Showing posts with label unschooling. Show all posts
Showing posts with label unschooling. Show all posts

Saturday, 24 December 2011

What to do...?

So here I am, on Christmas Eve, working, reading on the computer in stead of ...?  Dad is working tonight, the children are in bed and I forgot to visit the library today.  So onto the computer to read.

And reading through some Facebook comments I realised how overwhelming / complicated homeschooling can seem.

Just look at homeschooling.  There is:

  1.  "School-at-home" - very formal curriculums that follow the government regulations
  2.  Homeschooling that is more informal but still uses curriculums to suit their needs
  3.  Eclectics that use a mixture of methods and curriculums
  4.  Classical approaches
  5.  The Principal Approach
  6.  Unschooling in varying degrees - even Christian Unschooling
  7.  .....


There is:

* Delaying academics - Better late than early; 
or
Accelerated Eduction


There are different ways to follow whatever one you choose with:

* Computer based education 
                                            or
                                                 * Book based education

* Unit studies - with curriculums or on your own
* Themed studies - using the curriculum
* Project studies

And also

  • * Lapbooking
  • * Notebooking
We use terms like:  UNSCHOOLING or DESCHOOLING (do we understand it ourselves?)


There are different methods linked to different people:

  • Charlotte Mason and Guiding Natural curiosity - with a curriculum or without
  • John Holt and unschooling
  • Jean Piaget and cognitive development
  • Rudolf Steiner and Waldorf schools / homeschooling
  • Maria Montessori and the prepared environment
  • Raymon and Dorothy Moore and "school can wait" and "better late than early"
  • and more...
You can use your television    OR   dump it and never do any screen time (even no computers)

And then we talk about formulating your homeschool philosophy, determining your children's learning styles / personalities, and your own teaching style.  


AND SO MUCH MORE

And all this can be very confusing to new homeschoolers; to those who want to homeschool but don't even know where to begin.  It's even confusing for those of use who might have studied the "subject" for some years.

And to those new comers,  sometimes the best way forward is to just relax, enjoy your children, read a bit more... before you decide.

And now that I clarified this for myself, I'm of to Google more methods, people, curriculums....

or maybe I will run away and have a short holiday before the next school year begins in 2012.

Monday, 17 January 2011

Tuisonderrig "begin"

Ons het 'n week se tuisonderrig agter die blad. Wel, vir amptelike doeleindes, waar ek boek hou van wat ons doen. En die neerskryf gaan lekker wyd. Alle aktiwiteite word een of ander tyd, nie terwyl ons dit doen nie, geëvalueer om te sien of ek iets daaroor kan neerskryf.

Wanneer ek na die individuele dae kyk voel dit of die suksesse gemeng was. Maandag goed, Dinsdag, nie so suksesvol, Woensdag gemeng en die res van dieweek.... Maar die hele week het tog goed verloop.
Aangesien ons unschool met Charlotte Mason se idees gemeng, maak dit nie werklik saak nie. Maar sou die Departement ooit in stap het ons iets om te wys. Dis nou as hulle aanhou, en verby my en Pestalozzi Trust kan kom.

Teken die Psalms:
Hierdie idee het by my op gekom terwyl ek gedink het wat ons kan doen vir Bybellesse. Ons lees 'n Psalm en dan teken Simeon en ek elkeen 'n prent daaroor. Elke Psalm is egter nie so geskik daarvoor nie, en ek lees eers die Psalm om te dink wat ons daaruit kan teken

My Psalm 1... Die boom langs die waterstroom.

Simeon: Die weg met die goddelose wat ons nie moet volg nie. Die ongelukkige man is die godeelose, en selfs die son is nie tevrede met sy weg nie.

Kuns:
Ons het met klei gespeel en kleure gemeng. Die otter is vir "Die Wind in die Wilgers".
Reg onder is Simeon se eerste poging van 'n slang. Daarna het ek een gemaak (links onder) en het Simeon weer een gemaak (regs onder).


Tuesday, 01 September 2009

Ondersteuningsgroepe

Laasweek Woensdag was ons by 'n ondersteuningsgroep. Dit is naby Hartebeespoortdam op 'n plot gehou. Ver ry. Ons het baie lekker gekuier. Gesels oor baie dinge - wyd. Wat lekker is van die groep is dat ons dieselfde dink oor sekere aspekte van kinders groot maak, soos attachment parenting, borsvoeding, child-led weaning, unschooling, ens. Dit maak dit maklik.


Koninkje het dit ook baie geniet om met die maats te speel. Die kinders is almal Engels maar omdat Simeon vir 1.5 jaar lank in 'n kleuterskool was, kan hy redelik goed Engels praat en verstaan. Hufet het maar so om my voete gespeel. Maar die ander klein kindertjies moet oppas, hy is mal oor half geëete piesangs en yoghurt. Ek moet heeltyd wakker kyk.


Maar...

Ek sit nou al 'n week en broei oor 'n ding wat ek moet skryf. Hoe om dit te skryf... want dis nogal sensitief. So ek sal maar eers daaroor dink. Elke keer wat ek wil skryf wil dit net nie werk nie.


Van die ouers se sienings is nie dieselfde as myne (ons gesin s'n) nie. Dit het eintlik eers aan die lig gekom met laasweek se byeenkoms. Daar het van die ma's begin gesels oor buddisme en die een wil 'n buddistiese kamp gaan besoek vir twee weke.

Wat dit moeilik eers vir my gemaak het, is dat ons so lekker kan gesels en dinge deel. As dit net van my af gehang het sou dit nie baie saak gemaak het nie. Ek kan my lig laat skyn tussen die mense en ons kan oor ander dinge praat.

Maar ek moet dink aan my kinders. My ouers het uit hul vaderland getrek omdat die familie omstandighede nie positief was vir die grootmaak van christenkinders nie. Hulle wou ons nie blootstel aan die negatiewe van ateïsme nie. My kinders is nog klein en baie beïnvloedbaar op 5 en 1 jaar. Hulle het ook albei duidelike "callings" op hulle lewe. 'n Taak waarvoor hulle gebore is, geroep word. Ek moet hulle in die eise van hulle weg groot maak (Spreuke).

Hoe meer ek hier skryf hoe duideliker word dit tog vir my. Ons het 'n taak wat ons moet doen.

God se opdrag aan my word duideliker. Ek voel nou dat God sê ek moet rustig wees, Hy sal vir my na 'n groep lei. So dit is wat ek daaroor doen.

Dankie, die skryf hiervan het helderheid gebring. Dit is wat ek vir myself wil bereik met die blog. As ek later ander kan help, is dit goed.