘n werklikheid vir my geword.

Selfs voor dit het ek baie webwerwe besoek en goeie raad gekry.  Veral op www.squidoo.com/lapbooking is daar raad oor hoe om dit te doen EN hoe om dit nie te doen nie.

Ek het baie idees vir lapbooks gehad maar niks wou werk en in plek val nie.  Maar die “Open Your Shop” boekies was vir my ‘n baie goeie idee vir ‘n maklike eerste lapbook.  En so kon ek dit positief bekendstel aan my visuele leerder, Simeon.

Raad wat vir my baie sin maak, is om met klein boekies (genaamd minibooks) te begin en nie met die hele lapbook nie.

Al die minibookies reeds in geplak

Ons het dus eerste met die “troeteldierwinkel” self begin.  Ek het baie daaroor gedink en wou hê dit moet soos ‘n regte winkel lyk, ‘n bietjie drie-dimensioneel.  Soos die winkels wat ons besoek het.  Heelwat nagte se beplanning en oordink oor hoe die miniboekie nou eintlik moet lyk, het eers verby gegaan voor ons begin het.

Ons het die kartonvoorblad van die plakkeralbum gebruik as die winkelfront.  Simeon het sy winkel sy eie naam gegee en ook sommer beveel ek moet skryf “Geen skelms toegelaat”.  Wel, dis sy boek, wat kon ek anders doen?


Die miniboekie bestaan uit ‘n karton wat in drie dele verdeel is en die twee buitenste derdes word bo-oor mekaar na binne gevou.  Die middelste deel se agterkant word dus op die lapbook vasgeplak.

Die voorblad maak na links oop

Maak die regterkant oop

Die plakkeralbum het ‘n plakbladsy wat ‘n buite area is.  In die Noorde van ons stad is daar ‘n troeteldierwinkel wat ook ‘n groot buite area het.  ‘n Goeie idee was dus om deure na “buite” te skep op die een bladsy.  Ek het die ekstra karton na binne gevou en aan die linkerkant ‘n stuk in geplak vir die ander deur.

 Die “buite area”

Simeon het vir rakke gevra en self besluit wat daar uitgestal moes word.  Ek het dit op die een deur geteken omdat daar nie nog plek was nie.


Daar was drie winkelbladsye in die plakkeralbum en dus was een stuk karton nog oop.  Simeon het sommer sy eie hokke gemaak en diere in gesit.  By die katte is bakke met katsand en ‘n waterbak.  Die slang se hok het ‘n sleutelgat sodat niemand dit kan oop maak nie.  Die visse se vistenk het ‘n waterfilter en waterpyp net soos die vistenk in “Nemo”.  Die voël sit op ‘n stokkie en daar is kos en water in sy hok.



Dit het egter baie “leeg” en sonder doel gevoel.  Daarom het ek al die diere neer geskryf in potlood.  Soos Simeon leer lees en skryf sal hy dit dan oorskryf in pen.  
 

Met die ander plakkers het ek ook die volgende geskep: 


  • ‘n wiskunde miniboekie (optelsomme met prentjies, nie syfers nie)
  • Pasmaats
  • ‘n Miniboekie met “Watter een pas nie?”
  • Woorde (Die diere is op die een kant en die woorde op die ander kant.  Die woorde is nie in dieselfde volgorde nie, so Simeon moet dit opsoek.)

Agter op die lapbook het ek ‘n koevert gemaak waarin A5 papiere is waarop Simeon vir my ook ‘n troeteldierwinkel geteken en geplak het.

Simeon is baie trots op sy eie lapbook Troeteldierwinkel.  En wou sommer onmiddelik begin met die speelgoedwinkel – om 16:45 in die middag.

 ‘n trotse Simeon met sy eerste lapbook

Ek is baie bly dat dit goed verloop het, Simeon positief gemaak het vir hierdie metode en ek hoop dat dit ander mense ook sal oortuig dat ons wel dinge op ons unschool manier leer.

Monday, 07 September 2009

Wat 'n einde vir 'n dag!

Die dag het woes geeindig. Hufet was moeilik in die bed toe gaan proses. Later het ek hom maar bo-op my laat lê. Die gevolg: hy het opgegooi. Gelukkig net bo-op my en nie op die bed nie (HOE kan jy so sê sal 'n nie-ouer vra? Maklik. Ek bad eerder self as om die hele bed van voor af op te maak. En gelukkig het ek nog dagklere aangehad.)
So, nadat ek gebad het en Hufet in die bad gesit is, kon ek ons klere en sy apiekombersie gou in die wasmasjien gooi. Vinnige siklus want Hufet slaap nie sonder daardie sagte kombersie se hoeke in sy hande nie. 'n Oorblyfsel van 6 maande se dagsorg. Daarna kombersie in die tuimeldroeer en e-posse lees met Hufet op my skoot.
Nou slaap hy gelukkig.
Die oorsaak van die probleem? Vermoedelik 'n te vol magie, te gou gaan slaap na ete, of 'n intoleransie vir yoghurt waarmee hy sy maaltyd wou afsluit omdat boeta so maak. Die laaste opsie sal ek maar eers toets deur tyd.

Unschool vir vandag

Ek en Koninkje het met kleure gespeel. Een probleem wat hy het is dat hy nog sy tekeninge net in een kleur doen. Monochroom. En dan word die hele prent bekrap. Die opvoedkundige sielkundige het daarmee 'n probleem gehad, maar ek nie baie nie. Ek het hom eenkeer mooi dop gehou toe hy by my sit en teken. Hy teken 'n baie mooi prent van huis en boom en nog goed. Maar dan word dit 'n storie wat hy verder vertel en hy begin krap die hele papier vol. Nie omdat hy nie van die prent hou nie, maar dit het vir hom alles betekenis, dis dan die storie wat verder gebeur. Aksie op papier.
Ek probeer hom nou partymaal stop. En ook aanmoedig om kleure te gebruik. Net baie versigtig sodat hy dit nie as kritiek ervaar en ophou teken nie.

Vandag het ek toe 'n karton opgevou vir 'n lapbook. En ons het die woord "kleure" geskryf en ingekleur. Daarna het ek dit uitgeknip en hulp gegee met die plak. More sal ons verder gaan. En as ek die kamera vind sal ons fotos plaas.

Monday, 24 August 2009

Lapbooking

Dis nou tyd om te gaan slaap. Ek geniet dit nog baie om te surf en te kyk wat daar op die internet is.

Lapbooks - is dit skootboeke? Ek het reeds daarvan gehoor. Ek hou van die idee en oorweeg dit sterk om dit met Koninkje te doen. Dalk een oor kleure met die reenboog ens. En een oor bome - die onderwerp waarmee ons besig is. Dalk eerder seisoene want dis waaroor dit gaan. Die oorgang van winter na lente en die tysverloop (my eintlike doel wat ek wil oordra).

So, nou gaan ek slaap, na ek 'n e-mail geskryf het. En dink oor die lapbook.